Jhb-peuter onthou niks van hondeaanval

Desjuane Farmer. Foto: Verskaf

Desjuane Farmer. Foto: Verskaf

Desjuane Farmer, die peuter van Alberton wat twee maande terug om haar lewe moes veg nadat haar gesig en kopvel deur ʼn hond verskeur is, kan niks van die traumatiese gebeurtenis onthou nie.

Desjuane, wat ten tyde van die voorval net 17 maande oud was, het sedertdien goed aangesterk en is volgens haar ma, Hilda Sage, haar ou self. “Sy is nie eens bang vir honde nie. Sy kan die voorval glad nie onthou nie,” het sy gesê. “Ek dink dit is dalk ook omdat sy nie die hond sien kom het nie, want hy het haar van agter af gegryp. Maar sy is weer die vriendelike dogtertjie wat sy altyd was.”

Maroela Media het vroeër berig Desjuane was op 9 Desember saam met haar ma en pa, Rodney Farmer, by Hilda se werkgewer se huis toe die werkgewer se kettingboel (bull mastiff) ʼn hek oopgestoot en haar gegryp het. Desjuane was weke lank in die waakeenheid van die Netcare Clinton-hospitaal en het talle bytmerke aan haar kop en gesig opgedoen. Sy het ook frakture in haar gesig opgedoen en haar regteroog is erg beskadig toe een van die hond se tande ʼn gat daarin gemaak het.

Hilda het Dinsdag gesê Desjuane se sig in die oog is ernstig aangetas, aangesien die oog se lens heeltemal geskeur het. “Sy sal vanmiddag ʼn oftalmoloog sien wat binnekort vir haar ʼn lens sal inplant om die oog te herstel,” het sy gesê. “Ons wag net dat die ogie eers bietjie voller word, want hy is nou nog baie kleiner as haar ander oog weens die besering.”

Daar is gelukkig geen sprake van veloorplantings nie, aangesien die bytmerke aan haar gesiggie bo verwagting goed herstel het.

“Ons is so verlig wanneer ons oor hierdie hele ding terugdink. Ek wens nogal dit kan nou verby wees, maar ons is so dankbaar dat sy so goed herstel het. Dit is regtig ʼn wonderwerk. Ons kan net dankie sê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trudie Erasmus ·

So dankbaar sy het so mooi reggekom en dat dit nie ‘n sielkundige letsel gelaat het nie. Vertrou nou net dat die merkie in die gesiggie heeltemaal weg sal gaan. Pragtige ou mensie.

Eliza-beth ·

Liewe kleinding, ek is so bly alles gaan goed met jou! Hoop alles herstel perfek in jou gesiggie en ja, honde is ons beste vriende; soms is daar net tipes wat nie vry moet rondloop of wat geterg is en dan verkeerd reageer, so ek is bly jy hou steeds van honde. Alles van die beste vir jou meisiekindjie!

Nina ·

Ag, poppie! Ek is saam jou ouers dankbaar, VERAL omdat jy nie kan onthou nie en ook nie bang is vir honde nie. Dis wonderlik. Mag jy baie vinnig genees van alle letsels…x

Gismo ·

My seuntjie was so 4jaar terug lelik geby to deur Boerboel. Sy neusie was af en alles in sy gesiggie is geheg met omtrent 87 stekies. Sy letsels is minimal, en so ook het hy geen emosionele letsels oorgehou nie en is vandag nog baie lief vir honde. Ek wil iets deel – daar is ‘n salf wat die Plastiese Chirurg vir my destyds aanbeveel het wat ek moet aansmeer daagliks, Dermastine. Dit is WONDERBAARLIK! dis die beste salf denkbaar. Ek beveel daai salf aan vir enige letsels veral aan die gesig. Probeer dit gerus, binne weke sal jul die resultate sien. Hou maar ook die gesiggie uit die son, die merkies brand rooi in die son. Sterkte vorentoe !

bernadette human ·

So bly syt so mooi herstel . Jys so mooi poppie .

Gesiggie ·

Dit is wonderlikke nuus”’ so bly vir Mamma en Pappa dat als goed uitwerk vir jou… meskien is dit beter dat sy nie onthou, want kan dalk n vrees vir honde ontwikkel… Sy het so n mooi gesiggie, en glo na al die behandeling verby is: sy weer soos n nuwe engeltjie gaan lyk… Sterkte aan Mamma en Pappa wat deur als moet gaan… Byt vas amper daar…

Gerda ·

So bly sy het so mooi herstel. Sterkte vir mamma en pappa, pas haar soos goud op

Louise ·

Dan se mense wonderwerke bestaan nie.
Wat noem hulle die?
Baie bly om te sien die meisietjie het so wonderlik herstel, sterkte aan die familie.
God is Groot.

Maryna ·

Sy is ‘n pragtige dogtertjie! So bly dit gaan so goed met haar. God is good all the time!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.