Jhb-‘ontvoerders’ vas, slagoffer gered

 Johannesburg-polisie het twee vermeende ontvoerders by ʼn huis in Fordsburg in hegtenis geneem ná ʼn wenk van die gemeenskap Foto: SAPD

Johannesburg-polisie het twee vermeende ontvoerders by ʼn huis in Fordsburg in hegtenis geneem ná ʼn wenk van die gemeenskap Foto: SAPD

Die polisie in Johannesburg het Sondagmiddag omstreeks 14:00 twee vermeende ontvoerders, onderskeidelik 28 en 29 jaar oud, by ʼn huis in Fordsburg in hegtenis geneem en die ontvoerde persoon gered.

“Die verdagtes het glo die 23-jarige man vyf weke gelede ontvoer,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die slagoffer se familielede het die saak eers Sondag by die polisie aangemeld nadat hulle ʼn telefoonoproep met ʼn losprysversoek van R20 000 ontvang het.”

Die polisie het daarna ʼn wenk van die gemeenskap ontvang oor waar die slagoffer homself bevind.

“Die polisie het die huis dopgehou en twee mans agtervolg toe hulle die huis binnegegaan het,” het Mbele bygevoeg.

Die slagoffer was in die huis. “Hy was swak en uitgeput. Hy is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.”

Die polisie se ondersoek duur voort. Die twee verdagtes sal binnekort in die Johannesburgse-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HB ·

Sjoe, lyk my Sondae is “casual day” vir polisielede. So trots op daai foto, waar is die dae toe daar nog inspeksie gedoen is met rowcall. Daai is ook seker nou die nuutste SAPD pet wat die madam dra. Swak.

Theresa ·

Bly hul is gevang! Die polisie op foto moes seker privaatdrag dra om die vangs te doen.

Theresa ·

Bly hul is gevang! Dalk moes die polisie op foto privaatdrag dra om die vangs te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.