Jhb-snelweg sluit vir agt maande

Inspeksie by Selby-brug in Johannesburg (Foto: MyJRA/Twitter)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Maandag aangekondig die M2-snelweg tussen die Crown-wisselaar en Maritzburgstraat gaan vir agt maande gesluit word weens voortgesette kommer oor die toestand van die M2-brug.

Mashaba het gesê die M2-snelweg sal op Donderdag, 28 Februarie om 06:00 gesluit word tot die einde van Oktober 2019 om instandhoudingswerk aan die brug te verrig.

Volgens hom volg die sluiting ná voortgesette monitering en visuele assesserings van die brug wat aandui dat die strukturele integriteit van betonelemente verminder is.

“Ek het verlede jaar die perseel besoek om die toestand van die brug te bepaal. Dele van die brug is in daardie stadium tydelik gesluit om die brug te rehabiliteer en die veiligheid van ons inwoners te verseker,” het Mashaba gesê.

Die Johannesburgse padagentskap (JRA) het ontdek dat dele van die ondersteuningstruktuur van die brug geskuif het en dit beïnvloed die strukturele stabiliteit van sommige brûe op die M2.

Die veiligheid van die Selby-burg kan nie gewaarborg word vir voortgesette gebruik deur motoriste nie en daarom is dit nodig om die M2 tussen die Crown-wisselaar en Maritzburgstraat te sluit.

Die brûe is in die 1960’s gebou en nader reeds die einde van die ontwerp-leeftyd. Dringende herstelwerk en rehabilitasie moet dus gedoen word.

Die JRA het ʼn spesialis aangestel om ʼn omvattende assessering van die betrokke dele van die brûe te bepaal.

Minstens 78,38% van die brûe in Johannesburg is in ʼn swak of baie swak toestand, het Mashaba verduidelik. Slegs 5,77% van die brûe is in ʼn aanvaarbare toestand wat aan die 80% minimumvereiste vir aanvaarbare toestand voldoen.

Die Stad Johannesburg het 902 brûe wat deur die JRA in stand gehou en bestuur word. Sedert 2013 het 37 brûe tydens die reënseisoen inmekaargestort.

“Sedert ek as burgemeester aangestel is, het ek my aandag toegespits op die massiewe infrastruktuur-agterstand wat in die stad opgehoop het. Vorige administrasies het ʼn agterstand van R6,5 miljard in ons brug-infrastruktuur toegelaat. In ʼn opname van 2017 was 3 900 km van ons padnetwerk in ʼn swak of baie swak toestand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Afrikaner ·

Kom ons sluit ook maar sommer SA en Cyril.

Nog voorstelle?

Chris ·

Kan hulle nie maar ook die skole se loopbrue deurgaan en kyk of daai infrastrukture ook nog reg is nie?

B-man ·

Blykbaar het SAOU landswye ondersoeke gedoen en bevind dat daar nasionaal 70 skole is wat dringende ingryping benodig. Het gesien op Engineering News.

Klasvakie ·

Ek is seker die gebruik van die brue (deterioration) gedurende die afgelope24 jaar soos die esksponentieel toegeneem het is onder anc bewind. Nou die ouderdom beskuldig….met geen onderhoud…..swak bestuur. Kon al lankal deurlopend begin het.

IK ·

Enige iets wat gister in ‘n werkbare toestand was asook vandag sal mos ook môre so wees? Behalwe vir salarisse (en verhogings) is daar buitendien nie geld om op instandhouding te mors.

Ja Nee ·

Die waarheid is maar net die een ding – die anc kan en sal niks onderhou nie, net selfveryking.

Irma vd Berg ·

Ek stem saam ANC Sorg net vir hulle eie sakke en gebeur daar iets dan kry ons blankes die skuld.

Snowball ·

Die ANC het SA soos honger wolwe verslind die afgelope 25 jaar…daar is geen wil of kapasiteit om te onderhou, te skep of te bewaar nie.
Solank ons NOU kan eet en instop is die toekoms irrelevant.
Die Handsak Braaipak mentaliteit seëvier.

Snowflake ·

Baie sterkte aan die wat nou van alternatiewe roetes gebruik moet maak, soos dit reeds is is dit nag op highways….. 8mnde!!!! Die ander brue??? Baie moet herstel word!!!

Laetitia ·

veiligheid kom eerste.
bly Mnr.Mashaba voeg die woord by die daad.

Pluimpie ·

Dit is nogal ‘n pluimpie vir ons ou swak regering dat hulle ‘n brug gebou het wat amper 60 jaar gehou het sonder instandhouding. Wens die ANC wil ‘n les leer en brue “bou wat hou”!

Arak ·

Dit is duidelik apartheid se skuld dat die brûe in so ‘n toestand is, want die vorige bestuur het nie die goed ontwerp om 100 jaar te hou sonder instandhouding nie. /sark Wat presies het die regering nou al die afgelope 25 jaar gebou wat werk en ‘n sukses is?

Selfbeskikking ·

As ons harder onderhandel het vir ons eie stuk land sou dit nou net so eerstewerelds soos Isreal gewees het. Dis nie te laat nie.

Swartbees ·

Baie dankie Mnr Mashaba, ek wens jy kan n mentor wees vir sommige leiers.

JohanL ·

Ek ry gelukkig nie daardie pad nie, so ek weet nie of dele van die brug al toe is of nie? Maar indien die brug struktureel nie lekker is nie, hoekom wag tot 28 Februarie voor hy gesluit word? Hoekom word hy nie dadelik gesluit nie? Ek besef daar kan nie dadelik begin bou word nie, maar wat gebeur as daai brug binne die volgende week ineenstort? Of redeneer ek nou verkeerd?

Kias ·

Dis te slim, polities inkorrek en nie links nie om so iets te vra.

Hennie de Ruyter ·

Die JRA het 902 brûe waarvan bykans geen onderhou word nie. As dit reën dam die water bo op die brûe op omdat dreine verstop is. Nou wonder ons hoekom die brûe korrosie het.

Ek glo nie daai sluiting gaan net 8 maande wees nie en ek dink die M1 dubbeldekker gaan ook sluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.