JHB-metropolisielid geskiet, dienspistool gesteel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Metropolisiebeampte van Johannesburg is Saterdag in Soweto, Gauteng, geskiet en van sy dienspistool beroof.

“Benedict Zulu (48) is net ná 16:00 in die been geskiet terwyl hy ʼn spoedkamera in Elias Motsoalediweg in Dobsenville, Soweto, beheer het,” het Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisiedepartement aan Sapa gesê. “Sy kollega het na hul patrolliemotor geloop, wat sowat 200 m ver weg parkeer was, toe hy skote gehoor het.”

Die kollega het omgedraai en gesien drie mans vlug in die rigting van ʼn myn nadat hulle die beampte se dienspistool gesteel het.

“Die kollega het bystand versoek en metropolisiebeamptes en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het reageer en na die verdagtes begin soek,” het Minnaar bygevoeg.

Drie mans is in hegtenis geneem maar die beampte se dienspistool word steeds vermis. “Die beampte is in ʼn stabiele toestand by Milpark-hospitaal,” het hy gesê.

Die ondersoek duur voort, maar dit wil voorkom of die diefstal van die vuurwapen die motief was vir die aanval. Die drie sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.