Jhb-peuter veg om lewe na honde-aanval

WAARSKUWING: ‘n Foto in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Desjuane Farmer. Foto: Verskaf

Desjuane Farmer. Foto: Verskaf

ʼn Dogtertjie van 17 maande van Alberton veg om haar lewe nadat haar gesig en kopvel Woensdag deur ʼn hond verskeur is.

Desjuane was glo saam met haar ma, Hilda Sage en pa, Rodney Farmer, by Hilda se werkgewer se huis toe die voorval plaasgevind het.

Mercia Farmer, Desjuane se ouma, het aan Maroela Media gesê die gesin het ʼn jaareindfunksie by die huis bygewoon en die kettingboel (bull mastiff) is buite die huis toegemaak sodat hy nie naby die gaste kon kom nie.

“Hy het op die een of ander manier die deur oopgestoot en in die huis in gestorm, reguit op Desjuane af. Sy het met haar rug na hom toe gestaan en hy het van agter af op haar gespring en haar grond toe gepluk,” het sy gesê.

Die volwassenes het so vinnig as moontlik die hond van Desjuane afgeruk, maar nie voordat hy haar klaar erg gebyt het nie. “Hulle het dadelik met haar hospitaal toe gejaag en sy moes gisteraand ʼn noodoperasie ondergaan om die ergste oop wonde te heg,” het Mercia gesê.

Desjuane Farmer in die hospitaal nadat 'n hond haar gebyt het. Foto: Verskaf

Desjuane Farmer in die hospitaal nadat ‘n hond haar gebyt het. Foto: Verskaf

Desjuane is tans onder verdowing in die pediatriese waakeenheid van die Netcare Clinton hospitaal. “Sy sal ten minste nog 10 tot 14 dae onder verdowing gehou word, want sy het geweldige pyn. Behalwe vir die talle bytmerke aan haar kop en gesig, het sy ook frakture in haar gesig opgedoen en haar traankliere is beskadig,” het sy gesê.

“Die dokters verwag hulle sal moontlik plate in haar gesiggie moet sit en nog verskeie operasies moet doen om haar wonde te heg. Sy sal ook waarskynlik in die toekoms rekonstruktiewe chirurgie moet ondergaan.”

Die hond is intussen van kant gemaak, het sy gesê.

Volgens Mercia gaan die familie deur ʼn baie moeilike tyd, maar probeer hulle om ter wille van Desjuane sterk te wees. “Dit is nou net in God se hande. Ons probeer maar rustig bly, maar met tye voel dit asof jy net uitmekaar val. Ons kan nou net bid,” het sy in trane gesê.

Desjuane het nie ʼn mediese fonds nie en na raming sal haar mediese onkostes meer as ʼn halfmiljoenrand beloop. Die gesin het bankbesonderhede verskaf waar donasies vir haar mediese onkostes inbetaal kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Melkies ·

So jammer vir die familie en kleine lyfie.
Die werkgewer moet bydra tot haar mediese onkostes.

Schalk ·

Tragies! Ek is nie tengunste van diere uitsit na aanvalle nie, maar in hierdie geval sou ek dit persoonlik gedoen het.

Christo ·

Die VADER weet daai hond sou nie lank genoeg gelwe het om nog n asem te vat nie, Die arme kindjie!! My hart bloei vir haar.

Boetman ·

Is jammer Netcare kan dit nie oor hul hart kry om simpatie met hul kliente te he nie. Die grootste gedeelte van die mediese kostes is hospitaal verblyf wat niks met mediese behandeling te doen het nie. Ook moet mens in gedagte hou dat die maatskappy se Besturende Direkteur laasjaar sowat een en ‘n kwart miljoen per maand verdien het – geld van mense in nood.

Paul ·

Stig dan ‘n ander hospitaal wat mense vir goedkoper behandel?

Poplap ·

Jou kommentaar is uiters onbenullig. Weet jy ooit of die ouers behoeftig is en of hulle ooit Netcare genader het vir hulp.

tamboti ·

Vervlakste hond, hy moet daar wees vir inbrekers en nou val hy die klein hulpelose kindjie aan. Dit wys net dat dierlike instink ontembaar is. Honde en wilde diere is net so gevaarlik soos swembaddens!
Ouers pas jul kinders op asof daar leeus en aasvoels om elke draai is!

Paul ·

So al die miljoene kinders wat elke dag met honde speel en niks oorkom nie, tel vir niks?

Daan ·

tamboti duidelik kan jy een en een by mekaar tel nie. dit is nie altyd die dier se skuld nie .

