Die Johannesburgse metropolisie het Donderdag ʼn beroep op motoriste gedoen om die R554 naby Eikenhof, suid van Johannesburg, te vermy.
Inwoners van Eikenhof het vroegoggend ʼn gedeelte van die pad versper en klippe na verbygaande motors gegooi.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, die metropolisie se woordvoerder, het gesê inwoners is ongelukkig nadat twee onwettige plakkershutte Dinsdag in die omgewing gesloop is.
“Motoriste word versoek om die Goue Hoofweg as ʼn alternatiewe roete te gebruik.”
Die ANC het hulle geleer om soos barbare aan te gaan hulle moet hulle net goed foeter en sleit hulle toe dit is om dat daar net ge amen word en gelos word