JHB-paaie gesluit vir Amcu-betoging

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Motoriste wat van paaie naby Melrose Arch in Johannesburg gebruik maak, word gewaarsku oor die beplande optog van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) wat Donderdagoggend plaasvind.

Amcu beplan ʼn optog na Lonmin se hoofkantoor in Melrose Arch om ʼn memorandum aan die maatskappy te oorhandig.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê Atholl Oaklandsweg sal tussen 09:00 en 14:00 vir verkeer gesluit wees van die M1-snelweg tot by Kernickweg. “Motoriste kan gebruik maak van Oxfordweg as ʼn alternatiewe roete. Beamptes is ontplooi om die optog dop te hou en verkeer te reguleer,” het Minnaar gesê.

Die vakbond het op 27 Maart na Implats se kantoor in Illovo, Johannesburg, opgeruk om ʼn soortgelyke memorandum te oorhandig. Hulle het Implats tot 5 April kans gegun om op hul eise te reageer.

AMCU se betoging na die parlement sal na verwagting na die Paasnaweek plaasvind, indien daar nie aan die vakbond se eise voldoen word nie.

Amcu-lede in die platinummynbedryf staak al sedert 23 Januarie en eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pop ·

Maak die myne toe!!!!! Iewera moet hierdie unies begin besef hulle breek die besighede wat vir die werkers moet sorg. Nou word almal voorgeskryf deur die unies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.