Jhb-paaie gesluit vir Obama se besoek

Pres. Barack Obama by die gedenkdiens vir Nelson Mandela op 10 Desember 2013 Foto: Alon Skuy, SAPA

Veiligheid is verskerp en paaie rondom Wanderers in Illovo, Johannesburg, is gesluit in voorbereiding vir Barack Obama, die voormalige president van die VSA, se 16de Nelson Mandela-lesing.

Mandela sou Woensdag sy 100ste verjaardag gevier het.

Minstens 15 000 mense het akkreditasie gekry om die lesing by te woon. Dit sluit prominente leiers, presidente, staatshoofde en Afrika-koninklikes in.

Owerhede het motoriste aangeraai om Corletteweg te vermy wat van 04:00 tot 23:00 tussen Ruud- en Ireneweg gesluit gaan wees. Slegs geakkrediteerde voertuie en voetgangers sal naby die stadion toegelaat word.

Polisie- en metropolisiebeampte is na die gebied ontplooi om sekuriteit te verseker.

Obama se lesing gaan oor die vernuwing van Mandela se nalatenskap en om aktiewe burgerskap in ʼn veranderende wêreld te bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

eugene ·

Welkom is SA Mnr Obama
wandel gerus deur ons strate in die aand en neem jou vrou vir ete in Johannesburg se middestad
gaan maak ook n draai by n paar staats instellings en gee bietjie raad
moet ook nie vergeet om n draai in ons mooi platteland te maak nie, ry sommer met n ‘fancy’ kar op die lekker paaie
geniet dit vreeslik en bedank vir ou Nelson soos jy obserweer
groete van die kant solank

Marika ·

Cant we just motivate Obama for President of SA #wishfulthinking

Mariet ·

Hoop hy ontmoet met die tolk wat kan “sign language” praat??

skandelik ·

Janee Kimberly en Hermanus brand maar OBAMA moet beskerm word . oh my word ons land is in sy dinges in.

Neels ·

JHB het niks te doen met Kimerly en Hermanus nie, wil jy dat die TAX payer vir vervoer, behuising, kos ens betaal dat jhb polisie soentoe gaan? of gaan jy dan ook weer moan?

marous ·

Hy kan gerus van CPS se vervoer gebruik maak . Dis baie veilig…

Verstom ·

Hoekom moet ons verkeer ontwrig word …. hy mag miskien iemand gewees het, maar is nou net eintlik ‘n gewone besoeker (toeris).

Johan H. ·

Ja Ja gaan ry bietjie met ons state of the art Choek choek trein en gaan inspekteur daaie ander wat nie eens op ons spore pas nie ,,, Hou egter jou beursie vas,, Groete aan Donald as jy dit terug maak na jou eerste wereld landjie, Baaie,,

Casper Labuschagne ·

My groot kans om ‘n plakkaat rond te dra wat sê, “Gaan weg Obama!”

Joshua ·

Obama het 7 lande vir 8 jaar gebombardeer en hy is n Nobel Vrede ontvanger,- wat n siek grap.

Iemand ·

Josh. In Amerika maak die Senaat en Kongres ook besluite…

Rupert Ashford ·

En hy het sy nobelprys gekry toe hy maar ‘n paar maande in die pos was…toe hy nog net gepraat het en min konstruktief gedoen het.

IK ·

Ek verstaan dat al die strate, Nelson Mandela-drive, Mandela high way, Mandela boulevard, Mandela avenue, Madiba route ens. gesluit is.

555 ·

Net so toegesluit soos wat die ekonomie is!??? Daardie sleutel het iewers weggeraak..dalk gebruik die ANC dit om sy kop te krap….?

Ruby ·

Besoek ‘n paar staatsinstellings Mnr, Obama, dit behoort die korrekte prentjie te skilder,

Die regering gaan jou net wys wat hulle wil hê jy moet sien.

Will ·

Doen ons in die VSA ‘n guns en hou Obummer daar waar hy hoort! Vir 8 jaar het hy rassisme aangeblaas, sosialisme in die VSA bevorder en korrupsie deur vele staatsdepartemente toegelaat. Hoop julle in SA besef ook hoeveel belastingeld sy besoek julle uit due sak gaan jaag!

Welkom Obama! ·

Hy is beslis baie beter as Trump, ongelukkig is daar soveel kwessies waarna gekyk moet word, dat so n mens altyd in n mate verdeeld sal wees.
Wees eerder bekommerd oor veel erger dinge aan die gebeur, as om n besoeker die hand te wys.

Wessel ·

Hy was die swakste Amerikaanse president ooit. Het in sy termyn die staatskuld verdubbel. Nie eens ‘n skaduwee van Trump nie.

