Jhb-skool gesluit weens onluste

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

Die Roodepoort Primary School in Davidsonville, Johannesburg, is tydelik gesluit weens die voortslepende onluste wat al maande lank klasse ontwrig.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê ná samesprekings tussen die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, en die Gautengse premier, David Makhura, is daar besluit om hierdie drastiese stap te neem ter wille van die leerders.

“’n Ontleding deur die departement het getoon dat die werk waarmee die leerders tans besig is, al teen Mei afgehandel moes gewees het,” het Sekhonyane gesê. “Daar is besluit om dringend in te gryp en die leerders na Lufhereng Primary School te verskuif.”

Sekhonyane het gesê die onderwysers van Roodepoort Primary School sal ook na Lufhereng Primary School verskuif word. Die departement sal die skool se leerders elke oggend vanaf ses verskillende punte na Lufhereng Primary School vervoer.

Intussen is ʼn taakspan aangestel wat bestaan uit godsdienstige en gemeenskapsleiers wat as bemiddelaar tussen die skool en die gemeenskap sal optree om ʼn volhoubare oplossing vir die inwoners se probleme te vind. “Die skool sal heropen sodra kalmte in die gebied herstel is,” het sy gesê.

Lesufi en Makhura het Vrydagmiddag met ouers van die skool se leerders vergader in die hoop om oplossings te vind wat verhoed dat die skool gesluit moet word. Lesufi het reeds vroeër vanjaar die skool tydelik gesluit omdat voorvalle van geweld onbeheerbaar geraak het. Die skool is kort daarna weer heropen en ʼn veiligheidsmaatskappy met gewapende wagte is aangestel om die skoolterrein te bewaak en gange te patrolleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bruno Stef ·

Lesufi is besig om met groot vertoon aan die publiek sy kragdadigheid ten toon te stel en sal geen teenstand duld nie.Dit dien dan ook sommer as waarskuwing aan Model C skole wat hom in sy hoedanigheid as die Hoofbesluitnemer probeer teengaan. Al dra n aap n goue ring tog bly hy maar n lelike ding.

Rita ·

Lagwekkend. Die leerders is nou besig met werk wat in Mei afgehandel MOES gewees het. Dis ‘n agterstand van hoeveel? 2 maande? En nou sluit hul die skool sodat die leerders NÓG verder agter moet raak? Dan word hulle aan die einde van dié jaar bevorder sonder dat hulle ‘n behoorlike grondslag het van veral Wiskunde, en dan moet die hoërskool se onnies sukkel om hulle deur te kry. Want sien, die slaagsyfer vir wiskunde is ‘n allemintige 50%!
En dan kry jy ‘n sekere provinsie se onderwysHOOF wat sê dis ‘n onderwyser se skuld as die kinders swak doen!!!!!!!

CHRISTA ·

Dieselfde gaan gebeur soos in Soweto in die 70’s en dan gaan hulle weer na 20 jaar kerm en kla dat hulle GEEN onderwys of skole gehad het nie!!! HAHAH, WAT ‘N GRAP!!! Hulle spite hulle EIE kinders, niemand anders nie!!!

Vrotkol ·

En Lesufi wil selfs erger wanaangepaste kinders (en hulle ouers) met die werkende (letterlik en figuurlik) Afrikaanse skole in die sogenaamde tweelingskap inboender. Hy is duidelik onbevoeg om enige besluite te oordink, of oplossings self te bewerk. Nou staan hy met sy voorbarige rassistiese houdinkie aan die een kant, en maak dit weer ons probleem. Want ons SKULD die land dit. In die woorde van my tiener…ek het nou so ‘n mini-naarword gevoel in my keel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.