Jhb-sakevrou op snelweg doodgeskiet

Celia Da Costa. Foto: Facebook

Celia Da Costa. Foto: Facebook

Die eienaar van twee Johannesburg-restaurante is Saterdag op die M2-snelweg doodgeskiet terwyl sy op pad terug was van ʼn fees waar sy gewerk het.

Netwerk24 berig Celia Da Costa (49), eienaar van die Rodizio-restaurante in Bedfordview en Fourways, was op pad na haar huis in Norwood nadat sy drie stalletjies by die Lusito Land-fees in La Rochelle beman het. Da Costa was saam met drie van haar personeellede in haar Mercedes-Benz en die geld wat hulle deur die dag by die fees verdien het, was in die motor se bagasiebak.

Volgens Sandy Correia, ʼn vriendin van Da Costa, het drie mans die sakevrou gevolg nadat sy en die personeel weg is by die fees. Op die snelweg het een van die booswigte se motors voor Da Costa ingery terwyl die ander van agter teen haar vasgery het. ʼn Derde motor het probeer om haar van die pad af te dwing.

Een van die rowers het met ʼn AK-47 op Da Costa losgebrand en sy is verskeie kere gewond. Die rowers het gesukkel om die bagasiebak met ʼn breekyster oop te dwing omdat dit in die ongeluk beskadig is. Hulle het vir Da Costa se personeel geskree om hulle te help, maar het gevlug toe ander voertuie op die toneel stilhou.

Correia is van die voorval ingelig toe sy by die huis kom. “Celia het vir niks gesterf,” het sy gesê.

Volgens Netwerk24 kon die polisie nie vir kommentaar bereik word nie.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Leeutjie ·

Ek dink weer hulle is dopgehou Paplepel. Daardie struikrowers het mos die hele dag tyd om te sit en wag en kyk hoeveel geld ingevorder word en dan toe te slaan!!!

scalla ·

Tragies, so pragtige weerlose vrou, en dit vir geld, wanneer gaan die gereg besef dat hul nie meer in beheer van misdaad is nie.

andre ·

Ek stem saam. Elke dag moet ons hoor hoe ons volk vermoor word vir niks.

jacques ·

Ek weet nie meer nie,moet mens dan regtig land uit(waarheen) Rusland.

Paplepel ·

Maroela, Hoekom wil julle nie my kommentaar plaas nie? Ek het reeds tweekeer probeer. Probeer julle iets wegsteek?

Jacques ·

Ek moet n lisensie vir my revolwer he maar die bliksem het n AK47 aanvals geweer. Hoe werk dit? Waar kom dit vandaan? Weermag dalk? Ek onthou toe ek diensplig gedoen het, het ons opleiding met o.a. die AK47 gehad. Laat mens wonder….

Jacques ·

Ek moet n lisensie vir my revolwer he maar die blikemmer het n AK47 aanvals geweer. Hoe work dit? Waar kom dit vandaan? Weermag dalk? Ek onthou toe ek diensplig gedoen het, het ons opleiding met o.a. die AK47 gehad. Laat mens wonder….

Rudi ·

Hi alman

Ek lees gereeld die nuus op Maroela Media en dit maak my baie hardseer om te sien hoe ons uitgemoor word a.g.v geen beheer oor misdaad in ons pragtige land. Om te vlug na ander lande toe of om die simpel regering te vra vir huls gaan ons nerens bring nie. Dit is nou al oor en oor bewys. Ons moet net eenvoudig begin saam staan en terug baklei soos ons voorvaders gedoen het. Almal praat net altyd en niks gebeur nie. Almal is nou moeg vir hierdie gemors in ons land.

Groete

pop ·

Rudie ons voorvaders het teen spiese baklei, nou is daar miljoene der miljoene en almal is gewapen, en met wapens soos AK,s. En ons mense kan nie saamstaan nie, of saamstem nie, nie oor niks nie. Onthou dis die regering wat nie wet en orde handhaaf nie, , en almal is nie soos hulle nie. Kyk nou vir die outjie wat stap vir plaasmoorde. Ons is nie al wat uitgemoor word nie.

Asjas ·

Dankie pop dat jy dit genoem het. Dit grief my al lankal hoe mense met mekaar praat en name noem soos “pateet” op die forum. Ons is almal hier want ons hou van Afrikaans, ons stem oor baie dinge saam maar nie altyd nie. Maar in plaas van die respek vir ander en hul sienswyses word die persoon aangeval en name genoem en DAAROM gaan ons nooit wen nie …

Rudi ·

Hi Almal

Jammer vir my spelling in my kommentaar… Ek moes vinnig tik hehe. Ek glo almal wat dit lees sal verstaan wat ek wil se. :)

Eish! ·

Hoe baklei jy teen ‘n regering wat anti christene is en anti christene invoer om hul saak te versterk? Al antwoord op alles is ons moet vergeet van wapens en die Bybel en gebed begin gebruik! Tog hou ons eie mense hul op met verkeerde dinge en vra dan hoekom? God vergewe, maar hy sal eers sy straf uitdeel en dan kom die goed daarna en ‘n volk wat nie berou toon nie…………….ek wonder of ons die oorwinning sal kan geniet. Dalk ons nasate. As ons begin om te besin.

Kaaiman ·

Eish, kom tog net by. As jy nie selfbeveiliging toepas nie, kan jy bid tot jy blou word. Geloof en realiteit is lynreg teenoormekaar. As geloof die slagoffer kon help, sou dit nie gebeur het nie. Dink jy nou as jy bedreig word en jy val op jou knieë neer en bid, dat die aanvaller jou gaan los?
Verplaas liewer jou energie in oopkop gereedheid en beskerm jouself.

Kaaiman ·

Eish, kom net by. As jy nie jou geloof kanaliseer in selfbeveiliging nie, kan jy bid tot jy blou in die gesig is. Geloof en realiteit staan direk teenoor mekaar. Dink jy nou wragtag die boef gaan jou los as jy aan die bid gaan? Geloof is dit wat die die woord beteken – glo. Realiteit is dit wat dit sê: Sien! Wees liewer toegerus om jouself te beskerm en moenie op iets staatmaak wat jy net “glo”bestaan nie.

ig ·

Eish,bid alleen sal nie help nie maar deur optrede sal daar leiding kom om die regte ding te doen.

johan brits ·

Ek ruik ñ rot .. hoe het hulle geweet daar is baie geld in die kar en nogal presies geweet waar in die kar ook ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.