Jhb-middestad: Polisie onttrek ‘om bloedvergieting te voorkom’

Chaos het Donderdag in die Johannesburgse middestad uitgebreek.

Die polisie het Donderdag voor woedende buitelanders in die Johannesburgse middestad onttrek “om bloedvergieting te voorkom”.

Chaos het in die middestad uitgebreek nadat wetstoepassers ʼn klopjag wou uitvoer om op vervalste goedere beslag te lê. Buitelanders het polisiebeamptes met bakstene en petrolbomme bestook en rubberkoeëls is afgevuur.

Volgens ʼn gesamentlike verklaring van die Gautengse polisiekommissaris en die LUR vir gemeenskapsveiligheid het die polisie weens die onbestendigheid van die gebeure ʼn taktiese besluit geneem om te onttrek ten einde ʼn situasie te vermy waar hulle gedwing sou wees om lewendige ammunisie te gebruik.

“In die stadium was die prioriteit om bloedvergieting of sterftes te voorkom.”

Drie mense het tydens die geweld ernstige beserings opgedoen. “Die situasie is nou kalm en die polisie monitor die gebied om seker te maak dat geen verdere geweld voorkom nie.”

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het “die onophoudelike ondermyning van die gesag van die staat deur buitelandse burgers in die middestad van Johannesburg” veroordeel.

“Sulke wetteloosheid kan nie toegelaat word om ongestraf te bly nie,” het hy gesê.

Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê enige kriminele elemente wat die doel het om die oppergesag van die reg te ondermyn en die land onregeerbaar te maak, word ten sterkste veroordeel.

“Ons kan nie saam met misdadigers regeer nie, veral nie buitelandse burgers wat ons land in ’n wettelose piesangrepubliek wil verander nie,” het Mazibuko gesê.

“Ons sal saam met die polisie, metropolisie, die departement van binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se doeane-afdeling ’n gesamentlike operasie in daardie gebied hou. Ons sal ons gesag bevestig en vir onregeerbare buitelandse burgers wys dat daar wette in Suid-Afrika is en dat dit gerespekteer moet word.

“Ons sal ook die minister van internasionale betrekkinge en samewerking versoek om ambassades te betrek om hul burgers aan te moedig om die land se wette te eerbiedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Jan B ·

LOL so die polisie ontrek, maar monitor die gebied dat daar nie verder geweld is nie.

Norman Knoesen ·

SAPD lewer lankal net n moniteringsdiens. Kyk maar na grondgrype ens
.

Kheitsigh ·

Wel, wel, wel. Begin om ons eie wettelose landsburgers vas te vat! Begin sommer by die kop, want daar begin hy vrot!

Willem ·

Met anner woorde die misdadigers het die stryd gewen. Polisie het onttrek “om bloedvergieting te voorkom” maar monitor die situasie. Johannesburg is in sy peetjie in. Kriminele wen en regeer nou die land.

Anoniem ·

Verloor is die woord – anargie het gewen

Afrika regeer Suid-Afrika

Jimmy ·

Die jarelange instroming van buitelanders eis nou sy tol. Hierdie mense is goed bewapen met ISIS en ander konneksies.

jacqueline ·

Ek kan nie glo dat die polisie onttrek en buitlanders toelaat om die middestad te oorheers en verwoes nie!! Dit is verregaande!!! Wat ‘n surkus!!!

JV ·

Die regering wou mos miljoene onwettige emmigrante toelaat, nou pluk hulle die vrugte net soos Duitsland.

Wonder ·

Sê ek ook!!! Ontrek visums, maar nou kerm hulle oor die buitelanders! Die regering het hulle bed gemaak…….

honourable member ·

Die polisie kan lankal nie meer wet en orde handhaaf nie. Die buitelanders dink al hierdie land behoord aan hulle.

Francis Linström ·

Dit wil voorkom of hier meer buitelanders as SA burgers in ons land is. As hierdie almal buitelanders is, eet ek al my ou skoene by gebrek aan hoede, op.

Grassie ·

Ek stem, hulle probeer alweer iemand anders die skuld gee!

