JHB se plaagbeheer-uile word onthoof

'n Nonnetjiesuil. Argieffoto: Owlpages.com

‘n Nonnetjiesuil. Argieffoto: Owlpages.com

Uile wat in Alexandra in Johannesburg losgelaat is om die gebied se rotplaag te bestry, word onthoof omdat die mense glo bang is vir die voëls.

“Die uile word doodgemaak, onthoof, en hulle oë word uitgesny,” het Brendan Murray, ʼn direkteur van Owl Rescue, Maandag gesê. “Ons het verlede week ʼn geval gehad waar skoolkinders ʼn uil gevang en sy bene met ʼn skêr afgesny het.”

ʼn Saak van dieremishandeling is by die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) aanhangig gemaak.

Murray het gesê die organisasie probeer om die stad Johannesburg te verhoed om uile in Alexandra los te laat.

Die stad het in September aangekondig dat hy R2.5 miljoen toegeken het om die rotplaag in die stad te bestry. Die knaagdiere het oor die afgelope paar jaar ʼn uitdaging geword in sekere gebiede van Johannesburg soos informele nedersettings en oorvol geboue in die middestad. Uile was deel van dié plan.

“Ons het die stadsraad gevra om eerder die geld te gebruik om mense aan te stel om die rotte te vang,” het Murray bygevoeg. “ʼn Mens kan 100 mense aanstel om rotte met lokvalle te vang. Hulle moet net ʼn ander manier vind, die uile is hoegenaamd nie lewensvatbaar nie.”

Nonceba Molwele, burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, het gesê uilbokse is by vier skole in Alexandra geplaas, elk met vier uile. Nog ʼn uilboks is by die Malboro Gardens Gekombineerde Skool opgerig.

Nonnetjiesuile is die knaagdiere se natuurlike roofdiere. Jonathan Haw van Eco Solutions het verlede maand gesê een uil kan baie rotte in een maand vreet. Sedert 1998 is 83 000 uile in verskeie dele van Gauteng vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

M ·

Hoe kyk ‘n mens na die gesiggie en sny sy bene met ‘n sker af. Dit is grusaam verby. En dit is die kinders van die toekoms!

Marco Pretorius ·

Sommige mense het net geen respek vir mens en dier. Los hulle, laat hulle dan soos varke leef. Dis nogal ontstellend om te lees dat selfs kinders so wreed is.

Elizabeth ·

Ek voel absoluut naar! Ons het hierdie projek sien afskop dmv Carte Blanche en was so opgewonde oor dit en kyk nou… Barbaars!

ESTELLE ·

Barbaars verby! stem saam los die rotte dat hulle kan voortgaan met wat hulle doen!!!

Theresa ·

Ag hoe eenvoudig tog. Julle is blerrie simpel man. Laat die rotte julle dan maar opvreet……

Elsje ·

Barbare, dit is wat hulle is. Dit maak my siek, hierdie mense voel niks vir ‘n lewe nie, of dit mens of dier is. Mens kan hul nie eers met varke vergeleik nie, hulle is verrot daarom hou die rotte van hulle. Kyk hoe vuil is dit om hulle, hulle hou daarvan so los die rotte by hulle. Vat die uile dadelik weg, asseblief.

Theresa ·

Sien my kommentaar is “gesensor” en delete. Mooi man…………

Stuiwer ·

Arme onskuldige uile!!

Hierdie spreekwoord is hier van toepassing: “Die natuur is strerker as die leer”. Die meeste van ons ken die spreekwoord in ‘n ander vorm, maar dit sal nie toegelaat word op forums nie.

Francois ·

Dit is voorwaar jammer dat dit nou so gebeur dat die uile uitgewis word,ek sou wat wou gee om uile in my erf te kan sien,en sal seker net so groot plesier verskaf vir die buurmense,

francois

Dee ·

Hulle moet dan maar saam met die rotte lewe. As mense gekry gaan word om die rotte te vang, sal hulle die geld skep en nie ‘n knerts omgee om die rotte te vang nie…. ons weet mos hoe werk dit deesdae…

marlene Duvenage ·

Dis siek!! kan d res vd uile asb gered word v d Barbara!!

marlene Duvenage ·

Dis siek. Sal d res v d uile asb gered word v d barbare!!

June Malan ·

Oe ek sal betaal vir 2 uile in ons erf. Hulle is so mooi!!!

Vee ·

Laat hulle self die rotte vang. Ek kan nie glo dat hulle eerder die uile sal vang wat geen gevaar vir hulle inhou nie maar die rotte kan bly. Ek dink hulle kry dit reg om die uile te vang want die arme goed is bedwelmd van die stank.

Johan ·

Ag hulle kan vergeet van die saak van dieremishandeling by die DBV. Dieremishandeling kan soos menseregteskendings mos net deur sekere demografiee uitgevoer word.

Diereliefhebber ·

Maar eet die Tokolosh nie rotte nie ? As hy nie doen nie ,laat die rotte staan , dan het jy n gebalanseerde ekosisteem in die middestad . Rotte het die plaag gebring in London 1665 . Wie se uile idee was dit in elk geval ? Waar is sy liefde vir diere ? Het hy nie eers sy huiswerk gedoen nie . Arme voels ! TIA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.