Willie ·

Kyk, my hart bloei vir die arme dogtertjie…wragtig….ek kry haar so jammer. Ek sal vir haar bid en ek glo ons Hemelse Vader is heeltyd by haar.
EK wil net egter iets oor die hond se…ek sien hoe mense hom wil dood wurg en versmoor en alsulke dinge, en ek kan dit verstaan,sowaar ek kan. Ek wil egter in die geval se ‘n mens kyk na die “Root Cause” vir hierdie tragedie….verstaan my mooi asseblief, ek wil nie die hond verontskuldig of aargeloos teenoor die kind staan nie. Ek se egter, so ‘n gevaarlike hond is waarskynlik nodig as’n waghond,en die elkeen se reg om so ‘n hond te he. Kom ons kyk egter waar die verantwoordelikheid le……By die Eienaar! Wanneer ‘n mens ‘n funksie by jou plek het moet jy sekermaak dat so ‘n hond nder GEEN omstandigdhede kan uitkom of in kontak met die gaste kom nie…PUNT. Dar is maar GEEN verskoning vir so’n hond om uit te kom nie,JY SLUIT VIR HOM TOE en maak seker dat hy en die gaste GEENSINS met mekaar kontak kan kry nie. In hierdie geval sal ek die eienaar 100% verantwoordelik hou. Regtens is hy aanspreeklik,ook vir mediese kostes en trauma behandeling vir die kind en haar ouers, ek sal hom ook verantwoordelik hou vir alle trauma berading wat die dogtertjie moet kry tot selfs die sielkundige letsels van hierdie aanval genees is. Die ouers moet onmiddelik ‘n regsverteenwoordiger kry om onmiddelik te begin met regs aksie teen die eienaar. Hulle is dit aan die dogtertjie verskuldig. As mens ‘n gevaarlike wapen of dier besit moet jy verantwoordelik optree en jy is regtens verantwoordbaar…finis en klaar!!
Ek sou elk geval verwag dat hy in hierdie geval reeds na vore moes getree het en seker maak dat sy die BESTE behandeling ontvang.
Die van ons wat die hond so vloek en slegse, fokus jul agressie op die eienaar…hy is verantwoordelik….uit uit
Groete
Willie

Elinette ·

Jy slaan die spyker op die kop, Willie! My hart bloei vir die arme mensie en ek is seker ek is een van baie wat vir haar volkome herstel sal bid … Sterkte aan haar ouers en ander gesinslede.

Maar, aan die anderkant van die munt: hoekom die hond uitsit (en is dit op ‘n menslike manier gedoen, deur ‘n veearts, of het iemand die hond sommer maar met ‘n koeël deur die kop die ewigheid ingestuur?).

Het die hond al vantevore mense of kinders aangeval? En kettingboele IS aggressief en baie beskermend teenoor hul eiendom en gesinslede. Hulle val enige iets aan wat hulle op enige spesifieke oomblik as ‘n sneller ervaar. Die hond was waarskynlik nie kinders gewoond nie en om die hond ook maar net so-so (klink dit my) toe te maak, is nie genoeg nie. ‘n Mens kry ‘n hond soos ‘n kettingboel of Boerboel juis vanweë hul mate van aggressie en hoë beskermingsinstink.

Ek stem, dit is die eienaar se reg om ‘n hond van so ‘n aard op sy/haar erf te hê, maar as daar dan mense is, moes die regte en genoegsame voorsorgmaatreëls geneem wees om die hond en gaste te skei. Ek dink nie daar kan sommer geëis word dat die eienaar aanspreeklikheid moet neem vir die voorval nie, maar uit ordentlikheidshalwe sou ek – as dit my hond was – aanbied om met die mediese onkoste te help en die gesin andersyds emosioneel te ondersteun. En ek sou nie toelaat dat my hond van kant gemaak word nie.

Monique ·

Ek stem saam met Willie. Die eienaar van die hond het sekerlik versekering met aanspreeklikheid daarby?

Ek sou ‘n aanspreeklikheidseis teen hulle ingedien het.

So iets hoef nie vriendskappe te ruineer nie, maar die eienaar van die hond moet tog besef dat dit nalatig was hulle en dan iets soos versekering die gesin se las (aldan net medies) baie ligter kan maak.

Daar kan ook moontlik in die toekoms gevolglike skade wees aan haar sintuie of wat nog wat nog ekstra geld uit die gesin se sakke sal jaag.

Schalk ·

Een van die redes hoekom mense vandag sulke diere aanhou is vir veiligheid. Ons lees nerens hoe skoon sy bloedlyn was nie. Hoe kwaaier die hond, hoe meer gepas. Ek sien te veel mense wat honde aanskaf met een doel voor oe, hy moet opvreet.
En vreet hy dan iemand op, word hy uitgesit. Daar is net te veel backyard teelers. En ek bid en glo die kind sal tenvolle herstel hierna. Dat die eienaar van die hond moet pa staan, is n feit.

Suz ·

So hartseer om hiervan te lees… baie sterkte aan ouers en kleinding!

Werkgewer sal moet instaan vir mediese uitgawes!

Dot McKenzie ·

Ek stem – sy huis, sy hond. Moet definitief bydra.

JaNee ·

So verskriklik tragies. Die werkgewer sal mediese kostes moet dra.

Phyllis ·

Ek stem volkome saam. Die werkgewer het seker besigheidsversekering of persoonlike dekking. Die gesin moet ontspan. Die werkgewer moet betaal.

Mariana Kriel ·

Gewoonlik wanneer mens geboue versekering het, is daar ‘n polis ingesluit vir beserings wat op jou perseel opgedoen word. Die werkgewer moet sy/haar versekering kontak, dalk kan daar ‘n eis ingestel word. Sterkte vir beide families

Rene ·

Tamboti dis juis hoekom honde aanval, hulle is NIE net daar vir inbrekers nie hoe belaglik! Honde is deel van jou gesin. Die probleem le gewoonlik aan die anderkant van die leiband. Baie hartseer vir almal ook die arme hond.

Suzy ·

Ag shame dis baie hartseer voel so jammer vir die pragtige ou dingetjie sy is so mooi . Bly die hond is uitgesit .
Baie sterkte aan die klyn mensie en haar ouers.