Peet ·

Raak van die polisiemag ontslae. Hulle beteken niks vir niemand en almal raak moeg vir hoe hulle altyd staan en toekyk hoe onwettighede plaasvind. Die polisie onttrek!!!! Wat is volgende?

Johan ·

Die polisie het onttrek omdat hulle bang is. Nou sal dit éérs jolig gaan met die betogings. Hulle kan nou letterlik doen net wat hulle wil. Die ander lande se polisiedienste lag seker lekker vir ons bangbroek-polisiediens….

James ·

Die Buitelanders regeer die land.
Net soos die Guptas gedoen het.
Dit kry jy nou met die lot wat 25 jaar regeer.
Incompetence galore.

LK ·

Ag my moeder……………. die dapper manne in blou……………… die hele besiheid is ‘n groooot grap!!! maak die grense oop vir nog meer man!!

Werner ·

Pretoria JHB Durban en vele ander dorpe dalk die begin van n Arab spring

Nin ·

Sjoe maar die SAPS kan darem deesdae niks meer reg doen nie. Geen wonder ons misdaad syfers lyk so nie …

Essie ·

As hul in ander lande so moes aangaan so daar van regte koeëls gebruik gemaak word hoekom nie ons ook nie

GM van Rooyen ·

Die land is klaar ‘n “wettelose piesangrepubliek”

Ella ·

Me Mazibuko sê nee vir n piesangrepubliek wat deur buitelanders geskep word.
Nee julle, ons “regering”, het dit lankal self gedoen. Almal buit dit net uit
Bid jou aan: die polisie onttrek en die gepeupel wen! Ons eens magtige polisie het nou monitorspanne geword wat lyk my geen wet en orde kan afdwing.
Ek is jammer vir die wat nog wil want die wat nie wil nie het baie geword

Christa ·

Hulle is sinnoniem met geweld en verwoesting, Moet nie die vuur Vergeet nie. Ons eens Mooi stad lyk Soos hulle blyplek.

Jerry ·

Burgers van Suid Afrika, julle korrupte polisiemag se nonsens is besig om hulle lelik in te haal. Wetsgehoorsame burgers en buitelanders verander in wetsongehoorsame burgers agv n onbevoegde en korrupte polisiemag en die polisie moet maar weet dat burgers geen respek vir polisielede het nie en dus ook geen verdraagsaamheid teenoor polisie optredes nie! Die publiek se geduld is op met die ANC se kriminele in blou uniforms. Van nou af gaan die polisie meer gereeld moet vlug!

Gerda ·

What a joke…Bwhaaaahahahahahaaa

Gaan probeer enige iets van hierdie in enige ander plek in die wêreld, jy gaan sleg tweede kom. Polisie sal nie stert tussen die bene weg hol nie….Thats for sure!

Essie ·

Die betogers en kriminele skiet nie met rubberkoeëls nie nou kan ons polisie dit nie agterkom nie vergeet wat die buiteland sal se kry jou eie huis in orde

Swanna ·

Piet stem saam met jou. Oooo wêreld nou regeer die buitelanders in Johannesburg. Wat ‘n graap. Ek dink die polisie is bang die bloed so gevloei het aan hulle kant en nie die uitlanders nie. Swak van ‘n land se veiligheids mag om tou op te gooi. Jy gaan dit nie reg kry in die buiteland nie veral as “jy” ‘n “buitelander” in hulle land is. Weereens sies swak optrede en weereens “monito”r wat ‘n siekwoord wat deur die polisie gebreuk word. ‘n Ander woord vir banggat.

Danie Theron ·

Dis lankal my opinie dat die die huidige SAP net ‘n skaduwee is van sy oorspronklike vorm.
Dis ‘n skande dat die instelling so in sy peetjie bestuur word.Vraag is telkemale: hoekom staan hul hande gevou(monitor) by betogings wanneer skade en verwoesting deur die gepeupel aangerig word en die gewillige melkkoei belastingbetaler daarvoor moet opdok? Laat ons die realiteit in die oe kyk: swartmense is bang om teen hul eie mene op te tree uit vrees vir na-uurse vergelding!
Dis tyd dat ‘n sterkhand benadering toegepas word teen onwttige immigrante en hul die land verban word. Slegs ekonomiese vlugtelinge moet toegelaat(ag uit Afrika stap hul sommer oor grense) word!

