JHB-seuns deur betonpype vergruis

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee seuns is Dinsdag in Braamfischerville, Johannesburg deur betonpype by ʼn konstruksieperseel vergruis terwyl hulle gespeel het.

“Die seuns, onderskeidelik sewe en 10 jaar oud, is op die toneel dood verklaar,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die stad se nooddienste, gesê. “Die betonpype het oor hulle gerol.”

ʼn Kontrakteur van die Johannesburgse Padagentskap (JRA) is verantwoordelik vir die perseel. Hy is besig om ʼn ondergrondse stormwaterdreineringstelsel in die gebied te installeer.

“Die JRA sal ondersoek instel oor wat tot die ongeluk gelei het,” het Skhumbuzo Macozoma, ʼn direkteur van die JRA, gesê. “Ons sal ook verseker dat alle betrokke partye, waaronder die polisie en die departement van arbeid, betrek word om die nodige prosesse af te handel.”

Hy het gesê die JRA sal ook seker maak dat die betrokke kontrakteur beskikbaar is om sy nodige samewerking in die ondersoek te bied.

Macozoma het namens die JRA hul innige meegevoel aan almal wat deur die tragedie geraak is, betuig.

“Ons wil die gemeenskap gerusstel dat die JRA die nodige ondersteuning aan die betrokke families sal bied. Die JRA onderneem ook dat die verantwoordelike partye aanspreeklik gehou sal word, indien nalatigheid bevind word,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.