JHB-taxibestuurders ontwrig JHB-paaie

Taxi's versper die M1-snelweg by die Crown-wisselaar. Foto: M Ismail / Twitter

Taxi’s versper die M1-snelweg by die Crown-wisselaar. Foto: M Ismail / Twitter

Duisende taxibestuurders van die verenigde forum vir taxiverenigings (Utaf) het Maandag paaie in en om die Johannesburgse middestad ontwrig om onder andere toegewyde taxibane te eis.

“ʼn Memorandum sal ná ʼn optog aan die departement van vervoer en departement van gemeenskapsveiligheid oorhandig word,” het Vusi Mazibuko, sekretaris van Utaf, gesê. “Die taxibedryf word op verskeie maniere deur die stad Johannesburg geminag. Altesaam 72% van die werkersklas maak van ons vervoer gebruik, en ons soek ook toegewyde bane soos die snelbusvervoerstelsel (BRT).”

Die betogers in Johannesburg se middestad. Foto: @rezasharkyjosep / Twitter

Die betogers in Johannesburg se middestad. Foto: @rezasharkyjosep / Twitter

Hy het gesê ander kwessies sluit in dat taxi’s geskut word al het hulle die nodige permitte, en die e-tol-kwessie word ook in die memorandum aangeroer.

“Soos ons dit verstaan sou taxi’s van e-tol vrygespreek wees, maar taxi-operateurs kry daagliks rekeninge of telefoonoproepe wat dreig dat hulle hof toe geneem gaan word as hulle nie betaal nie,” het hy bygevoeg.

Volgens Mazibuko gaan 15 taxiverenigings van Gauteng met tussen 6 000 en 10 000 bestuurders aan die betoging deelneem. Die betoging het by die Mary Fritzgerald-plein afgeskop. Motoriste word versoek om die middestad te vermy. Die betoging gaan na verwagting tot 13:00 duur.

Intussen het die Johannesburgse metropolisie hul hande vol met taxi’s wat dele van die M1-snelweg versper. Verskeie Reya Vaya-busroetes is ook deur taxi’s ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JB ·

Hulle het al laaankal n “eie” baan – baan met geelstreep!!!!!! So weet nie waaroor hul kla nie!!!!

Dikkes ·

Hulle het al baie lank hulle eie bane, geel streep, of maak sommer nog ‘n ekstra baan waar daar nie ‘n baan is nie.

ss ·

Stem saam met JB en hulle word nie eers verantwoordelik gehou vir hulle uitstaande
boetes nie. Meeste van die tyd kry hulle geen boetes nie want die verkeerspolisie maak of
hulle nie sien hoe die taxibestuurders die wet oortree nie. Die geelstreepe is net vir die ander motoriste.
Rooi robotte en groen pyltjies is nie vir taxi’s bedoel nie. Ek wonder net hoe op dees aarde gaan
die nuwe punte stelsel werk op die taxibestuurders????

Vra maar net!!!!

Chris van Heerden ·

Hulle ry en maak in elk geval net soos wat hulle wil. Plaas leer hulle oordentlik bestuur.

Nina ·

Bid jou dit aan! Asb tog net nie soos in Natal waar die baan vir hulle in die REGTERKANT gegee is en die breindood sotte voor almal oorskiet om in elk geval net te stop waar hulle wil nie, ten spyte van spesifieke staan-en-stopplek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.