JHB-man spring na sy dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Maandagoggend in Yeoville, Johannesburg dood nadat hy van ʼn gebou afgespring het.

Dit is die derde soortgelyke voorval vandeesmaand in die middestad, het die Johannesburgse nooddienste gesê.

“ʼn Man, in sy 30’s, het van die vyfde verdieping uit ʼn woonstel by Sanders Mansion gespring,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die nooddienste, gesê. Die man is weens veelvoudige beserings oorlede. “Die polisie is op die toneel. Dit is nog nie duidelik waarom hy gespring het nie.”

Mulaudzi het bygevoeg die betrokke owerhede sal die voorval ondersoek. In hierdie stadium wil dit voorkom of die man gespring het.

Dit is minstens die derde soortgelyke voorval vandeesmaand. “Ons moedig persone aan wat probleme het wat hanteer moet word, om met die betrokke nieregeringsorganisasies of trauma-organisasies in verbinding te tree,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.