Jhb-treindienste opgeskort oor kabeldiefstal

Metrorail (Foto: ANA)

Gauteng Metrorail het Woensdag gesê treine tussen Kaalfontein en Leralle moes tydelik hul dienste opskort weens kabeldiefstal in die oostelike dele van Johannesburg.

Lillian Mofokeng, woordvoerder van Gauteng Metrorail, het gesê daar was geen oorhoofse elektrisiteit beskikbaar in die betrokke dele nie.

Goodman Matampi, waarnemende provinsiale bestuurder, het gesê vandalisme en diefstal van spoorweginfrastruktuur beïnvloed stiptelike treindienste. “Ek maan pendelaars en lede van die gemeenskap om sulke misdade by die naaste polisiestasie en veiligheidspersoneel aan te meld sodat die vervolgers in hegtenis geneem kan word.”

Mofokeng het gesê tegniese spanne van Metrorail is reeds by die betrokke dele om die skade te bepaal en sal so gou as moontlik met herstelwerk begin.

“Metrorail-bestuur vra om verskoning vir enige ongerief en raai pendelaars aan om van alternatiewe vervoer gebruik te maak om betyds hul bestemmings te bereik. Metrorail kan ongelukkig nie enige alternatiewe vervoer aanbied nie weens die staking in die busbedryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Normaal ·

Net ‘n normale dag in SA. ‘n Abnormale dag is wanneer niks verkeerd loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.