Jhb-ouers rasend ná tienerdogter verdwyn

OPVOLG: Anchené van den Berg is intussen opgespoor. Lees gerus die opvolgberig hier.

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

ʼn Raaiselagtige brief en beeldmateriaal van haar wat by die skoolhek uit verdwyn, is al wat ʼn ouerpaar van Boksburg nou het om mee te werk nadat hul tienerdogter Maandag vermis geraak het.

Anchené van den Berg (17), ʼn gr. 11-leerder aan Hoërskool Oosterlig, is die laaste keer gesien toe haar ouers haar die oggend by die skool afgelaai het om haar laaste eksamenvak vir die jaar te skryf. Pieter, Anchené se pa, het aan Maroela Media vertel dat hy om 10:30 weer by die skool was om sy dogter op te laai, maar dat sy nie soos verwag uit die eksamenlokaal gestap gekom het nie.

“Ons het ingegaan om haar te soek waar die onderwysers aan ons gesê het dat sy nooit die eksamen geskryf het nie,” het hy gesê. “Op beeldmateriaal wat vanaf die skool se veiligheidskameras bekom is, kan jy sien hoe sy by die skoolhek instap en dan tien minute later weer uitstap. Daar was niemand by haar nie. Dit is die laaste teken van haar.”

Pieter het gesê hulle het ʼn brief in Anchené se sluitkassie by die skool gekry waarin sy sê dat sy op haar eie wil wees en “haar eie ding gaan doen”. “Dit is baie duidelik dat die brief baie haastig geskryf is in daardie tien minute wat sy by die skool was,” het hy gesê. “Dit is so vreemd, want daar was geen teken van ongelukkigheid by haar nie. Sy het baie hard geleer vir haar laaste vak en was nog altyd ʼn voorbeeldige leerder wat ʼn gemiddeld van bo 75% gehandhaaf het. Iets moes in daardie laaste tien minute gebeur het wat haar laat besluit het om nie haar laaste vak te skryf nie.”

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Boonop het iemand op ʼn manier foto’s van Anchené verwyder wat sedert Maandag op Facebook geplaas is om mense van haar verdwyning bewus te maak, het Pieter gesê. “Hoe is dit moontlik? Iemand moes op ʼn manier die webwerf gehack het. Sy sou dit nie self kon doen nie. Ons het met iemand baie slim hier te doen.”

Intussen doen die polisie alles in hul vermoë om Anchené op te spoor, waaronder om data van haar selfoon af te probeer bekom, enige beskikbare beeldmateriaal van veiligheidskameras te fynkam en haar vriendinne te ondervra.

Volgens Pieter is die vermoede dat Anchené óf steeds in die Oos-Rand, óf in Pretoria óf êrens aan die kus is. “As sy weggeloop het uit eie vrye wil, dan is dit ʼn situasie wat ons apart sal hanteer. Vir eers moet ek alles in my vermoë doen om vas te stel of sy veilig is. My instink sê vir my dat sy uit haar eie weggeloop het, maar dat sy op so ’n manier mislei is dat sy gedink het sy loop op haar eie weg, maar eintlik is sy ontvoer.”

Anchené het bruin hare en groen oë, is 1,74 m lank en het ʼn denimbroek, moulose hemp en swart skoene aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Enigiemand met meer inligting kan die ondersoekbeampte by 083 250 8492, die Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 of die Boksburg-polisiestasie by 011 817 5091 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eliza-beth

Nou-ja… foto’s verskil erg. Onderste foto lyk sy soos ‘n tiener/skoolkind. Boonste foto? 23-jarige sou ek sê. Waarna soek mens dan? Plaas vi rons ‘n gewone onlangse foto asb ouers. Baie vrae hier. Hoop nie sy prober soos sovele tieners voorheen “haar ouers te wys” nie, want die wêreld daarbuite is nie vir jong meisies om alleen te wil wees en “haar eie ding” te wil doen nie. Komaan meisie as jy hier lees, doen die regte ding en gaan huis toe, jou arme ouers sorg al die jare vir jou, moenei hul harte breek nie.

Tascha

Ek het self ‘n dogter van 18 en 2 klein kindertjies onder die ouderdom van 7 – my tiener dogter is nog altyd ‘n model kind en ek kan maar net hoop dat my ander twee net soos sy sonder sorg en ernstige probleme sal groot word. Dis bitter hartseer as ‘n jong meisie haarself so om die bos laat lei deur slinkse ouer mans / seuns. Ek wil my nie regtig hieroor uitspreek nie want soos ek sê ek het self kinders en dit moet sekerlik die moeilikste ding wees wat haar ouers nou moet deurgaan. Ek hoop sy… Lees meer »

Brenda

Ek stem saam met Hannie, volgens die ouers was daar geen problem nie. Hoe goed ken ons as ouers ons kinders? Glo my, nie goed genoeg nie. Sterkte vir julle.

BEDERF

STOUT en bederf Die jong meisie sit haar famielie deer hel

RICHARD

Archene – dink mooi wat jy doen dis miskien nou lekker maar vir die mense wat hul bekommer oor jou soos jou ouers is dit nie lekker nie , volgens die vorige berigte lyk dit of jy n baie slim kind is en dat jy n gesonde verstand het om te weet wat jy doen is verkeerd , sterkte aan die ouers sal jul en Archene opdra in gebed , Archene as daar dinge is wat jy moet gesels wat jou ongelukkig maak asb in Sunward Park by die Woord en Lewe kerk bied hul gratis dienste vir kinders /… Lees meer »