Jhb-ouers rasend ná tienerdogter verdwyn

OPVOLG: Anchené van den Berg is intussen opgespoor. Lees gerus die opvolgberig hier.

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

ʼn Raaiselagtige brief en beeldmateriaal van haar wat by die skoolhek uit verdwyn, is al wat ʼn ouerpaar van Boksburg nou het om mee te werk nadat hul tienerdogter Maandag vermis geraak het.

Anchené van den Berg (17), ʼn gr. 11-leerder aan Hoërskool Oosterlig, is die laaste keer gesien toe haar ouers haar die oggend by die skool afgelaai het om haar laaste eksamenvak vir die jaar te skryf. Pieter, Anchené se pa, het aan Maroela Media vertel dat hy om 10:30 weer by die skool was om sy dogter op te laai, maar dat sy nie soos verwag uit die eksamenlokaal gestap gekom het nie.

“Ons het ingegaan om haar te soek waar die onderwysers aan ons gesê het dat sy nooit die eksamen geskryf het nie,” het hy gesê. “Op beeldmateriaal wat vanaf die skool se veiligheidskameras bekom is, kan jy sien hoe sy by die skoolhek instap en dan tien minute later weer uitstap. Daar was niemand by haar nie. Dit is die laaste teken van haar.”

Pieter het gesê hulle het ʼn brief in Anchené se sluitkassie by die skool gekry waarin sy sê dat sy op haar eie wil wees en “haar eie ding gaan doen”. “Dit is baie duidelik dat die brief baie haastig geskryf is in daardie tien minute wat sy by die skool was,” het hy gesê. “Dit is so vreemd, want daar was geen teken van ongelukkigheid by haar nie. Sy het baie hard geleer vir haar laaste vak en was nog altyd ʼn voorbeeldige leerder wat ʼn gemiddeld van bo 75% gehandhaaf het. Iets moes in daardie laaste tien minute gebeur het wat haar laat besluit het om nie haar laaste vak te skryf nie.”

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Boonop het iemand op ʼn manier foto’s van Anchené verwyder wat sedert Maandag op Facebook geplaas is om mense van haar verdwyning bewus te maak, het Pieter gesê. “Hoe is dit moontlik? Iemand moes op ʼn manier die webwerf gehack het. Sy sou dit nie self kon doen nie. Ons het met iemand baie slim hier te doen.”

Intussen doen die polisie alles in hul vermoë om Anchené op te spoor, waaronder om data van haar selfoon af te probeer bekom, enige beskikbare beeldmateriaal van veiligheidskameras te fynkam en haar vriendinne te ondervra.

Volgens Pieter is die vermoede dat Anchené óf steeds in die Oos-Rand, óf in Pretoria óf êrens aan die kus is. “As sy weggeloop het uit eie vrye wil, dan is dit ʼn situasie wat ons apart sal hanteer. Vir eers moet ek alles in my vermoë doen om vas te stel of sy veilig is. My instink sê vir my dat sy uit haar eie weggeloop het, maar dat sy op so ’n manier mislei is dat sy gedink het sy loop op haar eie weg, maar eintlik is sy ontvoer.”

Anchené het bruin hare en groen oë, is 1,74 m lank en het ʼn denimbroek, moulose hemp en swart skoene aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Enigiemand met meer inligting kan die ondersoekbeampte by 083 250 8492, die Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 of die Boksburg-polisiestasie by 011 817 5091 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Eliza-beth ·

Nou-ja… foto’s verskil erg. Onderste foto lyk sy soos ‘n tiener/skoolkind. Boonste foto? 23-jarige sou ek sê. Waarna soek mens dan? Plaas vi rons ‘n gewone onlangse foto asb ouers. Baie vrae hier. Hoop nie sy prober soos sovele tieners voorheen “haar ouers te wys” nie, want die wêreld daarbuite is nie vir jong meisies om alleen te wil wees en “haar eie ding” te wil doen nie. Komaan meisie as jy hier lees, doen die regte ding en gaan huis toe, jou arme ouers sorg al die jare vir jou, moenei hul harte breek nie.