MOEG VERDUIDELIK ·

Peet jy is welkom om aan te sluit en ‘n verskil te probeer maak. Die probleem is nie bang hier nie. Die probleem is die ouens se hande is vas gevind want daar mag net op n seker manier opgetree word. Die polisie mag en ek praat nou van die ouens op straat wat die werk moet doen, en nie die “slim” menere in hulle kantore wat besluite maak nie,mag net binne n sekere raamwerk optree want net nou as n “onskuldige” bloedjie in die rumoer dood gaan word mense regte weer hard geskree.

Gaitsigubib ·

Kan n mens n situasie verbeter as jy jou blind hou vir die probleem? Mens moet mos die SAP veroordeel wanneer hulle optrede die hele wereld laat skaterlag.

Ditsem ·

Woedende buitelanders ? Regtig? Het hulle paspoorte gevra? Dit is net weer die regering wat speel met woorde om hulle mislukkings te verbloem. Daar was dalk n paar buitelanders daar maar nie almal nie. Dit is lands burgers,dit gebeur regoor die land hierdie optrede. Dis n geskepte epidemi van bose wanorde en die blame game word altyd gespeel deur die politisie vir die onbevoegte regering.

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n sirkus. Om te monitor gaan niks help nie.

Hans ·

In Pretoria ontwrig/verniel/bemors stakers en daar word nie daadwerklik opgetree nie-so ek is nie verbaas oor polisie optrede in Jhb.

Hettie ·

Het nie gedink ek sal die dag beleef dat die sap weghardloop vir aanvalles nie ! Is dit nie veronderstel om andersom te wees nie ?

Blaarman ·

Het video’s gesien van die chaos. Dis ‘n oorlogsone.

Mense moet verstaan dat hier ‘n verskeidenheid faktore by betrokke is:
1. Die ANC wil graag Herman Mashaba verkleineer en in ‘n swak lig stel.
2. Vir jare was daar geen wet en orde gehandhaaf nie (onder die ANC). Hoe langer jy vat om misdaad vas te vat, hoe sterker raak die kriminele sindikate wat die area beset.
3. Kriminele sindikate maak massas geld uit vervalste goedere, en gebruik dit om die ekonomie van hulle gemeenskap (en daardeur die gemeenskap self) te beheer.

JohanL ·

Net om aan te sluit by Blaarman se punt 1. Wie het bepaal en hoe is dit bepaal dat dit buitelanders was wat betoog het? Ja, ons almal weet hier is baie onwettige en wettige buitelanders. Maar ek herhaal, daar is ooglopend geen rotsvaste rede om onomwonde die uitspraak te maak dat dit buitelanders is wat betoog het nie. Kan net sowel ANC kamerade wees wat aansluit by punt 1 van Blaarman. Wie weet?

Anoniem ·

Kry vir julle ons grense is mos oop vir almal om deur te kom julle moet maar die blaam vat vir al hierdie wetteloos heid in hierdie land.

Stephanus ·

Maak nie saak wat die polisie sê nie, hulle het die oorlog verloor en die buitelandse misdadigers het gewen. Die polisie moet hul koppe in skaamte laat sak.

Hanna Hoekom ·

Die SAPS se rekord na gister: Zama-zamas 1, SAPD 0. Onwettige buitelandse smouse: 1, SAPD: 0. Buitelanders en zama-zamas skiet met regte ammunisie. SAPD “monitor” die situasie en klap n paar rubberkoeels. Wat n sirkus!

chrisjan ·

Ontbind die polisiediens!Hulle MORS belasting betalers se geld erg!Hulle is ‘n nuttelose uitgawe vir die land en sy burgers.

Willie ·

Dis eindelik so snaaks, maar uiters hartseer… Die SAPD is maar net pateties verby… Die uitalnders regeer al net soos die Taxi industrie… Maak nog n R2 munt met hulle op wat drugs verkoop….

