Jhb sê ambulansdiens sal nie by Cosmo City onttrek nie

Michael Sun (Foto: ANA)

Die Stad Johannesburg het gesê ambulansdienste sal nie onttrek word aan Cosmo City of enige ander plek in die stad nie, nadat paramedici oor die naweek in dié gebied aangeval is.

Maroela Media het vroeër berig die Stad Johannesburg se nooddiensbestuur moes noodgedwonge sy ambulansdiens aan die gemeenskap van Cosmo City, buite Randburg, onttrek nadat drie van sy ambulansbemanningslede Saterdagoggend aangeval is. Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddiens, het gesê die ambulans is na die woongebied ontbied om ʼn man te gaan oplaai wat erg deur die gemeenskap aangerand is. Die gemeenskap het hom glo daarvan beskuldig dat hy iemand vermoor het. Paramedici kon ongedeerd met die pasiënt uit die gebied kom. Die ambulans is egter beskadig toe die gemeenskap die beamptes aangeval het.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid van openbare veiligheid, het gesê oproepe word nou nagegaan van probleemgebiede. “As personeel na ʼn oproerige situasie ontbied word of indien die persoon wat bel nie ʼn presiese ligging kan verskaf of die noodgeval kan beskryf nie, sal die nodige hulpbronne ontplooi word en vergesel word van die Johannesburgse metropolisie of die SAPD,” het hy gesê.

“Elke oproep sal op ʼn individuele basis geassesseer word, wat betref meriete, tipe noodgeval en vlak van noodgeval. Ons wil die veiligheid van ons inwoners en ons nooddienspersoneel verseker.”

Hy het gesê die veiligheid van nooddiensbemanning sal nie in die weegskaal geplaas word ten gunste van moontlike vals oproepe of oproerige situasies sonder polisiebegeleiding nie.

Sun het gesê die tydelike onttrekking van die ambulansdiens aan Cosmo City is verkeerdelik geïnterpreteer as ʼn algehele onttrekking van nooddienste aan die inwoners van Cosmo City.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LH ·

Mb ek het die affêre ook net so gekyk . . . lyk vir my na ‘n Chinatown special!

Jurie ·

Mr Sun die superstad se burgermeester as China klaar beslag gelê het op grond in ons land vir onbetaalde Eskom skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.