Inge ·

Nee, nee, nee!! Hoekom moet so iets met so pragtige klein dingetjie gebeur? My hart is in stukke, ek is ‘n mamma van ‘n 1 jarige en as so iets met hom moes gebeur….. ek weet nie of ek dit sou maak nie! Ek is so jammer dat dit met haar gebeur, sterkte aan die familie.

Genis ·

Jammer dat die kind en dier moes betaal vir volwassenes se onverantwoordelikheid en partytjie lus. Nou moet almal sommer betaal in die vorm van donasies.

Se maar net ·

So leer ons almal dat alhoewel medies baie duur is, dit tog belangrik is om te he ( selfs net ‘n hospitaal plan ). Maar, nou is nie die tyd vir oordeel nie – die mense het ons hulp nodig en elke sent maak ‘n verskil. Ek sal met liefde skenk omdat ek ook weet hoe dit voel as jou kind moet hospitaal toe en jou nuwe medies het nog nie ingeskop nie. Ek is wel gelukkig genoeg om ouers te he wat in ‘n posisie was om al die onkostes van ‘n privaat hospitaal te dra. Daai gevoel as jy besef jou kind moet hospitaal toe en jy het nie geld nie is afgryslik – want in ‘n staats hospitaal sal jou kind dood gaan !

Genis ·

Nee ek bedoel ons almal moet nou help, ons mag nie wegkyk nie. Die hospitaal mag haar nie oorplaas nie, maar die ouers gaan met ‘n enorme skuldlas sit. So tragies en voorkombaar, dis om van te huil.

Ruby ·

Genis, ek stem nie saam met jou kommentaar. Dink jy regtig die ouers en die werkgewer se “partytjie lus” het dit veroorsaak, sies man.

Ek het ook funksies by my huis maar sorg dat my honde nie naby my gaste kan kom nie.

Ek glo dit was die regte ding om te doen om die dier uit te sit, maar kan myself net indink dat dit net so traumaties vir die werkgewer moet wees. Sy geliefde dier is dood en sy werknemer se dogtertjie is verskeur.

Die dogtertjie is pragtig verby, ek is so jammer wat met haar gebeur het en wens ek kon tyd terug draai. Ek bid vir jou volkome herstel vir klein Desjuane.

Sterkte aan almal betrokke veral die ouers, my hart gaan uit na julle.

tamboti ·

Genis my vriend hoekom moet jy nou die mense beskuldig dat hul onverantwoord was en partytjie lustig is, dit was ‘n jaareind funksie en hoe is dit verkeerd om vrolik te wees.

Morné ·

As die persoon by wie se huis dit gebeur het huis inhoud of geboue versekering by n goeie versekerings maatskappy het dan kan die ouers van die klein kindjie onder hulle persoonlike aanspreeklikheid eis van die versekerings maatskappy. Sterkte aan die kindjie en hoop en bid alles sal beter word

Lindie ·

My meisiekind is laas jaar gebyt deur ‘n boerbul van agteraf net onder die been, die vrou moes al die onkostes dek. In die geval moet die werkgewer al die kostes dek en nie die ouers nie.
My hart is baie seer vir die familie en ons kan net bid en vertrou die Here se hand van genesing en kalmte oor die familie en die mooi poppie.

pop ·

My hart bloei vir die mense. Aan die ander kant gaan daar nou weer seker n heksejag wees op stomme diere. Want dis wat hulle is, stom.

Danie ·

Is regtig jammer. Die hond het op sy instink en opleiding reageer. Dit is nie verniet dat die eienaar hom eers probeer toesluit het nie.
Ek sou self ook die hond uitgesit het.
Sterkte vir die ouers en kleinding. Hulle het nog ‘n lang moeilike pad voor.

Elmarie ·

Ekself het vier jaar gelde deurgeloop. Ons het ‘n pakkie by mense gaan oplaai. Hulle boerboel het, sonder rede, opgespring en my in die gesig gebyt. Rekonstruktiewe chirurgie en duisende rande later, loop ek steeds met letsels. Die emosionels letsels is die heel ergste. Ek is ‘n vrou van ouer as 50 en het nou allerhande angste en vrese. Wat doen so-iets nie aan ‘n kind nie?

Annelie ·

My hart is stukkend vir die ouers. My dogtertjie is 18 maande. Kan nie eers dink waardeer hulle gaan nie. Sterkte vir hierdie pragtige lyfie en ouers.

ansie ·

hulle moet eis by werkgewer se versekering ALLE RISIKO werkgewer kan daar verseker wees vir miljoene …geen gelde hoef dan so bymekaar gemaak te word nie… enige normale polis het die versekering by …vind asseblief uit oor dit.

Monique ·

Dit sal onder Aanspreeklikheid val en nie Alle Risiko nie.

Andre ·

My dogtertjie is Sondag oggend in haar gesig gebyt deur ons Jack Russel , gelukkig nie so erg nie. My hart bloei vir die gesin ek kan net dink wat hulle deurmaak. Die skok is die ergste. Ek praat nie van wat met die hond gebeur het daarna nie. Ek hou julle in my gebede en mag God se hand van genesing oor haar wees.

Gee ·

Dis vreeslik sterkte aan die familie en die kleine poppie, die hond is duidelik nie geleer om naby mense te wees nie, ek se glad nie wat die hond gedoen het is reg nie maar ek sukkel om te verstaan hoekom die hond net so iets sal doen, honde is so afhanklik vang hul base… die mens moet hul mooi leer, net soos die hond gestraf word so ook moet sy base gestraf word!!

