JHB-smous vermoor

Argieffoto ter illustrasie Foto: 2summers.net

Argieffoto ter illustrasie Foto: 2summers.net

ʼn Man het Vrydag in Johannesburg se middestad een straatsmous doodgeskiet en ʼn tweede gewond.

“Die skietery het omstreeks 15:00 op die hoek van Troye- en Kerkstraat plaasgevind,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

ʼn Man is dood geskiet en ʼn vrou is in haar been gewond. Sy is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die skieter sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Hulle loop vrylike met vuur wapens rond kan ons dit ook doen en begin wild en wakker skiet alles so onnodig ,maar hulle word aangevuur die moord lustige gemors

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.