Zaks ·

Nou wil julle miljoene boere in n blik druk. Lol , dis…..hoekom ek nie kommer oor afrikaner onderdrukking nie.

willie ·

ons kan nie in hulle land gaan maak soos hulle hier maak nie hulle sal jou of skiet of summier toesluit vir die res van jou lewe
maar nee hulle kom doen dit hier
sit hulle almal uit die land uit dat hulle verder hulle eie lande dit wat oor is gaan opfoeter

Hettie ·

Daar stem ek met jou saam ,al die buitelander kom hierheen en ons pas by hulle aan! Dit is hoekom ons nou eet gewoontes en kleredrag moet aanvaar of ons nou daarvan hou of nie !!

Jr ·

Polisie – ou soldate en het die selfde in die bos oorlog gedoen

Karlahari ·

Ouboet weet nie waar jy daaraan kom nie. Daar was tye wat jy in n hinderlaag ontrek het en dan weer in gegaan het met versterkings.
Ordelik. Nie weg gehol soos die skaduwee van n polisie mag nie.
En dan is daar terug gegaan na die naaste basis. Gewonde Koevoete is versorg. Die wat dit nie gemaak het nie is statig weg geneem. Caspirs en Wolwe met diesel gevul. Ruite vervang waar moontlik en terug na die konflik situasie.
Ek was daar.

Eddy ·

Hierdie is die werk van Afrika-uitlanders. Ek het al 2008 teen sulke goed gewaarsku maar nee toe sê Die Burger se brieweredakteur mos dis “haatspraak” .Ek sê lankal die klompe Afrika uitlanders is n problem hier.

Cherokee ·

Pleks dat die land na jou geluister het! Jý het dit voor die tyd geweet!!! Ag tog,as daar net na jou wou geluister word! Jy het hulle al meer as ‘n dekade gelede gewaarsku.. maar niemand wou luister. Wil jy nie in die politiek betrokke raak? Dan sal jy selfs jou bewerings en voorspellings kan bewys! Toe.. niemand anders kon raai wat jy voorspel het nie! Politiek is waar jy hoort. Almal in die politici scheme na hùlle moes geluister gewôrre het toeka se jàrre gelede “want julle was gewaarsku!”.

Regtig? ·

@Cherokee
Laat Eddy sy opinie toe. Wat is nou so vreeslik daaraan? Jou kommentaar is ook nie altyd na wense nie. Waarom ander alewig so aanval met jou kommentaar. Tipiese boelie gedrag. Groete.

wraggies ·

Faith Mazibuko ons is klaar ‘n wettelose piesangrepubliek, en sulke aksies deur die polisie beklemtoon dit net.

Suzette Geringer ·

Die polisie in SA staan nie ‘n kans teen die kriminele in die land nie … dit word by die dag duideliker.

Hannes ·

In hulle eie lande word hulle met geweld gestop, geskiet en in tronke gestop. Ek weet omrede ek lank in Afrika lande gewerk het. Ons het visas en werkspermitte nodig daar en hier vloei hulle in soos water in ‘n rivier. SA nog ‘n banana republiek in anargie

JR ·

En wat van die landsburgers wat hulle eie land afbrand en plinder stuur hulle ook land uit dan kan ons in vrede lewe v

Dis Nou ·

Ag ons het so ‘n mooi land – trots is ek darem nou!!!!

Cherokee ·

Hay..! Los Natal uit, okay? Daai is Joe’ies en ons het niks daarmee uit te waaie nie, al eet ons ‘n banana by elke ete:-)

Grassie ·

Ek het op ‘n ander plek ‘n videoopname van die gebeure gesien. Die polisie se “taktiese besluit” was duidelik om stert tussen die bene in aller yl te vlug voor die aanslag. Maar ek het tog simpatie met die polisie. Op die video wat ek gesien het was daar twee pantservoertuie vol polisiemanne. ‘n Groot skare oproermakers was besig om hulle te bestorm en klippe het soos confetti op hulle gereën. Daardie voertuie en die bemanning beskik beslis oor outomatiese wapens en hulle kon die aanvallers aan flarde geskiet het, maar hulle durf nie en hulle mag nie. Hulle kon dus maar sit en wag om oorval te word of voet in die wind slaan. Ek glo elkeen van daardie polisiemanne het vandag ‘n galbitter smaak in die mond oor die vernedering om te moes vlug net omdat ‘n ruggraatlose regering hulle verbied om hul man te staan.

