Jhb man vas ná urelange gyselaarsdrama

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Woensdagmiddag in hegtenis geneem nadat ʼn gyselaarsdrama ure lank in Randburg, Johannesburg, afgespeel het.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is omstreeks 09:00 na die huis in Beverley Gardens ontbied. Daar het hulle inligting ontvang dat ʼn 50-jarige man drie mense in die huis gyselaar hou.

“Die drie mense was die eienaar van die huis en sy vrou, asook ʼn tweede vrou wat glo die verdagte se eks-meisie is,” het Masondo gesê. Volgens Masondo het die man die drie met ʼn mes aangehou.

“Die polisie se gyselaaronderhandelaars is ingeroep om die situasie te hanteer. Die eerste gyselaar is omstreeks 12:00 vrygelaat en ʼn paar uur later het die man die ander twee gyselaars ook vrygelaat. Al drie slagoffers is ongedeerd. Die man is op die toneel in hegtenis geneem.”

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê paramedici was deurentyd op die toneel indien die slagoffers mediese hulp sou nodig hê nadat hulle vrygelaat is.

Masondo het gesê dit is nog nie duidelik waarom die man die mense gyselaar gehou het nie. “Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie, maar dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek. Intussen word die man aangekla van ontvoering en die besit van ʼn gevaarlike wapen. Hy sal binnekort in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

L ·

Gewoonlok mag hul eers name bekend maak na die verdagte in hof verskyn het

carel ·

Ja hy moet ma vat wat na sy kant toe kom, wat my bekommer is dat ek nou all my messe by die huis sal moet weg maak tot tafel messe want ek wil nie aangekla word vir die besit van n gevaarlike wapen nie………

Se net ·

Nee hy het homself geskiet en is nie gevang soos die berig se..Was ook in die Kaap So nee dis nie wie jy dink

Altemit ·

Altemit moet daar nog n klag bykom vir die uitgawes wat a.g.v. die nonsens ontstaan het. Polisie, gyselaar onderhandelaars, mediese bystand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.