Jhb-rekeningkrisis: ‘Ons vermoed daar is met stelsel gepeuter’

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Die ANC het Donderdag gesê die onlangse rekeningkrisis in Johannesburg is as gevolg van swak leierskap van Herman Mashaba, die burgemeester.

Nagenoeg 97 000 water- en elektrisiteitsrekeninge sowel as eiendomsbelastingrekeninge is met verkeerde besonderhede aan inwoners uitgestuur. Sowat 412 000 gebruikers het ook nie hul maandelikse rekeninge ontvang nie.

Mashaba het Woensdag in ʼn verklaring gesê die stelsel wat verantwoordelik is vir die uitreiking van die rekeninge is “geoutomatiseer”. “Daar het nog nooit vantevore iets op so ’n groot skaal fout gegaan nie, daarom word vermoed daar is met die stelsel gepeuter. Ek het reeds in gesprek getree met die stad om wetstoepassers en kuberkraak-eenhede aan te stel om die oorsaak van die probleem te ondersoek,” het Mashaba gesê.

Dié krisis het betrekking op die April-rekeninge.

“As ʼn stad maak die geld wat ons invorder 84% van ons begroting uit en kan die vertraging in invordering van die rekeninghouers rampspoedige uitwerkings op ons kontantvloei hê,” het Mashaba gesê. Hy het verder gesê die sukses om die reusediensleweringsagterstand wat hul geërf het [by die ANC] op te los, hang af van die geld wat hulle kan invorder. “Ons poog om die regte rekeninge nog gedurende die week uit te stuur,” het Mashaba verduidelik.

Volgens Mashaba sal sommige huishoudings twee rekeninge ontvang. “Ons is jammer vir enige onsekerheid wat dit veroorsaak het. Die uitreik van dubbelrekeninge is ʼn historiese kwessie en ons het planne in plek dat dit teen einde Junie 2017 ʼn ding van die verlede sal wees.”

Jodilee Matongo, woordvoerder van die ANC, het egter in ʼn verklaring gesê toe die tegnologiese stelsel ingegee het terwyl die ANC aan bewind was, was die DA vinnig om hulle van onbevoegdheid te beskuldig. “Ons verstaan dat sulke stelsel soms ingee, dis net ironies. Die fokus van die DA-koalisie is om ongegronde aantygings van korrupsie na te jaag en miljoene van belastingsbetalers se geld daarvoor te gebruik – nog sonder enige sukses. Ons wil nie die goedkoop hou slaan wat die DA destys geslaan het nie; ons wil wel sê die DA konsentreer op die verkeerde goed,” het Matongo gesê.

Mashaba het inwoners intussen gemaan om hul rekeninge te betaal volgens die gemiddeld wat hulle in die verlede betaal het. Inwoners kan ook Joburg Connect by 0860 562 874 skakel om uit te vind hoeveel hul skuld.

“Ek wil die inwoners van die stad persoonlik verseker dat hierdie kwessie die hoogste vlak van ons aandag geniet; ons vra asseblief julle geduld om die kwessies wat ons by die ANC geërf het op te los,” het Mashaba gesê.

Matonga het aangevoer die ANC het opgemerk dat Mashaba “negatiewe energie” ten toon stel. “Dit begin manifesteer onder die werkers wat sien hoe hul bestuurders sonder rede deur Mashaba afgedank word en dit filtreer deur na die stad toe. Is hierdie rekeningkrisis nie as gevolg van die lae moreel as gevolg van Mashaba se negatiewe energie nie?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ruby ·

Dit is heel moontlik dat daar wel met die stelsel gepeuter was om die publiek warm onder die kraag te kry en Herman in ‘n swak lig te stel.

Hoekom?…..want Herman dans nie na die anc se pype nie!

Ina Berg ·

Dieselfde hier in Pretoria! Ek hhur n gebou v onderwysdept om n dagsorg en pre primere skool te bestuur. Ek as huurder kry toe n R201000 rekening vir erfbelasting???? Wat deur verhuurder bet moet word. Ook n dreigement dat hul my skool se W&L gaan sny!!! Altyd n bakleiery oor regulasie en wetstoepassing.