MOEG VERDUIDELIK ·

Jy is korrek. Dit maak die “ou manne” moedeloos om te ontrek want die mense het te veel regte. Jy moet ongelukkig ‘n besluit maak loop ons lewendig hier uit of gaan ons baklei. Hulle is ongelukkig in die meerderheid en dink niks om n persoon dood te maak nie. My man het gisteraand weer vol snye en blou kolle by die huis gekom soos wat hulle onder klippe gestook was. Ek is dankbaar hy is veilig. Dankie dat jy verstaan en nie net die polisie oor deel nie

John ·

Hier woon maklik 20 milj uitlanders sedert 1994 waarvan baie ingestroom het nadat Mogabe die plakkerkampe naas die stede gestootskraap het.Nou sit ons met duisende plakkerkampe en eiegeregtige menere. Waar is Malema wat so lief is vir oop grense? Ons bevolking strek glo tot na 70 milj, word geraam, want die vreemdes laat hulle nie tel nie. En soos die polisie bly beamptes weg van gevaarsones… en bly tjoepstil oor plekke wat hulle nie wil besoek nie. Wie gaan sensusvorms aan sulke neste lewer?

klug ·

Waar is “The best and brightest” wat ge Ra Ra Viva het die strate af en die land nie vinnig genoeg kon oorhandig nie. En julle het waaragtig geglo dit gaan goed eindig. En glo nou nog julle is “The best and brightest’. Maar nou ja in die land van die blindes is eenoog koning.

Hugo ·

Wat ‘n kwade dag dat die wetstoepassers vir skelms weghardloop. Geen respek meer vir orde nie. Die afgrond wink vir hierdie land.

Rubber ·

Binnekort sal jy ‘n paspoort nodig hê om eTopistan aka JHB middestad binne te gaan. Verlore land. Sirkus.

PersHeks ·

Oh what a circus, oh what a show, “Foreigners” has gone to town
Oh what an exit, that’s how to go, When they’re ringing your curtain down

gatiep ·

Dit lyk of Europe se poliesie ook bang is vir hulle migrants.
Die land behoort nie meer aan enige SA landsburger nie.
Demokrate in US sien hulle kan daai uitlanders ook gebruik soos die klomp by ons gebruik word.Dis hoekom hulle oop grense soek in US,en gahos.Gelukkig stop Trump hulle darm nou anders sal US net soos ons lyk.
Lande soos Engeland en Frankryk en meskien Duitsland gaan net soos ons raak hier.Ek sien oor so 20 jaar hol al daai mense wat gevlug het hier weer terug na SA,want daar is groot vout met hulle goverments.
Hoop ons land is dan reg dat ons hulle kan help eendag,want hulle is so erg liberaal dat hulle niks raaksien om hulle nie.

Piet ·

Daar word alewig van die ‘tipping poinr’ gepraat. Nie geweet mens kan dit in beeld waarneem nie.
Die rede: geen, maar geen gevolge nie. As mens na die Zondo sirkus kyk is dit die logiese afleiding. Hope geld verdwyn – dusver weereens geen gevolge.

Hansie Slim ·

Hierdie is nie net buitelanders nie!!

Gee een keer pad… die volgende een is nog makliker!! Skree net “boe!!” volgende keer en jy sien hakskene!

ne ·

As saps te bang is kry die weermag in. Weermag is mos opgelei om OORLOG te maak. Wat sê cele??????

Frans C ·

Jy hoef nie skerp ammunisie te gebruik nie. ‘n Paar goed bemande waterkannone sal hul gou op hul agterent laat beland en hul veglus vinning laat verdwyn.Dan is die strate
sommer skoon ook.

