Jhb tref voorbereidings teen moontlike terreur

Argieffoto ter illustrasie van Sandton. (Foto: Unsplash)

Stad Johannesburg het Donderdag bevestig dat die plaaslike regering kennis neem van ʼn kennisgewing deur die Amerikaanse ambassade oor ʼn moontlike terreuraanval wat vir die komende naweek in Sandton beplan word.

Mpho Phalatse, burgemeester van Johannesburg, sê sy was in gesprek met Vincent Spera, die Amerikaanse konsulaat-generaal in Johannesburg.

“Ek was ook in gesprek met die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, en het versoek dat alle inligting en intelligensie met die munisipaliteit gedeel sal word. Die polisiekommissaris het my verseker dat alle nodige maatreëls in plek gestel is.”

Phalatse was ook in kontak met die LUR vir openbare veiligheid David Tembe, en die waarnemende hoof van die Johannesburgse metropolisie Thulani Khanyile. “Hulle het gesê sigbare polisiëringshulpbronne is in Sandton ontplooi.”

Die stad sal ook ʼn volledige lys bekom van alle byeenkomste wat oor die volgende paar dae in Johannesburg plaasvind. Dit sal met wetstoepassers en die nasionale regering gedeel word.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê hy het ook deur direkte navraag vasgestel dat die waarskuwing van die Amerikaanse ambassade, wat later deur Brittanje beaam is, wel eg is.

“Daar is inderdaad ’n groot saamtrek in Sandton oor die naweek en mense moet self oordeel of hulle dit wil bywoon of nie. Die reaksie van die Suid-Afrikaanse regering se Staatsveiligheidsagentskap (SVA) hierop is dat geen bewyse vir die waarskuwings bestaan nie en dat hy die publiek betyds sal inlig indien daar wel bewyse gevind word. Hierdie reaksie wil dit laak blyk dat die waarskuwing van die Amerikaners en die Britte nie te ernstig opgeneem moet word nie.”

Die VF Plus se mening is dat daar veel eerder ag geslaan moet word op die veiligheidstrukture van Amerika en Brittanje as op die SVA wat nie eens die reuse-onluste van verlede jaar voorsien het nie.

“Die publiek moet nogtans seker maak dat hulle altyd omsien na hul eie veiligheid en self moet oordeel of hulle bereid is om ag te slaan op waarskuwings soos hierdie al dan nie.”

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê dit is “betreurenswaardig” dat die Amerikaanse ambassade ʼn waarskuwing uitgereik het van ʼn moontlike terreuraanval in die land sonder om sy regering te raadpleeg. “Enige tipe waarskuwing sal van die regering van die Republiek van Suid-Afrika af kom. Dit is jammer dat ʼn ander regering só waarskuwing uitgereik het en paniek gesaai het onder ons mense.” Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Alida ·

My huishulp sê op die radiostasies wat in swart tale uitsaai waarna sy luister, word die mense gewaarsku teen moontlike terreuraanvalle in verskeie dele van die land. Daar word gesê dat daar die naweek op baie plekke skietery gaan wees en dat mense moet tuisbly.

Antie Sarie ·

Wie ookal die kamtige tereur beplan het, het die verkeerde koordinate.

hantie ·

Okey nou hoe “betreurenswaardig” sal dit wees indien dit wel gebeur en dat ander lande die waarskuwing moes rig waarvan ons eie land geen kennis dra nie. In watter swak lig gaan dit ons stel! Ag ek wonder maar net.

Daniel ·

Julle moet nie nou met stories kom nie Ou Ram het gese die veiligheidsmagte sal ons beskerm .Lyk vir my hy lieg al weer daaroor ook

Papsak ·

Dit wys jou net Ramapohsa en sy anc gespuis weet nie wat om hulle aan gaan nie hulle moetvliewers bly wees laat Amerika en ander hulle waarsku wys hoe min weet hulle wat in SA beplan word hoekom hulle worrie niks nie

Kerrie ·

Bly maar weg van daai groot
Gay Pride Parade in Sandton Saterdag…

…dis die “33ste” een.

Onthou September 1933.

Kerrie ·

ISRAEL is die enigste ware intelligensie diens…hulle laat Amerika maande voor die tyd al weet wat kom.

Elize ·

Wat is die groot byeenkomste wat beplan word. Weet niks van dit nie

Willem ·

Die Amerikaanse intelegensie werk nog. Dit is hoekom hulle ons waarsku

Piet parys ·

Hulle kan nie eers n krimineel soos Zuma wat voor hulle staan in die tronk stop nie . Hoe wil hulle die publiek beskerm teen iets wat hulle nie van weet nie . Die Sa sirkus vertoning hou net aan en die narre is lagwekkend onbevoeg.

Yvonne ·

Ek kyk op na die berge wwar sal my hulp vandaan kom…..????

Peter ·

Sou so iets (ongelukkig) gebeur, sal die SAP seker agter die JMPD wegkruip. Ons is uitgelewer aan die elemente hier.

Fran ·

Hierdie regering sal nie eers weet ons word aangeval nie al gebeur dit voor hulle oë. Wat nog ons ‘beskerm’ indien dit gebeur. Seker die ‘spes magte’ wat uit helikopters wat ons sal red!

KaRoOkWaGgA ·

Laat mens nogal wonder hoekom terroriste juis Suid Afrika kom teiken. Het ons kommunistiese regering dalk die terroriste organisasie die josie ingemaak? Ek is seker daar is (by wyse van spreke) ander teikens as ‘n derde rangse land om te teiken…….

My siening ·

En toe Cyrel mense luiste eerder na US EN UK as na jou dom intelligensie!

Roek ·

Hulle het gesê sigbare polisiëringshulpbronne is in Sandton ontplooi.” Hulle moet net die die EMPD se “Spokes person” se siening en voorbeeld volg wat dit aan betref nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.