Jhb-skrootmetaalhandelaar loop onder gewapende roof deur

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

ʼn Groep van 15 gewapende mans het Maandag op ʼn skrootmetaalhandelaar in Alexandra, Johannesburg, toegeslaan en die eienaar van R80 000 en twee motors beroof.

Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die verdagtes het by die handelaar se gebou ingestorm en hom met vuurwapens aangehou.

“Buiten die R80 000 wat hulle geroof het, het die verdagtes ook ʼn blou VW Polo en ʼn groen Uno by die handelaar gesteel,” het Minnaar gesê.

Die polisie is ontbied en hulle kon daarin slaag om die twee motors op te spoor en twee van die verdagtes in hegtenis te neem.

Die verdagtes word by die Bramley-polisiestasie aangehou en moet binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die polisie is steeds op soek na die ander 13 verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa

Lekker vinnige manier van geld maak. Net 1 dag se “werk”. Slegte gemors!!!

scalla

Mooi so saps, verwyder die gemors asb permanent uit die samelewing

pop

Skroothandelaars is een van die groot faktore van diefstal in hierdie land. Wonder hoeveel gesteelde “skroot” is al by hom afgelaai.