Jan en Annatjie Karsten ·

Ek stem saam. As ek hierdie meisie moet soek, sal ek nie een van hulle kry nie, of ek gaan met 2 meisies by haar ouers opdaag. Daar is geen ooreenkomste wat ek kan vind in die fotos nie. Een skerp skraal voorkoms ander een meer mollig en ronde gesig.

Tascha ·

Ek het self ‘n dogter van 18 en 2 klein kindertjies onder die ouderdom van 7 – my tiener dogter is nog altyd ‘n model kind en ek kan maar net hoop dat my ander twee net soos sy sonder sorg en ernstige probleme sal groot word. Dis bitter hartseer as ‘n jong meisie haarself so om die bos laat lei deur slinkse ouer mans / seuns. Ek wil my nie regtig hieroor uitspreek nie want soos ek sê ek het self kinders en dit moet sekerlik die moeilikste ding wees wat haar ouers nou moet deurgaan. Ek hoop sy kom terug huis toe en werk hard daaraan om haar toekoms een te maak waarin sy gelukkig sal wees.

Franz Fourie ·

Ons weet waardeur die Ouers gaan ons 15 jarige kleindogter het ook net met haa rklere op haar rug weggeloop.Onder die invloed van n jong man en sy Ouers.Ons het haar groot gemaak,en nou dit.Baie hartseer.
.

Brenda ·

Ek stem saam met Hannie, volgens die ouers was daar geen problem nie. Hoe goed ken ons as ouers ons kinders? Glo my, nie goed genoeg nie. Sterkte vir julle.

BEDERF ·

STOUT en bederf Die jong meisie sit haar famielie deer hel

Nettie ·

Wel, ek weet vir seker dat as sy myne was en sy word gevind (wat ek werklik hoop gebeur), sal ek haar eers half dood-druk en dan haar boude vuurwarm klop. Dit is die probleem nou egter: sy is al (seker) 18 en dus mondig. En geen ouer mag meer ‘n vinger teen hul kinders lig nie, anders word daar met die polisie en hof gedreig.

Rene ·

Julle oordeel is belaglik en ongevraag. Ek ken haar pa. Hy is streng maar liefdevol. Wat met die gesin gebeur het kan met enige gesin gebeur het. Wrnd eerder julle energie aan om die kind te help soek.

YDK ·

Net so, Rene.

Dit help niks om te oor deel nie. In teen deel, dit maak uiters seer en mense sit baie keer dit pot heeltemal mis.

RICHARD ·

Archene – dink mooi wat jy doen dis miskien nou lekker maar vir die mense wat hul bekommer oor jou soos jou ouers is dit nie lekker nie , volgens die vorige berigte lyk dit of jy n baie slim kind is en dat jy n gesonde verstand het om te weet wat jy doen is verkeerd , sterkte aan die ouers sal jul en Archene opdra in gebed , Archene as daar dinge is wat jy moet gesels wat jou ongelukkig maak asb in Sunward Park by die Woord en Lewe kerk bied hul gratis dienste vir kinders / ouers aan met enige problem as jy dan nie met jou ouers kan gesels nie neem die stap dan en gesels dan met hulle miskien het hul vir jou die regte antwoord maar neem n volwasse besluit en laat weet jou ouers waar jy is , dat jy veilig is of keer terug na hulle toe waar jy nog altyd veilig was waar enige kind veilig is of voel – in sy ouer huis Sterkte ouers sal n gebed opstuur vir julle en Archene

Monique ·

Vader in Jesus naam pleit ek die bloed van Jesus oor Archene, hou U hand van bewaring oor haar en gee dat sy veilig weer by haar ouers sal uitkom. Gaan saam haar ouers en gee hulle krag om deur al die dinge te werk. Vader by U is niks on moontlik nie in Jesus naam Amen

charmaine ·

Daar moet n straf ingestel word vir sulke kinders. Sit hulle vir n dag in sel of iets.
Wie dink hulle is hulle om ouers so te behandel? Haar ouers doen die moeite om haar by die skool op en af te laai,sy het goeie punte, veronderstel om n goeie verstand te he,maar sodra maats en mans jou verstand binne dring praat hormone harder as ouers en verstand.

