Jhb-man se lyk in huis ontdek; tuinier vermis

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 60-jarige man Dinsdagoggend deur een van sy werknemers in sy huis in Bedfordview in Johannesburg aangetref is.

Ao. Mduduzi Nhlabathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê gerugte dat die man doodgebrand het, is onwaar. “Die man het saam met twee werkers op ʼn erf in Hill Terrace gewoon. Die oorledene het in die hoofhuis gebly, terwyl die werkers in kamers agter die huis gewoon het,” het Nhlabathi gesê.

Hy het gesê een van die werkers het glo as die man se tuinier gewerk, terwyl die ander werker in die huis gewerk het. “Die werker wat in die huis gewerk het, het die man se liggaam in sy slaapkamer aangetref. Dit wil voorkom asof hy versmoor is, maar ʼn nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van sy dood bepaal,” het hy gesê. Die man se selfoon word ook vermis.

Volgens Nhlabathi is die tuinier sedert die ontdekking van die moord nêrens te vinde nie en het hy en sy werkgewer glo Maandag rusie gemaak. “Die polisie is steeds besig met die ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

amelia ·

Hoekom word daar altyd selfone gesteel Laat die vraag by my opkom hoekom moet daar ge rika word Is dit om te bepaal wie is wie

M ·

Hulle is werkloos en honger, maar mens kan hulle net eenvoudig nie meer in diens neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.