Jhb-protesaksie: Planne om onrus te ontlont

Foto: ANA.

Die polisie en die Johannesburgse metro-polisie het kragte saamgesnoer om weer kalmte in Johannesburg se nedersettings te probeer herstel.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het gesê hy het met Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, en Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, vergader om die gesamentlike poging te bespreek.

“Volgens berigte wil die inwoners nuwe behuisingsprojekte, beter dienslewering en ekonomiese ontwikkeling hê,” het Mashaba in ʼn verklaring gesê.

“Dié grondige bekommernisse is egter nou gekaap deur kriminele elemente wat die betogings vir hul eie gewin wil misbruik. ʼn Klomp winkels is geplunder en dit het ook ʼn negatiewe uitwerking op die ekonomiese geleenthede in die gemeenskappe,” het Mashaba laat hoor.

Protesaksies het Maandag in Eldoradopark begin en versprei na ander nedersettings soos Kliptown, Orange Farm en Ennerdale in die suide van Johannesburg.

Inwoners het paaie met brandende bande en klippe versper en gesê hulle sal nie ophou tot daar aan hul eise voldoen is nie. Die winkels is meestal in die aande geplunder.

Mashaba het gesê daar is ʼn agterstand van minstens 300 000 huise wat die stad se behuisingsprobleme betref. Daar is dus geen vinnige oplossing vir die behuisingskwessie nie.

“As die administrasie van die stad hoor ons jul frustrasie ná jare lange wanbestuur en afskepery. Ons hoor die pleidooi vir behoorlike behuising en ekonomiese geleenthede. Ek sal Gauteng se premier David Makhuru nader sodat ons saam aan ʼn plan kan werk om aan die behoeftes van Eldoradopark en ander gemeenskappe te voldoen,” het Mashaba gesê.

Daar word glo ook ʼn vergadering met gemeenskapsleiers beplan om ʼn platform vir die gegriefde inwoners te skep.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Dit is finaal…
Ek het heeltemal moed opgegee met die land se inwoners!

Lizl ·

En hoe werk Demokrasie toe na 22 jaar ? Klink nie juis na `n sukses nie !

Ronel ·

Presies dit wat voorspel is gaan gebeur, is nou besig om te gebeur. Die DA is nou in beheer daar en dus dink die mense dat alles oornag gaan verbeter. Wat hulle heel duidelik nie verstaan nie, is dat daar ‘n bankkrot munisipaliteit vol gate en foute oorhandig is. So nou moet daai dinge eers reggestel word voor al die magic kan gebeur!! Dink mense, of is dit soooo moeilik!

Alida ·

Stem Ronel die mense verstaan nie die ANC het al die geld gesteel nie.

snoefie ·

Herman mashaba moet met hulle vergader en vra hoe gaan hulle die be hui sings prone I, dienslewering en ekonomiese ontwikkeling betaal. hulle kan nie ernstig verwag iets of iemand anders moet hulle ekonomiese ontwikkeling befonds nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Neem vir Herman Mashaba na die onrusmakers wat vir alles onder die son is eise het. Laat hy vir hulle vertel hoe het hy gekom waar hy vandag is. Sy ouers was arm mense maar hy het ‘n visie gehad en hy was nie van plan om in die gat te bly waarin meeste van die luies hul bevind nie. En het hy ‘n eis vir ‘n huis ingestuur? Ek haal my hoed af vir Herman maqshaba.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.