Pa se liggaam gevind ná kinders se moord

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie het Donderdag op die liggaam van ʼn pa van Johannesburg afgekom nadat hy Woensdag glo sy kinders se kele afgesny en daarna hul ma met ʼn mes gesteek het.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by ʼn huis in Phomolong in Tembisa in die ooste van Johannesburg plaasgevind.

“Die pa het glo by die huis aangekom en sy twee kinders, onderskeidelik vyf en twee jaar oud, in die huis in geneem en hul kele afgesny. Die kinders is op die toneel dood,” het Mofokeng gesê.

Die pa is daarna na ʼn nabygeleë kroeg waar hy die kinders se ma met ʼn mes in die bolyf gesteek het. Sy is in die hospitaal opgeneem. Mofokeng kon nie die erns van die ma se beserings bevestig nie. ʼn Motief vir die moorde word nog ondersoek, het hy gesê.

Volgens Mofokeng het die man gevlug en sy liggaam is Donderdagoggend ook in Tembisa aangetref. “In die stadium vermoed ons die man het selfmoord gepleeg. Daar was egter geen ooglopende beserings aan sy liggaam nie, so ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bevestig,” het hy gesê.

In ʼn soortgelyke voorval het ʼn pa van Limpopo, Lesiba Kekana, in November in die hof verskyn nadat hy glo sy vier seuns se kele afgesny het. Die kinders was onderskeidelik 13, 10, 6 en 4 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

trudie bosman ·

Genade wat gaan aan met mans om hul hele familie so uit te wis…

Wilma Human ·

Hoe doen ‘n Pa so iets aan sy kinders? Eerlikwaar ek weet nie hoe mens dit kan reg kry nie. Hoe kan mens jou eie kind se keel afsny?

Cara ·

Shirley, ek stem! Hoe KAN jy jou eie kinders se kele afsny?
Dis onmenslik!!! Ek het nie woorde nie….

Gerrie ·

Dit wil vir my voorkom of die drik in Suid Afrika nie net die wiites vang nie, maar wel die ander volksgroepe ook

anna ·

Daar is geen morele waardes of geen rugraat nie. Geen geloof . Leef in’n donker gat van euwels en die duiwel.

Berhalet Beukes ·

Ek is stomgeslaan… Onmenslik is nie eens naastenby ‘n gepaste beskrywing vir hierdie ding wat ‘n pa genoem word nie…

danellas ·

As die ma in die kroeg was wie was by die 2 en 5 jarige kinders toe die pa by die huis aangekom het? Wat is besig om met ons mensdom te gebeur dat jy al hoe meer lees van hierdie voorvalle? Dit is siek verby.

Peet J ·

Ek het vantevore die opmerking gemaak dat gesinsmoorde besig is om toe te neem maar my kommentaar was afgekeur. Soos dit nou aangaan sal die vrouens maar ligvoets moet begin loop vir hulle mans.

SNEL ·

Ek stem Peet, dis iets wat toeneem na die einde van die jaar toe, maar dis as gevolg van al die finansiële druk op die mense, want oral is afsluitings en n klein geskenkie moet gebring word, en na 5 of 6, 10 klein geskenkies en jou eie gesin se behoeftes met verjaarsdae in Desember en nog Kersgeskenke en met al die eetgoed wat by elke geleentheid van verjaarsdag tot Kerstafel moet wees, plus nog alles wat jy moet koop vir die nuwe skooljaar en en en, dis nimmer eindigend, en dan voel dit of mens die wille woeste vlaktes kan inhol. Ek het al gesê; volgende jaar gee ek nie n sent links en regs uit nie, maar soos ek sê, kom volgende jaar is dit dieselfde storie, want klaspartytjie vir die kinders en hul moet elk n klein geskenkie bring en dan nog vrouebiduur en en en hierdie derm het net nie n end nie. Dit maak mens vies, want sonder dat sulke groepe en mense besef sit hulle druk op mense wat dit nie kan bekostig nie en kan net een so geleentheid die laaste stukkie strooi wees wat die kameel se rug laat knak. Nog n ding is besighede wat mense reg voor Kerstyd afbetaal, praat van geen hart hê nie. Dit moet vreeslik wees en dan is dit nog Kerstyd met kindertjies wat groot oë sit en uitkyk vir geskenkies. Dis regtig vir my vreeslik as ek van plekke hoor wat mense op die einde van die jaar die trekpas gee.
Kersfees, Desember moet n tyd van vreugde en geluk wees, maar wat ons nie besef nie, is dat dit vir ander die swaarste tyd in die jaar is. Dis vreeslik jammer dat daar mense is wat die tyd van die jaar so baie op hul skouers het.

Hoekom die pa dit gedoen het en as sy enigste uitweg gesien het, sal ons nie weet nie, maar pleks hulle vasbyt. Na die reën moet die son weer skyn. Die lewe is maar vol op en afs. Mens se gesin moet tog vir mens die belangrikste wees hier op aarde. Hoe kan iemand sy geliefdes so iets aandoen.

Jacqueline ·

Het nie woorde nie, weet ni hoe kan mens dit oor jouself kry om sulke dinge aan te vang ni.

Jean ·

Ag my hart is seer vir daai kinders man..goeie genade net so voor kersfees…rus in vrede kindertjies in die Here se arms waar niks boos jul ooit weer Sal aanraak nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.