Elinette ·

Victoria, I am not sure whether your question is of concern or plain cocky. The dog bit the little girl because he could access her, she is small and defenceless and he saw her as an intruder on his property. Vicious dog races like bull terriers, pit bulls and even your ordinary, cute little Jack Russell or Maltese will react snappy, quickly and can do a lot of harm before any one can lift a finger.

Mattie ·

Dit is hartseer dat hulle die woef moes van kant maak. Ek wou n donasie gee tot ek gelees het van die woef. Jammer. So onnodig.

Jacky ·

Mattie, hou jou geld, ek hoop dit hou jou rustig in die aand wanneer jy gaan slaap. Daai kleine lyfie sal veg vir haar lewe met of sonder jou geld!

Honde het ‘n “price tag” mense lewe nie….

??? ·

Dis nie die kind wat die besluit gemaak het om die hond te laat uit sit nie. Help as jy kan want sy het dit baie nodig

SkarrelKind ·

Ek stem ook nie noodwendig saam met Mattie nie – maar julle oordeel haar besluit en dis nie vir julle om haar te oordeel nie. Of julle met haar saamstem of nie. Sy het nie die kind gebyt nie – dis haar reg om geld te skenk of nie.

Johan Fourie ·

Agenee man so hardseer, so pragtige kind.Ek self 4 honde om my en my gesin te beskerem teen die elemente daar buit,maar hulle weet wie is baas met alle respek en liefte vir mekaar. hulle is ook soos my kinners, daai hond is net vir een rede daar,En dit is wragtig nie vir liefte nie,dit moes in die eerste plek nie ge beer het nie. Baie dom van die werkgewer ,net om dat hy nie veder as 10 ge dink het nie.Sterkte aan ouer en klien Desjuane.

Gideon ·

Daardie hond is skuldig!! Daar word ‘n klein kindjie van agter af aangeval en verskeur!! Hoekom bespring hy nie een van die groot mense as hy dan so graag wil beskerm nie! My skoonma is baie jare gelede aan haar arm gebyt deur een van daardie honde, en ek kan vir julle sê as daar 100 honde in die omgewing is dan is almal altyd om haar en sy is so lief vir hulle. Sommige honde is net te gevaarlik!

emma ·

Hierdie is n tragiese voorval. Ek weet mediese fondse is duur maar ek kon nog nooit verstaan hoe kan ouers n spesiale mensie in die lewe bring sonder mediese dekking nie? Die dag toe ons besluit het om met n gesin te begin was medies een van ons eerste prioriteite.Jy is dit net eenvoudig verskuldig aan jou kind as jy enigsins beplan om n baba te kry of is ek nou so verkeerd? Enigiets kan skeefloop en wat dan? Dan moet jy vir ander vra v donasies.Groot nee nee.

joanne ·

Ek is bly jy kan medies bekostig miskien Moet jy eers navraag gedoen het of die mense dit kon bekostig het. My meisiekind is in Maar hierdie haar ook dwur n Bullmastif verskeur hulle het haar ookveer privaat hospitaal toe gejaag Life Hospitaal wou R21000.00 vooruit he voordat enigiets verder aan my kind doen ons moes haar oorplaas na n staats instellinv want nie ek of die Eienaar het daardie soort geld nie. Asseblief DINK Mooi voor julle stellings maak want julle weet nie wat is mense se omstandighede nie. En jy as diereliefhebber ons het ook diere gehad maar jy sing n ander deuntjie as dit jou kind oorkom DINK boordat julle praat.

Eish!! ·

Emma ek kan sommer nou al die negatiewe reaksies sien maar ek stem saam met jou. Ons het so rukkie terug finansieel uiters moeilike tyd deurgegaan maar ons was nie een dag sonder medies of versekering nie. Ons het drasties gesny aan die Versekering waar ons kon en die beste moontlike pakket uitgeneem maar sonder ENIGE dekking – NOOIT!! Ons het genoeg probleme gehad op daardie stadium, kon nie nog so iets ook oorkom en nie weet waar die geld gaan vandaan kom nie. Duidelik werk die mense (werkspartytjie) maar vandag se jong mense dink nie hulle het dit nodig nie?? As jy nie die Medies kan bekostig nie, moet asseblief nie kinders he totdat jul finansieel daartoe in staat is nie.

Carina ·

Sterkte vir die gesin…..Ons het 2 kinders en het ook nog nooit mediese fonsde gehad nie..Nie almal het die geld om mediese fondse te bekostig nie..Medies of nie…Kinders is deel van ons lewens…Ek hoop dat hulle al die nodige vondse sal kry om vir haar behandelongs betaal..

Riëtte ·

Hulle sê dis ‘n bullmastif hond??Ons gesin en familie het al vir meer as 40jr bullmastifs,nog nooit en ek se dit weer nog nooit het een van ons honde enige persoon / kuiergas aangeval nie,hulle is veral liefdevol met kinders,wat my wel ontstel is dat mense deesdae soveel honde rasse met mekaar teel en dit veroorsaak vreemde gedrag van die diere.
Baie baie sterkte aan die gesin,ek hoop en glo dat jul poppie volkome sal herstel xxx

SkarrelKind ·

Riëtte – ek stem saam met jou. Ek het al vir 30 jaar staffies en hulle ook nog nooit so iets gedoen nie. My out teef het al na ‘n kind gehap wat haar stert bly trek en nadat ek herhaaldelik die ouers gewaarsku. So daar het ek nie simpatie gehad nie.

