Jhb-motoriste gewaarsku oor dienslewering by lisensiekantore

Argieffoto

Argieffoto

Die stad Johannesburg het inwoners gewaarsku dat dienslewering by sommige lisensiekantore in die stad beïnvloed gaan word nadat verskeie amptenare weens bedrog en korrupsie in hegtenis geneem is, met meer inhegtenisnemings wat gaan volg.

Herman Mashaba, die burgemeester, het Dinsdag aangekondig dat vier amptenare in hegtenis geneem is in verband met bedrog en korrupsie ná ʼn ondersoek oor ʼn sindikaat se bedrywighede. Valse transaksies ter waarde van nagenoeg R14 miljoen wat tussen Januarie 2008 en Februarie 2016 gemaak is, is ter sprake.

Tot dusver is vier beamptes by die Sandton- en Martindale-lisensiekantoor, in Midrand, in hegtenis geneem, met meer inhegtenisnemings wat verwag word.

Mashaba het gesê minstens 106 beweerde korrupte amptenare regoor die stad kan moontlik binnekort vasgetrek word.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het gewaarsku dat dienslewering by lisensiekantore deur die inhegtenisnemings beïnvloed gaan word en het die publiek versoek om geduldig te wees.

Die Valke is by dié grootskaalse ondersoek betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mr P ·

Nou dit is waar die slagting op ons paaie begin. Die bestuurder koop di lisensie maar kan ni n toets slaag ni.

butch ·

hoop die polisie en an aanklaers kan hul werk doen – netnou word 107 aanklaers en klomp polisie ook gefire

Piet Pompies ·

Ek het so paar weke terug ‘n motor wat nie in ‘n lopende toestand was privaat verkoop. Daar was uitstaande lisensie boetes van omtrent R1300 uitstaande. Terwyl die motor nog in my erf gestaan het, het die nuwe eienaar die voertuig se registrasie dokument saam met hom gevat. Die volgende dag het hy terug gekom, die voertuig het Polisie klaring, Data dot sertifikaat en hy het ‘n padwaardigheidstoets geslaag en die voertug is op sy naam.
Die nuwe eienaar het gese dit het hom R650 aan omkoopgeld gekos. Is dit dan die prys wat ons aan mense lewens koppel, R650.

Speedguard ·

Piet , ek hoop jy het dit onder die departement van vervoer se aandag gebring, het het mos al die detail!

muis ·

Dis seker hoekom daar so baie onpadwaardige taxis (minibus) op die paaie is!

Fielies ·

Valke doen goeie werk. Hoop hulle doen dit regdeur die land. Te veel korrupsie by die munisipaliteite.

Elma ·

Praat jy! Owerhede ontvang kas bier en reik PDP uit aan mense met opgeskorte vonnis vir dronkbestuur en bestuurder werk by openbare bus maatskappy. Veroorsaak ongeluk onder invloed met bus ry oor ons voertuig en twee sterf onskuldig. Ek oorleef se dit moord owerhede se betrokke beampte sal skriftelik gewaarsku word!!! Korrup veby!!!

Hennie ·

En daai is net in JB, wat dink julle gebeur in die res van die nuwe Suid Afrika!!??

Jan maak n plan ·

Almal sê mos al lankal die ANC is korrup. Wys jou net van kader aanstellings.

Speedguard ·

Jan maak ‘n plan , ek stem in ‘n mate met jou saam maar kan ek jou verseker dit is al laaaankal ‘n probleem, dit is ‘n free for all en nie net onder die ANC kaders nie , glo my ek het fluitjie geblaas en 6 maande daarna my werk verloor !!

Speedguard ·

Moet entlik se na 6 maande se hel het ek my werk verloor!

Ilse ·

Wonderlik dat Jhb se nuwe burgemeester so toeslaan op die vrot appels !

Marisa ·

Ek hoop hulle gaan na Langlaagte se verkeerskantore ook waar ons voertuig gekloon is in 2009 en ek sit steeds met die probleem.

CHRISTA ·

Meer as 6 jaar gelede het ‘n minibustaxi in my en my man vasgejaag. Die bestuurder was so dronk, hy kon nie eers regopstaan nie. Die polisie het hom agter in hulle vangwa gegooi. Toe my versekeringsmaatskappy besonderhede van die taxibestuurder soek, kon hulle nie eers die ongeluk op die polisie se boeke kry nie!! Hy het verdamp soos varkmasels!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.