Jhb sal Bosasa-kontrak ondersoek

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die Stad Johannesburg sal ondersoek instel oor ʼn kontrak tussen die vorige administrasie se metropolisiedepartement en African Global Holdings, voorheen bekend as Bosasa, het burgemeester Herman Mashaba Woensdag gesê.

ʼn Verhoor oor bewerings van staatskaping het aan die lig gebring hoe Bosasa ʼn groot rolspeler was om korrupsie te bevorder en die maatskappy het glo omkoopgeld betaal om winsgewende tenders te bekom.

“Gegewe ons ernstige kommer oor dié saak, het ek dadelik opdrag gegee dat die JMPD-kontrak ondersoek moet word deur die Stad se groep- forensiese en ondersoekdienste,” het Mashaba van die Demokratiese Alliansie gesê. Die DA is aan bewind in die Johannesburg-munisipaliteit in koalisie met ander politieke partye ná hy in 2016 beheer oorgevat het van die ANC.

“Dit is nie die eerste geval waar die vorige administrasie kontrakte aangegaan het met instansies wat nou met staatskaping verbind word nie,” het Mashaba bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

George van Bloem ·

Ondersoek instel en dan wat? Dan bokkerol soos gewoonlik. Nog steeds in die saak is niemand al vervolg nie so waarvoor die ophef? Speel seker maar bietjie politiek vir die kiesers so kort voor die verkiesing.Hulle gaan almal skotvry los kom en as BOSASA nie weer tenders gaan kry nie,sal een of ander spul korrupte kaders dit wel kry.Partye kom maklik met moord weg in ‘n land propvol onnosele naiewe kiesers. Lekker man lekker.Die “Gravy Train” stoom ongehinderd voort.VIVA!!

Christo ·

Herman Mashaba het alreeds baie bereik. Hy het gekaapte geboue teruggeneem en kabeldiefstal aangespreek. Die ANC het van Johannesburg ‘n vervalle stad gemaak. Gee hom tyd, hy sal wel die dig oopkrap..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.