Dis gaan alles oor hoe mens honde groot maak. Hulle moet eerde binne toegelaat word en deel van die “pak” wees aw wat hulle heeltyd buite is. As mens hulel interaksie toelaat en hulle laat verstaan dis ‘n voorreg om in tekom en dat mens die pakleier is, het mens nie sulke probleme nie. google Pam Whyte. Eksentrieke ou dame wat wonders verrig met ombeskofte honde.

ME ·

Riëtte daar stem ek 100% saam jou. Ek het Bullmastiffs en het voorheen met hulle geteel. Mense verwar Bullmastiffs met Boerboele.

Judy-Anne ·

Neeeeeeeeeeee dit is vreeslik, my ouma is so aangeval en letterlik is haar kopvel “afgeëet” deur jong boerboel reun!!! Hond is uitgesit was by familie se huis , hulle het niks by gedra tot enige iets. Dokters by faerie Glen mediese doktors spreekamer was dadelik bereid om te help nadat hospitaal geweier het want hulle medies vereis R100 admittance fee!!! R100!!!! HULLE was bereid om ou tannie van 70 en haar man weg te wys want my oupa het nie dadelik geld gehad nie. Weet julle hoe het sy gelyk! Dit het haar tenminste 10 jaar ouer gemaak. Dit was vreeslik erg. Sy moes sonder enige verdowing 172 steke kry en sy het nie tydens dit een traan gestort nie ,ek het by haar in dokt se spreekamer gesit, Oupa was te geskok.Sy slaap van toe af so 7 jaar terug nog nooit een nag deur nie. Sy skryf briewe vir God en smeek vir die pyn om weg te gaan. Baie sterkte. Bitter hartseer.

Francis ·

Eks ni snaaks ni maar die persoon wie se hond dit is is verondrstel om die hospitable te betaal nie die ouers nie want dis die eienaar se verantwoordelikheid gewees om seker te Maak die hond kom glad ni by die haste ni

Johann ·

My klein engel ons bid vir vinnige herstel en moet jou nie bekommer oor enige mediese of ander uitgawes rondom die voorval nie, pappa se werkgewer moet alle uitgawe ten volle betaal, tot verblyf vir pappa en mamma naby die hospitaal ens, ens. Mnr vir u wil ek se dis uiters nalatig van u om nie toe te gesien het dat enige besering by u afskeid party sou plaasvind nie

johan ·

Dit is die eienaar van die hond se skuld. Hy moet aanspreeklik gehou word vir alle mediese uitgawes.

Amarisse ·

Ag Gideon… Waaraan is die hond skuldig?! Dat hy op sy instink reageer het? Diere kan nie dink of redeneer nie, hallo? Hy is waarskynlik opgelei om aan te val.. Hoe moet hy onderskei tussen wie hy mag aanval en wie nie? As hy nie was nie sou sy eienaar hom nie moes toemaak nie. Dink asb bietjie. Hoohaaa die hond is SKULDIG kom ons verhoor hom. Die eienaar het sy hond verkeerd hanteer. Dis net so goed jy vind leeu skuldig oor hy iets aanval, honde is diere. Baie sterkte aan die familie en jammer oor die aaklige gebeurtenis. Ek sal self bydra tot haar mediese koste as ek kan.

Genis ·

Ek oordeel nie en hoop almal wat iets kan bydra maak onmiddelik so. Ons moet help en mag nie wegkyk nie. Die privaat hospitaal mag haar nie oorplaas terwyl sy om haar lewe veg nie. Die ouers se skuldlas gaan wel enorm wees en ons moet alles in ons vermoë doen om hulle by te staan en te help.

Merrilynn ·

So die eienaar van die hond het die insig gehad om die hond weg van sy gaste toe te sluit, maar maak nie seker die deur wat na die hond lei is gesluit is nie? Seker net ‘n fout, maar ‘n onverskillige fout! Arme mensie. Ek hoop die hond se eienaars doen die regte ding en dek haar mediese onkostes. Of haar ouers medies gehad het of nie, die onkostes agv hierdie ongelukkige voorval is die eienaars van die hond se verantwoordelikheid.

Raquel ·

Ek moet se ek was stukkend toe ek die berig lees. Ek self is bitter lief vir diere maar liewer vir my kind. As dit my kind was sou ek daardie hond met my twee hande vermorsel. Almal behoort te weet as n hond so iets een keer gedoen het sal hy dit weer doen. Ja dis reg nie almal het die geld vir medies nie. Ons basiese plan op discovery vir my my man en ons kind was byna R3000 toe ons nog in SA was. Dalk kan die werkgewer by sy huishoudelike versekering uitvind oor die voorval. Sommige assuransies sal die onkostes dek op so voorval as dit in die huis gebeur het. Iemand wat ons ken se hond het ook een dag iemand n hap op die boud gegee en hul versekering het die mediese onkostes ensovoort betaal.

My hart is stukkend vir die pragtige lyfie wat deur die wrede gebeurtenis moes gaan. Ek bid vir julle dat God julle sal omvou in sy beskermhand en julle sal dra. Ek bid ook vir die werkgewer die eienaar van die huis en hond waar die voorval plaasgevind het. Ek kan nie eens dink hoe julle moet voel na die gebeurtenis nie. Mag die Here met julle wees.