Beulah ·

Sjoe. Jy lees seker ‘n fop koerant! Ons bly in die VSA. Mnr. Mnr. Trump is die beste ding wat met die USA gebeur het. Obama die slegste! Wat lees jy?

Lizl ·

Mandela dag … Dis nou die een dag wat ek nie ondersteun nie. Wat maak obama en mandela so besonders?

John ·

…. beter as Trump… te oulik. Miskien moef Obama hier kom help… Luister gerus na sy toespraak en jy sal sien hoe hy dink: Vlamme aanblaas, meer imnigrante nooi, chaos bewerk… Besing die man en bly lekker in die’ lieflike land met die wete dat jy dit vir reg en geregtigheid doen…. Breek sommer vandag jou veiligheidsheining af en stop die sekuriteitsdienste.

MJ ·

Hoeveel van die mooi woorde en idees wat ge-uiter gaan word, gaan actually realiseer vir die wat op grondvlak lewe…

Magaretha van heerden ·

Wat makeer SA? Kyk hulle nie na wat aangaan in die wereld nie. Dan sal hulle weet wie en wat Obummer is en hy sal die laaste een wees wat genooi word vir enigiets. Hy maak groot geld uit sy “speeches” Hy was onder vals voorwendsels gekies as USA president Hy is nie n Amerikaner nie. Was als Soros se werk. Die new World order! Hy staan bekend as die swakste president ooit in USA en ek dink in die wereld. Hy is n klein entjie weg van die tronkdeure Trump se admin gaan hom nog heeltemal ontbloot. Maarnou ja elkeen moet maar vir homself besluit.

Lena Jonk ·

Stem saam met jou Josua, wat kan hy SA leer het Amerika in die afgrond bestuur. Wakker loop daar.

Christine ·

Kan net bylas!! dis nou een grote challenge vir wie ookal, kom ons kyk of sy bagasie saam hom terug gaan soos wat gebeur het met baie ander toeriste.

Josua Keys ·

Die Obamas is almal deel van die nuwe wereld orde, skrik wakker mense die tipe mense is daaruit om gaos te saai waar hulle kom met hul mooi woordjies en lesings, hulle doel is om rasse spanning te verskerp tussen mense deurdat hulle mense wil laat verstaan dat die een ras(Swartmense)altyd aan die kortste end getrek het as die ander ras (witmense) hulle gebruik mooi gepolitiseerde skrywes om mense op te sweep teenoor mekaar, daar is tot kerke wat “peoples pleasers” geword het en nie “GOD pleasers” nie die skrif so verdraai om mense te oortuig dat hulle reg is, daar is net een weg na onse Vader en vrede nie verskillende weë soos hulle wil voorgee nie. Gaan kyk gerus op youtube en doen ondersoek want solank diè mense as afgode beskou word sal daar geen vrede in enige land waar hulle aan wal kom wees nie. Hulle spreek ‘n valse professie teenoor mense uit en en plaas vals hoop onder gemeenskappe juis om verdeeltheid te veroorsaak, die wat nie daarop voorbery is nie val dan in hul strik. Dit is die doel van die antichrist(Nuwe wereld orde) om te keer dat mense versoen word om saam aan tafel te sit om oplossings te vind vir vrede hulle haat dit want dan verloor hulle beheer. Is Suid Afrika nie kenmerkende voorbeeld hiervan nie????? Wees gewaarsku!!!!!

Leon ·

Berry het sy bes probeer om aan Amerika te doen wat die ANC aan SA gedoen het. Hy kom kyk maar net hoe Amerika sou gelyk het as hy suksesvol was; sosialisme, met net so paar gelukkiges in die top, wanorde, geweld (veral tussen rasse), armmoede en ‘n voorheen suksesvolle land totaal verval.

Lena Jonk ·

Stem saam met jou Josua, wat kan hy SA leer het Amerika in die afgrond bestuur. Wakker loop daar.

Waarheid ·

Will en Beulah dankie vir waarheid.
Sterkte vorentoe. Hier is minderheid geseën met
oorerflikheids sindroom genaamd, DIKVELLIGHEID
is voorwaar redding in menige gevalle en NOODSAAKLIKHEID vir OORLEWING.

Tokkolos ·

Hoop hy weet van ubber Genugtig nou moet daar mense ingevoer word om verder aanhitsing te kom bevorder Nee hoor????

Nel ·

Gaan wys hom sommer ook die Witkruismonument by Ysterberg en vertel hoekom daar so baie wit kruise staan.

Wiehan ·

Sien Obama het met sy toes praat SA gelukgewens met die “progress” wat SA sedert 94 gemaak het. Hy moet in sy land gaan kyk wat progress is. Dis wat Trump in 18 maande reg gekry het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.