Liz vd Merwe ·

Wat ek nie verstaan nie is waarom die mense se voorraad gevat moet word? Is dit beter dat hulle werkloos op die hoeke staan as wat hulle iets probeer verkoop. Ek dink ons het baie erger dinge om hok te slaan as iemand wat n hemp of dvd probeer verkoop om te oorleef.

chris ·

Sit sussie, as jy nou nog nie verstaan nie gaan dit regtig nie help iemand verduidelik vir jou nie.

Vatso ·

Polisiemag?????? dit is lankal nie meer so nie dis n moniterings mag , waar is die traangas , en gryswater kanonne? spuit die hele spul sopnat met gryswater dan stink hulle almal vir n week . Genugtig die moniteringsmag word dan deur die massa aangeval met klippe , wat ook gevaarlik is , hulle wil doodmaak hoekom moet die moniteringsmag dan so pap wees , en onttrek ? slaan terug my magtag

A hamman ·

Jip…laat die ARMY ook n show gaan gooi in jhb nes in die kaap! Miskien vaar hulle beter in jhb as reen “gangsters”! Dis BUITELANDERS onwettig in ons land, arresteer hulle en stuur hulle terug na hul eie land! Wanneer gaan die wonderlike “goverment” wakker word?

ES ·

Klink vir my of hulle onttrek omdat hulle broeke bewe…

Dit is in elke geval nie die buitelanders wat ons land in ‘n piesangrepubliek verander nie. Ons land se leiers doen dit al vir 25 jaar.

sp ·

As n oudlid is dit vir my n absolute skok om na die optrede van die SAPD te kyk,ek sak my kop in skaamte.Waar is die offisiere wat moet leiding gee? Die polisie kan nooit onttrek nie,watse boodskap stuur dit en hoe gaan dit reggestel word? Ek is so dankbaar dat ek verlede jaar na 42 jaar die polisie kon verlaat.

Krisjan Lemmer ·

Johannesburg middestad het nou amptelik n “no go” zone geword.

Die SAPS kan nie optree met hulle hande gebind nie- daar is ook nie meer geharde en ervare leiers nie.

Winx ·

Moes nou twee keer kyk of vandag die 1ste April is! SA = eutopia for criminals ruled by criminals.
Mis die 80’s toe wet en orde nog bestaan het en gerespekteer is.

James ·

Verkeerde Polisiehoof – dit is tog duidelik!
Hy kruip onder sy hoed weg!

Tino ·

So die onwettige immigrante het mense regte en hulle neem dinge in eie hande. Lyk asof die SAPS outnumbered is, dalk moet die polisie die reg om hulle werk te doen met dieselfde passie dryf…

MOEG VERDUIDELIK ·

Die berig verduidelik niks van dat ons polisiemanne te min is om teen duisende van die misdadigers te baklei nie. Dit se ook nie dat hulle hande afgekap is en dat hulle net mag rubber skiet nie. Hulle moet probeer lewens verlies voorkom want indien hulle wel iemand se dood veroorsaak word sake teen hulle gemaak en niemand staan saam met daar die polisie an in die beskuldiging bank nie. Maak nie saak of hulle met petrol binne en klippe bestook word nie. Gister was die 2de keer dat ek vir my kind moes verduidelik hoekom haar pa huis toe kom met n gat in die kop, sny plekke op sy lyf waar klippe hom getref het. Die ouens probeer hulle bes maar die stelsel het hulle gefaal, siende dat almal soveel REGTE het. As jy n land se polisie mag aanval verklaar jy indirek oorlog teen die land en moet sodoende mee gedeel word. Jy verloor alle regte om menslik behandel te word. Ek is moeg verduidelik dat daar nog goeie lede is wat ‘n verskil wil maak, maar dat ons regering en beskuit makers ons manner in blou gefaal het.

Norman Knoesen ·

SAPD lewer lankal net n moniteringsdiens. Kyk maar na grondgrype ens
.

Michelle ·

Klomp slapgat poloisie!!! Hoe kan mens hulle enigsins respelteer??

Herman P ·

Polisie se magsuitvoering is gestriem. Gekoppel aan onbevoegdheid en getalle. Hulle kom immers traangas of waterbomme gooi. Miskien spook Marikana nog by hulle…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.