Jhb se dubbeldekker-snelweg gesluit

Argieffoto van die dubbeldekker-gedeelte van die snelweg Foto: noelcmn, pentaxforums.com

Argieffoto van die dubbeldekker-gedeelte van die snelweg Foto: noelcmn, pentaxforums.com

Twee bane van die “dubbeldekker”-gedeelte van die M1 in ʼn noordelike en suidelike rigting sal Sondag tussen 09:00 en 16:00 gesluit wees vir instandhouding.

“Metropolisiebeamptes sal die gebied monitor,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

Motoriste word aangeraai om daardie gedeelte van die snelweg te vermy en eerder van die M2, N1 of N3 gebruik te maak as alternatiewe roetes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.