Anne-Marie ·

Julle mense wat mekaar aanval oor julle opinies verskil, is uiters pateties…sies! As jy nié wil bydra nie, hou jou geld….hou jou oordeel vir jouself. Ek is seker die ouers voel sleg genoeg oor die aanval en die ontwykende fondse om daarvoor te betaal. Ek stem saam dat mens nie sonder dekking kan gaan nie, maar ons ken nie hierdie mense se omstandighede nie. Dink aan hulle en simpatiseer en hou die kritiek vir die simpel regering

Amarisse ·

Ek stem heeltemal saam Joanne. Die hond was aggressief en sou dit weer doen. Hy moes uitgesit word, wat reg is onder omstandighede. Ek kan nie eers dink hoe dit moet wees om dit met jou kind te sien gebeur nie. Maar mense moet ophou om diere aan te hou vir verkeerde redes. Hulle is nie daar vir jou sekuriteit nie. Kry alarm of ADT. As jy honde kry wat so aggressief is gaan iemand seerkry. In hierdie geval ‘n onskuldige kind. ‘n Mens moet altyd onthou dat diere nie kan redeneer nie en dat hulle op instink reageer en baie keer doen wat hulle geleer is. Dis mense se fout.

Erns ·

Dit is met afgryse dat ek van die kommentaar hier en op die Facebook blad lees. Daardie kind, die ouers en selfs die eienaar van die hond gaan nou deur ‘n baie moeilike tyd en al wat sommige mense kan doen is om soos ‘almagtige beoordelende keyboard warriors’ hulle onoordeelkundige snert uit te blaker! Hoop Maroela media hou ons op hoogte, as daar ‘n fonds gestig is sal ek met liefde bydrae. Vir die res, loop kry ‘n kramp, of gaan gee eerder jou eie kinders, of vrou (man) ‘n drukkie. Die lewe is kort… tyd en lotgeval tref ons almal… of dit nou wie ookal se skuld is.

SNEL ·

Dis vreeslik dat die ou pragtige dogtertjie se gesiggie nou so lelik verskeur is, maar pleks en as ons maar, is nou klaar verby, wat nou op hande is is al wat daarmee is om mee te werk. Hoop iewers kan; soos hulle hier bo noem, n versekering of iets help met die mediese uitgawes. Dit sal reeds n groot las van jul skouers afhaal. Baie sterkte aan die ouers, my hart is saam met julle seer, mens wil jou kinders van alle letsels, pyn en seerkry vrywaar en soek vir hulle net die beste en so iets ruk jou hart uit jou binneste. Mag die Here julle krag gee en deur elke dag dra en mag julle pop ver bo verwagting herstel met die minimum letsels.

Hannelie ·

Ek het self honde en ek is bitter lief vir hulle moet my nie verkeerd verstaan nie maar wanneer daar ooit tussen my (of ń ander ma) se kind en ń hond gekies moet word veral in so traumatiese ondervinding, gaan die hond verseker nie weer ń kans kry om so op te tree nie. Die hond moes nie uit sy hok kon kom nie, daar is nirmaalweg ń rede dat honde toe gemaak moet word …… Dan het hy mos issues gehad. Nee wat hys beter af un hondehemel

Nicolene ·

Verdomde hond. Ek self ht twee seuntjies 3jr en ane ene 6mande. Ek trust ni honde by hulle nie. Mens weet nooit wane n hond bedreig voel nie. Ek sal ook n bydrae maak as ek kan jng. Sterkte vir daai pragtige dingetjie. Ons bid vir haar

Belinda O'Connor ·

Huiseienaar se aanspreeklikheid – Hy moet dit ook aanmeld onder sy Huishoudelike versekeringspolis. Hy moet die kostes dra. Sy hond is sy verantwoordelikheid.

Hannelie ·

Ek het self honde en ek is bitter lief vir hulle moet my nie verkeerd verstaan nie maar wanneer daar ooit tussen my (of ń ander ma)se kind en ń hond gekies moet word veral in so traumatiese ondervinding, gaan die hond verseker nie weer ń kans kry om so op te tree nie. Die hond moes nie uit sy hok kon kom nie, daar is normaalweg ń rede dat honde toe gemaak moet word …… Dan het hy mos issues gehad. Nee wat hys beter af in hondehemel

Theresa B ·

So baie kommentaar en opinies. En so baie mense kan oordeel. Ek is vreeslik jammer vir die dogtertjie. Hoop regtig haar ouers kry finansiële hulp en dat sy hiervan sal herstel. Daar moet ‘n rede wees hoekom die hond so opgetree het. Almal oordeel altyd die hond en word dan van kant gemaak. Dis ook net so hartseer. Wens net mense kry hul feite ook agtermekaar. In een artikel sê hul dis ‘n bull mastiff en in ‘n ander is dit ‘n boerboel. Maar dis seker nie die punt nie. My hart breek vir die arme hond en ook vir die pragtige poppie.

