Jhb-metro bestee R190 miljoen aan reiskoste

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg, het Dinsdag onthul dat die vorige administrasie in die metro oor die afgelope drie jaar R190 miljoen aan reiskoste bestee het.

Mashaba het in ʼn verklaring gesê net in die afgelope finansiële jaar is R73 miljoen aan reiskoste bestee. “Hierdie misbruik van openbare geld is betreurenswaardig en moet ten sterkste veroordeel word. Dit kan net gebeur in ʼn omgewing waar reisgeleenthede aan te veel mense uitgedeel is, die groepe oormatige luukshede geniet het en die Stad net geen agting vir die waarde van reis gehad het nie.”

Hy het gesê die spandabelrigheid sal onmiddellik stopgesit word en dat inwoners se geld nooit weer só misbruik sal word nie. “Die vorige administrasie het styl bo middele gestel, maar my administrasie glo in middele bo styl.”

Mashaba het gesê hy het Trevor Fowler, die stadbestuurder, versoek om sekere maatreëls in te stel om te verseker dat geld nie op onnodige reiskoste vermors word nie. Hierdie maatreëls sluit in dat enige amptelike internasionale reise deur ʼn verteenwoordiger van die Johannesburg Metro persoonlik deur Mashaba goedgekeur moet word.

Koste sal ook besnoei word deur te kyk na die klas verblyf waar stadverteenwoordigers tuisgaan, die grootte van die afvaardiging wat op sakereise gestuur word, die lengte van die reis, die klas van die vlug wat onderneem word en of enige reistoelae uitbetaal sal word.

“Internasionale reise is ʼn manier om verhoudings te kweek en beleggings aan te moedig, wat weer sal aanleiding gee tot werkskepping, die hoofprioriteit van my administrasie. Ek belowe egter dat internasionale reise slegs goedgekeur sal word indien ons Stad direk daaruit voordeel trek en dit in ooreenstemming is met ons internasionale verpligtinge,” het Mashaba gesê.

“Die handhawing van ʼn streng reisbeleid wat daarop gemik is om die koste van reise te beperk, sal die nuwe administrasie in staat stel om elke jaar miljoene te bespaar. Die geld wat voorheen aan luukshede bestee is, kan eerder tot voordeel van ons inwoners benut word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Denise ·

Liewe aarde waarheen het hulle gereis in die drie jaar dit is nou T erg vir my ek sal moet suiker water inkry en ons gewone mense moet net betaal en betaal want hulle wil net uitgee en uitgee !!!!

Marina ·

Ja Denise, hierdie “mense” dink mos hulle kon maak wat hulle wil, ek hoop dat dit nou vir eens en altyd stopgesit sal word.

Uvonka ·

Leke, leke op partyplekke! En so word hardverdiende belastingbetalers se geld verkwis sodat hulle in luuksheid kan reis en bly. Dit gaan my verstand te bowe hoe hulle redeneer. Wat kon net nie met al daai verkwiste geld gedoen word.

JC ·

Mooi so Herman, jy’s awesome!
Johannesburg sal die ANC hopelik nooit weer sien nie.
Jhb is blou!!

Liesl D ·

Absoluut skokkend. Hoeveel vooruitgang met dienslewering kon nie gebeur het nie? Dankie aan die nuwe burgemeester om dit bloot te lê en te keer dat dit weer gebeur!

Johann Marx ·

Mnr Mashaba, kom kuier vir my….dan wys ek vir jou waar jy NOG R3 biljoen kan spaar…deur R1 biljoen te spandeer om die transformators langs elke squatterkamp dief-dig te maak (Ja, dit kan…). Dan kan elke “wettige verbruiker” ‘n klein bietjie verligting sien op hulle maandelikse elektrisiteitsrekening…..Jy en jou munisipaliteit belas my met ‘n bedrag wat bereken word op my huis se “waarde” volgens jou waardeerders….My huis genereer vir my NIKS Mnr Mashaba, tot die dag dat ek hom verkoop. Tot dan is my huis net ‘n uitgawe….en hoe beter ek hom oppas, en hoe mooier ek hom versorg, hoe harder belas jy my…op die “waarde” daarvan…..???

RC ·

Johann, dit gaan ‘n rukkie neem vir hom om by jou uit te kom want hy maak nig sy eie huis skoon. Jy moet hulle net bewus maak van wat aangaan, hulle sal wel aandag gee. Alles neem tyd in die hoendernes. Ek het vir DA gewerk en ek belowe jou, hulle kan krap waar part mense nie wil hê hulle moet krap nie.

Raymond Bastone ·

Ata!!” Maar dit gaan lekker daar is dit al wat hulle kan doen. Leer hulle dan om te werk ook miskien kan hulle. AiAiAi waar gaan dit heen

jaco ·

dis wonderlik dat die nuwe DA raad so wil bespaar en besnoei. Kan hulle sommer begin by daardie grand horlosie om hulle DA-burgermeester se pols?

Thea Gerber ·

Jaco, ek twyfel of die horlosie met Johannesburg se geld gekoop is want ek sien op fotos dat hy dit reeds gedra het voordat die DA die verkiesing gewen het.

Anna ·

Word wakker Jaco. Ken jy mnr Mashaba se agtergrond??!? Dan sou jy hom nie so vinnig oordeel nie. Hy het gewerk vir sy geld en hoef hom nie met politiek te bemoei nie. Hy doen dit om korrupsie stop te sit. Ek is saam almal bekommer oor die land maar voel meer optimisties as ooit na mnr. Mashaba se aanstelling as burgemeester van Jhb.

Johann ·

En dis die geldjies wat vir ry en bly gemors is! Imagine watter skatkiste van oorvloed is nog geplunder in die naam van SELFSUG en geen toerekendskaplikheid nie! Plunderaars…

Van ·

Skink asb nog n Johnny Black vir die straat vee-ers in Eerste Klas!

KarooKlong ·

Mnr M, jy moet stadig met jou beperkings. Hulle gaan staak en optogte hou.

Alida ·

Mooi so DA. Daar kon tenminste ‘n paar huise gebou gewees het met krag en lopende water en sodoende een klein plakkerskamp vervang het. Hoe meer hulle uitkrap en bespaar hoe beter sal dit gaan. Hoera vir die DA!!!!!

JC ·

Hoera vir die DA Alida, wat saam met ALMAL wil werk vir ‘n beter RSA!!

Lance ·

Genade maar die anc mense het met die geld vrot gemors …geen wonder jhb is in so n haglike vrot vuil toestand !

Alida ·

Gee die DA net kans stadig maar seker ruk hulle die spul skelms in die bek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.