Jhb-man vas oor vuurwapen

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Man van Johannesburg is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en huishoudelike geweld.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die 41-jarige man is Vrydag by ʼn drankwinkel op die hoek van Bree- en Ntemi Pilisostraat in hegtenis geneem.

“Die verdagte het glo sy vriendin aangerand en ʼn vuurwapen op haar gerig. Sy het die polisie ontbied en hulle is na sy werkplek. Die polisie het die verdagte na sy huis geneem waar hulle op ʼn vuurwapen en ammunisie beslag gelê het,” het Mbele gesê.

Die polisie het glo vasgestel dat die regmatige eienaar van die vuurwapen reeds oorlede is. Mbele het gesê die polisie ondersoek hoe die vuurwapen in die verdagte se besit beland het. Die verdagte sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mike de Beer ·

Hy het die vuurwapen gekoop natuurlik – uit iemand se kattebak uit of sommer op die straathoek. Vire al wat ‘n mens weet sommer by die polisie???

Stefaan ·

‘n Eksekuteur is verantwoordelik vir enige vuurwapens wat op ‘n boedel is. Iemand gaan ‘n paar ongemaklike vrae moet beantwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.