Nico Strydom ·

Dagsê Theresa

Die familie het bevestig dat dit wel ‘n bullmastiff was. Die ander publikasie wat berig het dit was ‘n boerboel het intussen hul berig gewysig.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Ek ·

Weet julle wat, dit gaan nie hier oor wie medies kan bekostig en wie nie. En wie is die mense om so te oordeel oor wie mag kinders he en wie nie? Dink net aan daai klein kindjie. Ek kon ook vir jare nie medies bekostig het nie en het defenitief nie geweet die pa van my kind gaan weg hardloop nie. Hou op oordeel mense. As julle nie feite ken en net mense kan bystaan soos baie ander mense hier op die blad nie, moet dan eerder nie comment nie.
Ek wens die ouers alle sterkte toe en bid vir daai klein mensie.

Nana ·

Ek kry die dogtertjie baie jammer . Ek blameer glad nie die hond nie dit is common sense Honde is bang vir kinders onder 3 !!!!! they feel intimedated and i blame the owner and the parents . Ek sou ook die hond uitsit . En ongelukkig dis wat gebeur as n hond nie van kleins af met kinders en ander diere groot word nie . My familie teel met Boerboele en nog nooit het hulle n kind gebyt nie . My eie kind was al gebyt deur een van my honde maar dis omdat hy nie geluister het nie en hy was ook net 1 jaar oud en hy het raas gekry , en ek het nie die hond uitgesit nie want dit was nie sy skuld nie . Miskien as mense hulle diere groot maak soos hulle kinders sal sulke goed nie gebeur nie. Mense moet besef geen mens is beter as enige ander lewe nie . En nou het n baie mooi dogtertjie duur betaal vir n groot mens se fout . Onthou net : No dog gets born with aggression and the same for humans .

Asjas ·

Nana, ek stem saam met jou kommentaar. Ons Boerboel het ons jongste ook gebyt maar dit was nie sy of ons kind se skuld nie daar was ander faktore wat bygedra het tot die Insident. Ons het die hond maar laat uitsit maar ons het lang trane gehuil en dink nog gereeld aan hom. Raak baie hartseer as ek daaraan dink …

tamboti ·

Rene ek het jou geantwoord maar MM het my kommentaar verwyder, ja ek het hond maar ek is liewer vir my kinders as hond. Hond is liewer vir my as enige van die gesin.
Ek wil net se dat die meeste mense wat honde aanhou nie die instinktiewe gedrag van diere ken of verstaan nie, veral die mense wat honde soos kinders oppiep. Dit is die eienaar se verantwoordelikheid om in te staan vir sy dier se gedrag, natuurlik sover dit moontlik is.
‘n Dier kan nie gelyk aan ‘n mens gestel word nie, julle is onsensitief teenoor die slagoffer, sy het regtig niks gedoen wat verkeerd is nie. Maar die hond wat erg terrotoriaal is het haar waargeneem: reuk, klank, sig en haar as vyand /prooi/ nie sy nageslag geidentifiseer en daarop gereageer. Die hond was toegemaak en het dit dalk nog nooit voorheen gedoen nie, maar die potensiaal dat dit weer kon gebeur is baie groot. Dus verwydeer die probleem.
Ek is eerder ondierlik as onmenslik. Jammer as ek op party se pootjies of kloutjies getrap het.

Gesiggie ·

N regte ou Poppie…. ek voel so bitter jammer vir wat met jou gebeur het….. daar is n lang pad wat wag…. maar jy sal weer gesond word, en jou gesiggie sal weer mooi lyk…. Almal gooi nou klippe na die Eenaar en die Hond…. vergeet van als en fokus eerder op die Gesin, wat nou deur al die moeilikke dae moet gaan…. en elke dag langs die ou Meisie se hospitaal bed moet sit?? en Bid dat sy sal herstel…. Sterkte aan Mamma en Pappa en almal wat deel is van hierdie dogterjie…. Ons Bid vir jul””

Hondeliefhebber ·

Ek is baie jammer oor wat met die kindjie gebeur het en bid vir haar.

Maar wat my erg onrustig maak is die kommentaar van mense oor die hond. Dit voel vir my meeste mense is so oningelig oor honde. Mense kry honde, dink ‘n groot erf is genoeg, gee vir hulle kos en verder moet die hond maar op sy eie.
Mense gaan stap nie met hulle honde nie. Dit is vir ‘n hond ongelooflik belangrik om aan nuwe dinge blootgestel te word, want as nie kan iets baie traumatiese gebeur soos in die geval. Ons hier in Suid Afrika kan gerus na Europa, Australie, Kanada, Amerika ens, kyk na die manier waarop hulle hulle honde hanteer. ‘n Hond verg baie aandag, dissipline, roetine asook fisiese oefening en speeltyd.

Honde moet van kleins af geleer word. Ek voel dit moet meer deel word van ons kultuur om honde klas by te woon, van kleins af tot die hond gehoorsaam is. Dis ongelooflik lekker vir die honde hulle leer ander mense ken asook ander honde. Leer wanneer is dit speeltyd en wanneer nie. Ek het 2 Boxers die lieflikste goed op aarde. Die gehoorsaamheid klas is moeiliker as die behendigheid/”Agility” klas. Die honde geniet dit so baie om geleer te word en jy as sy baas leer net soveel van jou hond, en jou hond wil jou net tevrede te stel. Een van die lekkerste gedeeltes van die klas is as die honde van leiband afgehaal word en al die honde hardloop en speel saam.

Baie sterkte aan die familie.

