Meer as 500 mense is vanjaar in Johannesburg in hegtenis geneem tydens ʼn spesiale operasie deur die Johannesburgse metropolisie om onwettige motorvensterwassers van die stad se strate te verwyder.
“Die doel van die operasie is om alle onwettige karvensterwassers asook gryp-en-spaanderdiewe aan te keer,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, die metropolisie se woordvoerder, gesê.
Die operasie, Ke Molao, is op 11 Februarie van stapel gestuur.
Minnaar het gesê sedert die operasie afgeskop het, het kriminele misdrywe by kruisings in die middestad drasties afgeneem.
Die operasie gaan voort en fokus op kernpunte regoor stad.
En ek wat in ‘n groot stad woon wil lankal ‘n stungun ontwerp wat aan ‘n pakkie gekoppel is en sowat 1½m volts aflewer aan ‘n grypdief.
Man Dave, DAAR is nou ‘n gawe plan! Dan ry mens sommer met ‘n oop venster! Die pakkie moet soos ‘n selfoon lyk ook nog!
Jy’s reg Eliza-beth…. dan ry mens stadig en maak seker die pakkie word gesien! :-)
Ook al allerhande slim planne bedink net om te hoor dit is teen hul “mense regte”.
Hulle moet alle mense (narre,smouse en bedelaars) van die kruisings verwyder. punt