ʼn Man van Benoni in die ooste van Gauteng, vermoedelik in sy 40’s, veg om sy lewe in die hospitaal nadat hy deur ʼn motor getref is toe hy die pad wou oorsteek.
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die voorval het laat Vrydagaand gebeur.
Volgens Meiring het die nooddienste die man glo in die middel van die pad aangetref en die motor wat hom getref het langs die pad geparkeer.
“Die man was in ʼn kritieke toestand as gevolg van die veelvuldige beserings wat hy opgedoen het – insluitend ʼn baie erge kopwond,” sê Meiring.
Die man is met lewensondersteunende middels behandel en na ʼn hospitaal vervoer waar hy tans om sy lewe veg.
Meiring sê die bestuurder van die voertuig het geen beserings opgedoen nie.
ʼn Ondersoek na die voorval is Vrydag van stapel gestuur.
Toe motor hom tref. Klink of hy deur die motor getref is nadat hy begin veg het vir sy lewe. Moet dit nie wees “man veg vir sy lewe nadat motor hom tref” nie?
dit is snaaks , n soortgelyke voorval het gister in verskeie ander dele van die wereld gebeur , omtrent presies dieselfde gebeure , maar die verslagewers in die ander dele van die wereld het nie daardie stories publiseer nie ! ek wonder hoekom ? miskien omdat hulle besef het hoe so halfgebakte storie sonder enige name of enige werklike detail hulle lesers sou irriteer ?! wie weet ?
Dit is baie moeilik vir skrywers van berigte om hulle stories te vertel as jy nie name mag gebruik nie. Almal se reg tot privaatheid moet in gedagte gehou word. Veral wanneer dit by ongelukke kom en waar paramedisie betrokke is. EMS personeel het nie net die grond wet om in gedagte te hou nie maar ook die HPCSA re reels waaronder hulle staan.
dit mag so wees maar dan los jy die storie , want hierdie berig sê basies
“Iemand het iemand gestamp , die ou het seer gekry , die ou in die kar het nie seergekry nie , en dit sal ondersoek word ? dis mos nie nuus nie , dit gebeur oral die heeltyd so wat daarvan ?
Johnny_walker, waarom die alewige argumentering?
Hulle kan mos nie afstand skat nie – hoop die drywer is okay en daar is nie te veel skare aan jou motor nie.