Jhb-student vas oor kinderporno

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Gauteng het ʼn 20-jarige student in hegtenis geneem in verband met kinderpornografie.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisneming hou verband met ʼn internasionale kinderpornografie-ondersoek met die kodenaam Operasie Cloud 9. Volgens Naidoo is die student geëien deur die rekening van nog ʼn verdagte wat vroeër vanjaar in Plettenbergbaai in hegtenis geneem is.

Naidoo het gesê die verdagte is ’n student in rekenaarwetenskappe by ʼn universiteit in Johannesburg. Hy het reeds in die Johannesburgse landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 4 Desember in die hof verskyn.

Volgens Naidoo is die verdagte se blyplek in Melville deursoek en het die polisie op ʼn skootrekenaar, ʼn selfoon, sewe geheuestokkies en ʼn eksterne hardeskyf beslag gelê. Daar is glo meer as duisend pornografiese foto’s op die eksterne hardeskyf gevind.

Naidoo het gesê sewe mense is reeds in hegtenis geneem in verband met Operasie Cloud 9.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Vreeslik dat n kind sy ouers so teleurstel en hom met sulke goed besig hou terwyl hulle dink jy leer vir n blink toekoms. Erg om te dink hy was heel moontlik in n verhouding en sou vorentoe trou en self kinders hê, terwyl hy sulke vrot gedagtes het.

Bleek Sannie ·

Hierdie tipe boosaardighede neem nou sterk toe. Om nie eers te praat van die gruwels wat op die diep web aangaan nie. Die wêreld is boos!

Antonie willem van den berg ·

Hierdie varke was altyd daar ons het hulle net beskerm want dit was ooms, onderwysers en predikante dan is die kinders leuenaars gemaak

Anja ·

Siek siek siek! En daar eindig hy sy werksloopbaan nog voor dit begin het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.