Die meisies maak hulle self goedkoop lyk op hulle profile pictures. Hier is ek “lekker en gewillig”. Hang jou uit vir biltong dan moet jy maar geeet word!

Nola Roberts ·

Ons bid vir Archene Van Den Berg. Daar is hoop en ons glo in Jesus naam.

spook-skrywer ·

Anchene,
Ek weet nie wat die kans is dat jy dit lees nie…ek hoop jy doen. As jy weggeloop het om n lewe te begin pleit ek dat jy net jou ouers sal laat weet jy is veilig. Maar ek wil by jou pleit…en ek is nie n ma nie…ek is nog jonk…dink net mooi of dit wat jy doen vir jou n beter lewe gaan gee as wat jy het. En as jy met 100% sekerheid kan se ja, dan reg…maar onthou net- die lewe is bitter duur…en sonder ouers, sonder kwalifikasies weet ek nie wat jy gaan doen vir n beter lewe nie…ek weet nie eens wat jy gaan doen vir oorlewing nie…en dan is jy in n web vasgevang op straat. Die lewe is hard en koud…ek pleit by jou…gaan terug! Een jaar van skool oor…en dan is die wereld aan jou voete…maar doen dit reg! Ek is seker jy het ambisie…wil jy nie n sakevrou word of n familie eendag he nie…dit wat jy nou doen, mag jou lewe kos

pop ·

Spook skrywer, jy is n baie oulike goed opgevoede jong mens. Plaas die skrywe op facebook, want sy sal dit daar wel gelees kry.

Elmarie Raaths ·

Hannie het jy geweet ñ mens se tong spreek lewe of dood. Jy het geen reg om enige negatiewe oordeel uit te spreek oor die familie nie. Wie is jy om te judge!?

Anoniem ·

Ek wonder maar net of die polisie die outjie gaan ondervra wat laaste op haar facebook blad geskryf het hy vra of hy haar weer op whatsapp mag kry hy moet vir haar iets se.. dit klink snaaks want hoekom het sy hom in die eerste plek van haar whatsapp afgehaal en hoekom skryf hy sulke goed so publiek?

SNEL ·

Geen donker mag gesien word nie, slegs seën en voorspoed. Die Here laat alles ten goede meewerk vir die wat in Hom glo. Ek stem Elmarie, laat ons lewe spreek.

Anoniem ·

Help nie om weg te loop. Gaan terug huis toe. Dis nie groener anderkant die draad nie. Probleme kan opgelos word.

Gesiggie ·

Spook skrywer… jy vat elke woord so uit my mond… presies wat ek wou doen, toe ek die berig lees… Kom ons almal stuur sulke briewe… maybe sal sy 2 keer dink…

Anchene

As jy na die nuus berig kyk…. Dink baie mooi na oor wat jy doen?? Dink oor baie meer as net( Ek wil op my eie wees) Die Lewe daar buite is Tuff…. jy is amper klaar met eksamens… dan kan jy n rustigge vakansie gaan geniet… en jou kop mooi skoon kry??? Moet nie jou ouers deur al die trama sit”’ Hul was nog altyd daar vir jou terwyl jy hul die nodigste gehad het… Jy is nog n jong meisie en jou lewe wag op jou”” Gaan praat dan eerder met iemand wat jou beter verstaan… maar moet nie oorhaastigge besluite neem”” Jy mag dalk seer kry….. Gaan terug na waar jy die beste sorg en Liefde sal kry ( Jou Ouer Huis)