Boggom ·

Ag, die gepeuter gaan jare lank al aan, man, dié weet ons mos almal noual. Jare gelede al het mense buitensporige hoë rekeninge gekry. Dit was als deel van die groot toesmeer van die diefstal. So kon hulle geld steel en dan vir die ouditeure wys dat daar vir al die gelde verantwoording gedoen kon word. ‘n Sekere bedrag is gein en die buitesporige res nog steeds uitstaande!

René Prinsloo ·

Natuurlik sal die ANC sê daar is fout. Nog van hulle onbevoegde mense se tyd. Hulle moet altyd die fout by iemand anders soek ipv voor hulle eie deur.

wiedeman ·

Ek stem saam Amanda. Gee altyd iemand anders die skuld. Kan nie ‘n dag se werk doen nie. kan geen verantwoordelikheid aanvaar nie. Te pateties om te werk. Dit is waarom die land is waar dit is deur totale onbevoegde persone.

Theresa ·

Whaaaaaaaaaa ha ha ha ha! Dis altyd een of ander “system” se skuld. Nee jong, daar moet gekyk word na die data wat ingegee word vir so ‘n system. Geen onskuld net omdat daar ‘n program van ‘n soort gebruik word nie. As dit pla – gooi weg en gebruik boek en pen.

al ·

Die ANC sal alles in hul vermoë doen om die groot metros weer onder hul leierskap te kry. Ñ Indringende ondersoek moet gedoen word, om te sien of daar gepeuter is en die oortreders strafregtelik aan te kla.
Vir van die ANC is werksposisies uiters belangrik en hul sal nie skroom om selfs moord te pleeg nie.

Ida Jordaan ·

Sedert Herman Mashaba die burgemeester is, word die slaggate in ons omgewing mooi reggemaak.
Ek het ‘n paar slaggate gerapporteer in Florida en my gewone roete en dis binne 3 weke almal herstel.

Vierkleur ·

DA, ANC. Selfde munt, verskillende kante.

Maak nie saak wie van die twee in beheer is nie, diens bly swak.

Hennie ·

Die ANC sal enigiets doen en vinnig die skuld op Herman Mashaba pak. Hulleself het ‘n magtige geskiedenis van patetiese en vrot diens en geen vermoe om dit reg te stel nie.

Pop ·

En terwyl die ANC voortgaan met terrorisme van alles om hulle kos dit geld om te herstel. Dis net te hartseer vir woorde dat geld wat kon bestee gewees het vir dienslewering en allerhande ander goed nou vermors moet word. Almal weet ironies genoeg dadelik dis die ANC se vuil taktiek want die mense wat vir hulle stem glo al die drek

Elana ·

Hey boet, is dit nou die nuwe rede vir onbevoegdheid? Daar is met die stelsel gepeuter??????

Veritas ·

Die DA is dalk in beheer maar die werkers is heel moontlik nog ou ANC aanstellings. Die ou ‘baantjies vir boeties’ aanstellings. Jy kan nie ‘n Rolls Royce embleem op ‘n ou tjor sit en dan dink jy gaan in grasie kan rondry nie. Nie dat die DA enigsens beter as die ANC is nie.

M ·

Met verwysing na die Afriforum film “Tainted Heroes”, is dit duidelik dat die ANC tot so iets in staat is.

kaspaas ·

Die ANC het altyd die skuld op Apartheid geplaas.

Die DA pak die skuld op die ANC…

Wat het verander – Herman Mashaba aanvaar nie verantwoordelikheid dat dinge onder sy leierskap verkeerd loop nie.

SARIE VAN HEERDENS ·

Verkeerde rekeninge van munisipaliteite is ‘n OU OU OU storie. Vra my!!!!! Dis nie Herman Mashaba se verantwoordelikheid om rekeninge uit te stuur nie maar die van mense wat vir die doel aangestel is en as daardie aangesteldes ‘n breinsel met drie ander deel kan hy nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.

Linda ·

Verbruikers kan Joburg Connect skakel……..hahahahaha……..gaan nooit telefonies deurkom nie. Normaalweg kan mens nie deurkom nie wat laat hom dink verbruikers gaan nou deurkom? Mors van tyd en geld.

Charmaine Brits ·

Ek sukkel al maande met hulle en geen hulp nie. Dis so irreterend en al wat hulle se hulle weet nie ons moet Legal afdeling gaan sien maar ons het betaal soos hulle ons die sms stuurvom te betaal. Ons moes al hoeveel keer afvat by die werk om te probeer uitsorteer. Moedelios verby Wie kan ons help?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.