Ek is seker ·

Ek is seker dat daar iets vooraf gebeur het wat nou weer nie vertel word nie. Bv. die hond is mishandel of uitgesluit van die gesinslewe – ‘n hond wat heeldag buite moet lê en nie deel is van die gesin nie, voel uitgestoot en sal makliker aanval. Of, die kind het iets gedoen om die hond seer of skrik te maak. Sekerlik nie aspris nie, maar dis hoekom honde teen kleuters beskerm moet word – want die kleuters weet nie wanneer hulle die hond seermaak nie, en die hond verdedig homself maar net teen wat hy as ‘n gevaar beskou. Maar nou is alles die hond se skuld en moes hy weer die spit afbyt omdat sy eienaars nie weet hoe om honde ordentlik op te pas en te sosialiseer nie. As iemand ‘n hond net vir sekuriteitsdoeleindes wil hê, los dit maar eerder. Kry maar eerder ADT. ‘n Hond is nie veronderstel om ‘n sekuriteitswag te wees nie. Hulle is veronderstel om kinders in die huis te wees – dis hoekom hulle ‘troetel’-diere genoem word. In my erf kom my gesin eerste – dit sluit my honde in. As ek jou kind as ‘n potensiele gevaar vir my honde beskou, is hy/sy nie welkom daar nie. Bly dan maar eerder by jou eie huis en hou jou kind weg van die sogenaamde ‘gevaarlike diere’! Ek stem saam met ander kommentaar dat die hond se eienaar se skuld is – ek is 100% seker daarvan dat daardie hond nie reg behandel is nie. So ek hoop ook dat hy alle mediese onkoste sal moet dra. Ek wens net hy word ook beboet vir dieremishandeling!

Anita ·

Ek verwys na Willie se kommentaar. Baie baie dankie jy haar die woorde uit my mond. eerstens is dit nie die hond nie maar die eienaar se skuld. Die hond is ‘n dier wat tien teen een geleer is om aan te val. Die uitgawes is die eienaar se rekening. As hy slim genoeg was het hy versekering uitgeneem teen sulke gevalle waar mense by sy huis seer kry veral as hy daar partytjies hou etc. Nee wat my vinger wys net in een rigting moenie boerboel ras ‘n slegte naam gee nie ek het al 3 gehad daardie hond was nie gesosialiseerd nie fout nr een.

Jax ·

So mooi dogtertjie se hele toekoms het in sekondes verander, ek bid dat die gesin deur die trauma van die volgende paar jaar sal deurkom.

Ongelukkig is ek ook baie lief vir diere maar my gesin kom eerste, julle kan my maar veroordeel maar ek so daai hond ook doodgemaak het. Daai hond is eetstens nie reg opgelei, dis die eienaar se skuld, tweedens sal ek daai eienaar tot verantwoording bring vir elke blou sent se uitgawes want as die hond in n garage of beter aanhoudings plek gehou was sou hierdie tragedie nie plaas gevind het.

Ek het bure met 2 sulke honde en kinders van 7-9 jaar, daai 2 honde is nou en dan aanmekaar, wanneer draai honde nie om en val daai kids aan, ek word elje keer yskoud as ek hul hoor baklei.

Goed en wel mens moet beskerming hê in die land, maar lei jou diere op om te kan onderskei, dis waarvoor daai klasse tog is, daar is klasse wat honde oplei op sekere opdragte of aanvals klanke, bv soos polisie honde.

So ek voel die eienaar is hier so skuldig soos sy hond, die dier het met sy lewe geboet, ek sou sorg dat sy bankrekening of versekering ook met hul lewe boet.

Baie sterkte aan die gesin, God sal haar en haar ouers hierdeur dra.

Ansie Geldenhuys ·

Reg opgetree met hond. Praat van familie uitmekaar val. Ken dit en werk dit nog daagliks deur met die dood van ons kleinseun, krieketspeler, op die ouderdom van 19 jaar. Bid sonder ophou en wees goed vir mekaar. Die lewe is soms kort.

Collin ·

Ek beaam wat Willie vertel. Ek sal ook voorstel dat die familie onmiddelik i regsverteenwoordiger kry. Moenie in die lokval val waarin gedink word dat jy lojaliteit vir die werkgewer het nie. Wanneer dit by geld kom moet jy joe eie waghond aanstel. In die geval sal dit die best regsverteenwoordiger wees wat jy kan kry. Meeste regsverteenwoordigers sal oor hulle voete val om jou saak te vat veral as hulle i persentasie v.d. “winnings” kan kry en as jou werkgewer i ryk mens is…..

tamboti ·

Ek weet almal lees nie al die kommentaar, ek ook nie. Daar was nou nog ‘n voorval waar twee honde seuntjie gebyt en hy later gesterf het.
Nana en ander, julle is ongelukkig nogsteeds hardkoppig oningelig en verkeerd. Geen opleiding of mishandeling is nodig vir ‘n hond om aan te val nie!!! Dit is sy instink en sy “honderegte”. Jy moet die hond leer om nie aan te val nie, en glo my maar en daar sal nog insidente wees want “foute” gebeur.
Nana jy is ook verkeerd wat mense aanbetref, die moet ook van kleins af reg opgevoed word om nie soos barbare op te tree nie!
Ag Maroela, wat van opvolg berig oor hoe dit nou gaan met die kindjie?

tamboti ·

Dankie MM, sien die nuwe berig is al op, weet nie hoekom dit nie by my laat verskyn het nie.

tamboti ·

Ok ek het dit nou, die hoofnuus blad dateer nie so vinnig op nie, kyk eerder na SA nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.