ʼn Groep van 15 gewapende mans het Maandag op ʼn skrootmetaalhandelaar in Alexandra, Johannesburg, toegeslaan en die eienaar van R80 000 en twee motors beroof.
Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die verdagtes het by die handelaar se gebou ingestorm en hom met vuurwapens aangehou.
“Buiten die R80 000 wat hulle geroof het, het die verdagtes ook ʼn blou VW Polo en ʼn groen Uno by die handelaar gesteel,” het Minnaar gesê.
Die polisie is ontbied en hulle kon daarin slaag om die twee motors op te spoor en twee van die verdagtes in hegtenis te neem.
Die verdagtes word by die Bramley-polisiestasie aangehou en moet binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Die polisie is steeds op soek na die ander 13 verdagtes.
Lekker vinnige manier van geld maak. Net 1 dag se “werk”. Slegte gemors!!!
Mooi so saps, verwyder die gemors asb permanent uit die samelewing
Skroothandelaars is een van die groot faktore van diefstal in hierdie land. Wonder hoeveel gesteelde “skroot” is al by hom afgelaai.
Goeie vraag pop, tot begraafplase word gestroop van omheinings en raamwerke om grafte. Carolus Trichardt se yster grafraam is in 2012 gestroop in Middelburg se kerkhof. ‘n Raam wat vir 110jaar niks oorgekom het is nou weg.
Solank as wat werkloosheid voortduur en die ANC regeer sal dinge nie verander. Zuma het mos self gesê hoe lank die ANC gaan regeer.