Jhb-vrou (32) kritiek ná sy ure onder grond om lewe veg

Reddingswerkers op die toneel. (Foto: ER24)

ʼn 32-jarige vrou van Actonville in Benoni aan die Oos-Rand is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat sy Maandagmiddag sowat drie uur lank in ʼn sloot onder grond begrawe was.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê nooddienste het omstreeks 16:00 op die toneel aangekom. Die vrou, wat vermoedelik aan die sloot help grou het, was onder die grond vasgevang.

“Brand- en reddingsdienste het byna daarin geslaag om die vrou te bevry, toe vyandige gemeenskapslede ʼn tweede ineenstorting van die sloot veroorsaak, waarna die vrou vir ʼn verdere uur onder die grond vasgevang was,” sê Siddall.

Die vrou is na die Sunshine-hospitaal gehaas vir dringende mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die voorval is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

DD ·

Gister kla hulle omdat slegs wit boere uitgesonder word, want “black lives matter”. ‘n Paar uur later kan hulle nie eers reddingspanne ‘n kans gee om ‘n vrou se lewe te red nie. Maak haar lewe dan nie saak nie ? Dubbele standaarde soos gewoonlik.

Kaptein ·

Waarvoor sy aan die grawe was vorm dalk deel van die prentjie …

Ruby ·

Bou ‘n nasie….ons is maar nou net nie van dieselfde dam!

not in wonderland ·

Lyk vir my meer as net ‘n sloot. Die arme vrou, wat ‘n manier vir ‘n vrou om geld te verdien.

Houtoog ·

Tweede par: seker ‘help grawe het’ insteede van ‘help gegrawe het’?
Dit lyk soos ‘n munisipale sloot waar (weereens) veiligheid oorboord gegooi is. Die nodige bestutting (hierdie geval horisontaal) is nie aangebring. Weereens onopgeleide personeel wat aan die stuur van sake staan en nie ‘n flenter (wetend/onwetend) kan omgee vir medewerkers.

Frikkie ·

As ek so na die fotos kyk sien ek geen “Shoring wat gedoen is om die uitgrawing van in eenstorting te keer nie. Waar was die veiligheidsbeampte om na dit om te moes sien. Enige uitgrawing dieper as een meter moes van “shoring” voorsien word. Self die mense wat haar gaan bevryl het, tree buite die wet op wat hulle veiligheid aan betref. Ja hulle wou haar lewe net red.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.