
Argieffoto: SAPD / Facebook
Twee vermeende rowers is tydens ʼn skietery met die polisie in Randburg, Johannesburg doodgeskiet en drie is in hegtenis geneem.
Kapt. Augustinah Selepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê vyf gewapende mans het Donderdag by ʼn huis in Sundowner ingestorm en ʼn huishulp en drie kinders, tussen die ouderdomme van vyf en 15 jaar oud, aangehou.
“Die huishulp het die paniekknoppie gedruk, waarna ʼn veiligheidsmaatskappy reageer het en die polisie in kennis gestel het,” het Selepe gesê. Die rowers het in ʼn voertuig met elektriese toestelle, ʼn skootrekeneaar en selfone van die huis gevlug toe beamptes van die veiligheidsmaatskappy opgedaag het.
“Die polisie was onderweg na die huis toe hulle die verdagtes se voertuig gesien het. Die verdagtes het op die polisie losgebrand en die polisie het teruggevuur. Die verdagtes het beheer oor hul voertuig verloor en by die kruising van President Foucheweg en Malibongwerylaan teen ʼn verkeerslig en twee ander voertuie gebots.”
Buiten die twee mans wat doodgeskiet is, is twee beseer en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die vyfde verdagte is in hegtenis geneem.
Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die besit van gesteelde eiendom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Die spreekwoord se mos. “As my hardloop is jy skuldig en as jy skuldig is moet jy geskiet word. Goeie werk SAP.
baie goeie werk :)
Gee daai polisie lede elk n medalje vir job we’ll done. Mooi so manne.
Dit lyk vir my daar is darem nog polisiemanne wat hul sout werd is. Wel gedaan!
Mooi SAPS!!!!!!!!!!!!!!!!!! Julle het welgedaan!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ALMAL wat julle altyd so verguis sal seker nou stil wees ….. Doen so voort!