JHB-ongeluk: 1 dood, 2 kritiek ná motor rol

ʼn Man in sy 30’s is Woensdag dood en twee persone is beseer nadat die motor waarin hulle gery het in Midvaal, suid van Johannesburg, gerol het. Foto: @Of_the_South / Twitter

ʼn Man in sy 30’s is Woensdag dood en twee persone is beseer nadat die motor waarin hulle gery het in Midvaal, suid van Johannesburg, gerol het. Foto: @Of_the_South / Twitter

ʼn Man in sy 30’s is Woensdag dood en twee persone is beseer nadat die motor waarin hulle gery het in Midvaal, suid van Johannesburg, gerol het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R59-pad plaasgevind. Die oorledene is uit die voertuig geslinger toe dit gerol het. Hy was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Die ander twee mans was steeds in die voertuig se wrak gevind,” het Meiring gesê. “Hulle het kritieke beserings opgedoen. Hulle is deur paramedici uit die wrak verwyder voor hulle behandel is.”

Een van die mans moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Die ander man is met ʼn ambulans vervoer.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nina ·

Ek, en VELE ander het my niggie en haar dogtertjie twee maande terug verloor in ‘n kop-aan-kop botsing. SKRIK asseblief wakker wanneer julle op die pad is! God weet! Tot jy self iemand verloor VERSTAAN EN BESEF JY NIE watse impak en verlies dit op jou lewe het nie. Mense moet regtig wakker word en reëls op die pad begin volg! Volgende keer is dit JOU vrou, kind, dogter, seun, meisie, verloofde, ma, pa, wieookal! ASSEBLIEF!!!!!

Andries ·

Spoed bly maar die moordenaar op die pad, skrik wakker mense ry ordentlik en dink vir ander wat nie wil dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.