JHB-man van R40 000 kontant beroof

Foto: Google Maps

Foto: Google Maps

ʼn Sakeman is Dinsdag glo van R40 000 beroof by ʼn afrit op die M1 in Houghton, Johannesburg.

“Metropolisiebeamptes het gesien hoe drie gewapende rowers op die man toeslaan,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. Die voorval het by die 11de Laan-afrit plaasgevind. “Hulle het hulle na die toneel gehaas en toe die verdagtes die beamptes sien, het hulle begin vlug en op die beamptes losgebrand.”

Minnaar het gesê die beamptes het teruggeskiet, maar die verdagtes het in ʼn silwer Nissan Navara gevlug.

Die sakeman het aan die beamptes gesê hy het R40 000 kontant by hom gehad.

Niemand is beseer nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois ·

WIE in sy gesonde verstand, ry met R40K kontant in sy kar rond in Suid Afrika!?Tensy dit nie vir ‘n “under the counter transaction” was nie, Regtig ek het GEEN simpatie met die man/vrou nie!

EMK ·

Ja nee kyk, met moderne tegnologie soos EFT betalings, autotellers oral naby mens se huis/werk ens – waarom op aarde wil enigiemand so ‘n risiko neem om so klomp kontant saam te dra! Stem saam met jou Francois.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.