Jhb-man lewenslank tronk toe vir verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Johannesburgse man is in die plaaslike landdroshof lewenslank tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is aan verkragting, ontvoering en gewapende roof, het die Gauteng-polisie Sondag in ʼn verklaring gesê.

Ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê Lephalo Lenka (31) is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê vir verkragting, asook vyf jaar vir ontvoering en tien jaar vir gewapende roof. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Lenka was betrokke by gewapende roof en die verkragting van ʼn 35-jarige vrou op 8 November verlede jaar. Die vrou was te voet op pad huis toe toe sy deur drie gewapende mans gekonfronteer is. Die mans het haar van R850 kontant beroof en haar in ʼn donker gebou ingedwing waar sy deur Lenka verkrag is.

“Die slagoffer het daarna vir Lenka gevra om vir haar kos te koop en hulle is na die Culture Inn-klub op die hoek van Jeppe- en Mooistraat,” het Mbele gesê. “Terwyl Lenka die kos gekoop het, het die vrou aan ʼn veiligheidswag by die klub vertel wat gebeur het en haar verkragter aan hom uitgewys.”

Die wag het ʼn verbygaande polisiemotor voorgekeer en Lenka is in hegtenis geneem, het Mbele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jonathan ·

wat is lewenslank ? daar bestaan nie so straf nie IS JOU LEWE 10 TOT 2I JAAR

hetjou ·

en net 10 maande vir doodskiet agter n geslote toilet deur??????????????

Neee ·

Ek verstaan ons wet nie. As jy ‘n kind verkrag oor ‘n lang tyd en jy veroorsaak die dood van ‘n kleuter agv verkragting ens ens………..party slagoffers stap uit met amper geen straf.
Hul kry dan nie lewenslank nie, hoe werk dit? Klink of die een nie so wreed ens was nie, hoekom kan almal nie dieselfde straf kry nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.