Jhb-voorstad se water met riool besmet

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Inwoners in die noorde van Johannesburg is Woensdag gewaarsku om nie kraanwater te drink nie omdat dit met riool besmet kan wees.

Inwoners van Northriding is gewaarsku dat moontlike rioolbesmetting in die waternetwerk op plekke vermoed word.

“Johannesburg Water vermoed moontlike rioolbesmetting binne die waternetwerk in dele van Northriding. Ons raai inwoners ten sterkste af om kraanwater te gebruik tot nadere kennisgewing,” sê die watervoorsiener in ʼn verklaring.

Die stad het laat hoor hulle ondersoek die saak en sal inwoners in kennis stel wanneer die netwerk weer gestabiliseer is.

Die strate wat deur dié kwessie geraak word, is Aureolelaan, Boundaryweg, Spioenkopweg en Olievenhoudtstraat.

Johannesburg Water het nie bekend gemaak wat tot die besmetting van die water gelei het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

STINK VROT ·

Dit blyk n algemene probleem te wees in die Munisipaliteite . Kom besoek gerus die dorpie Zeerust wat besmet is van menslike riool (afval) wat baie lank al in die strate afloop , in mense se erwe dan praat ons nie eers van die dorp se rivier en die dorp se dam wat besmet is en dat die vloei van riool afval heel moontlik die watervlak op n stewige persentasie hou . Al wat gese word is dat die verwerkings pomp byna twee jaar buite werking is en daar nie geld is nie.

John ·

Rioolwater… en nou glo Kaapstad herwinne riool is die oplossing. Wat van al die kieme en siektes en gifstowwe… Glo hulle werklik dis die antwoord? Iewers is daar ‘n ‘bright spark’ wat lekker geld gaan maak. Hoekom nie eerder seewater ontsout nie? En hoekom nie die lee damme skrop voor dit weer reen nie of gaan dit nooit weer reen nie? De Lille probeer skynbaar te slim wees. En dan wil SA in 2023 die Rugby-WB aanbied…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.