Eliza-beth ·

Mens lees elders op Maroela van gevaarliek misdadigers wat ontsnap het uit die tronk by Aliwal Noord (en glo my vir een wat wil wegkom is dit afstand NIKS) dan dink ek nou net hierdie meisie wat dink sy kan op haar eie gaan op so ‘n jong ouderdom… Mesie, DINK en gaan teurg huis toe, jy het nie ‘n idee wat met jou kan gebeur nie! As enigiemand anders wat betrokke is by haar “wegraak” hier lees, DINK, doen die regte ding en stel haar ouers in kennis waar sy is.

AidanS ·

Julle almal oordeel maar bitter vinnig vir Anchene en neem aan dat n ouer seun/man haar laat wegloop het… Het enige van julle dit oorweeg dat sy dalk goeie rede gehad het om weg te loop van die huis af? Ek se nie dit is so nie, maar daar is altyd twee kante van n storie. Haar ouers se daar was geen teken van ongelukkigheid by haar nie. Haar oom het egter vroeer op Facebook gese dat sy dikwels rebelleer het teen haar ouers. Is dit nie n teken van ongelukkigheid nie? Watokal die storie en waarokal sy is, ek hoop sy is veilig.

Stuart ·

AidanS daar is NOOIT genoeg rede om weg te loop nie. As jy probleme het tuis, werk uit met jou ouers, kry die dominee of iemand van die skool om te help maar om weg te loop is nooit, NOOIT geregverdig nie. Hoe jy kan sê sy het dalk goeie rede…ag man, weet jy ek sê liefs niks verder vir mense soos jy wat nie dink voor hul skryf nie. Wat meeste mense hier bekommer is wat met haar kan gebeur – sy probeer haar ouers “spite” en dit kan boemrang op haar en dis wat!

nig ·

AidanS – enige kind gaan deur ‘n fase waar hul rebelleer, dis GEEN rede om weg te loop nie. Dit bewys eitnlik net hoe kinderagtig sy redeneer deur te dink sy gaan ‘n “beter” lewe hê weg van haar ouers. Dus bewys sy maar ent met haar optrede sy is onvolwasse want as sy wel was sou sy die saak uitmaak met haar ouers en klaar.. Ons was almal jonk en het gedink ons weet beter as ons ouers en dan vind ons later uit eintlik is hul nie so sleg/verkeerd nie.

Anoniem ·

Stuart, ek het ook as n tiener weggeloop. Ek was vir jare gemolesteer en verkrag. Toe ek uitkom met die sak patats, het my hele familie teen my gedraai en gesê ek weet nie waarvan ek praat nie. My ma het gesê ek moet ef-off uit haar lewe uit en sy het gewens ek is nooit gebore nie. Moenie vir my sê daar is NOOIT genoeg rede om weg te loop nie. Almal het ook gedink ek het so n dierbare gesin. Ek het meer liefde en aanvaarding aan die anderkant van die heining gekry.

Let wel, ek sê nie dis wat in hierdie geval gebeur het nie. Wat ek sê is: jy het geen feite nie. Moenie oordeel nie. As jy nie weet waarvan jy praat nie, moenie die saad van kwaad saai nie en bly liewer stil.

Wil ook ietsie sê ·

Ek wil baie graag net ook sê: Ek het self as tiener (baie jare gelede) ook weggeloop. Ek het in n huis gebly waar molestering, geweld en geen liefde my voorland was.

En ek belowe vir julle – NIEMAND het dit geweet of vermoed nie. Ons was n “mooi” gesin en mense het gedink ons is wel af en gebalanseerd.

Nou ek sê glad nie dat dit haar geval is nie. Soms is kinders regtig net selfsugtig en stout.

Ek se net ons kan nie oordeel nie. Ons weet nie wat die omstandighede is nie.

Susan ·

Ek het vanmiddag verneem van ‘n dame na aan die familie dat sy gevind is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.