Jhb sê hy bestee nié miljoene aan jaareindgeselligheid

(Foto: Unsplash)

Die Johannesburg-metro ontken bewerings dat hy ʼn uitspattige jaareindgeselligheid van R2,6 miljoen beplan.

News24 het vandeesweek berig dat die metro glo behoorlik gaan uithang om sy werknemers wat al lank in diens is te bederf. Luidens dié berig sal R40 000 glo aan blomme bestee word, R300 000 aan baadjies en ʼn allemintige R769 000 aan horlosies. ’n Verdere R171 000 is glo vir ander dienste betaal wat net “vaagweg” beskryf is in die dokumente wat News24 na bewering onder oë gehad het.

Werknemers wat al langer as 40 jaar in diens van die metro is, sal tydens die spoggeleentheid vereer word.

Die bedrae wat na bewering bestee is, is egter strydig met die regulasies ten opsigte van besteding van die nasionale tesourie, aldus News24.

Die metro het dié bewerings Donderdag ontken.

Loyiso Masuku, burgemeesterskomiteelid, sê “geen stadsfondse is op die beweerde R,2 miljoen-geselligheid bestee nie”.

“Toe ek as burgemeesterskomiteelid bewus geword het van die planne vir so ʼn geleentheid, het ek dadelik versoek dat dit opgeskort word. Ek het gevra dat ons die huidige finansiële en ekonomiese uitdagings wat die stad en die inwoners in die gesig staar in ag neem en dat ons weer dink oor maniere waarop ons ons waardering die beste aan ons werknemers kan betoon.

“Ons is ewig dankbaar teenoor die talle werknemers wat die metro al langer as 40 jaar dien. Hoe dankbaar ons ook al is, is daar beperkinge op hoe ons ons waardering kan erken en wys,” het Masuku gesê.

Sou DA-raadslede probeer om die feite van die saak te verifieer, sal hulle glo van die nodige, feitlike inligting voorsien word, het hy gesê.

“Hulle sal sien dat geen uitgawes aangegaan is nie en dat die saak terugverwys is vir hersiening en heroorweging.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Oooo e e…Rampi en sy pelle vreet teen R26 000 per persoon op sy vliegtuig as voorbeeld so hoe dan nou vir die res sê hulle mag nie lekka paarti gooi nie? Verstaan net nie so lekker die horlosies nie? Is dit op kripvreetbeurt tyd gestel? En die burgermeester kry seker sy eie spesiale sitplek sodat sy poppe meesters hom mooi kan laat dans.

Suzette ·

So wie lieg nou? Ons weet mos nou al almal wie dit is…..
Moenie dink almal val vir nog ‘n liegstorie nie…..

Johanna Aletha ·

Nee, hulle bestee net ½ miljoene, ń ½ milj hier en ń ½ milj daar en ń ½ milj elders en siedaar…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.