Jhb-vrou dood, man kritiek ná motor in hul inploeg

Foto’s van die toneel by die N1-noord by die Rivonia-afrit (Foto: Netcare911)

ʼn Vrou is Sondagaand oorlede en haar man veg vir sy lewe in die hospitaal nadat ʼn motor op die N1-noord by die Rivonia-afrit in Sandton in die egpaar ingeploeg het.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, het gesê die egpaar was minute vroeër in ʼn klein botsing betrokke, en het daarom van die pad afgetrek en uit die motor geklim terwyl hulle twee kinders in die motor agtergebly het.

Die man en vrou is hierna deur ʼn motor getref.

Die vrou is op die toneel dood verklaar weens veelvoudige beserings en die man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Albei kinders het slegs geringe beserings van die eerste botsing opgedoen.

Die kinders is tans in die hospitaal waar hulle aansterk, en sal vir tyd en wyl by familie bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Varkie ·

Dis nou die hoeveelste keer dat mens hoor van iemand wat raak gery is terwyl hul buite hul motor staan agv een of ander rede. Lyk my jy is nie veilig buite jou kar nie ? Ek net nou die dag gesien hoe n man besig was om sy spaar wiel om te ruil, met sy vrou wat reg langs hom staan en uit kyk vir aankomende verkeer/diewe, nogal n goeie idee… want deesdae op enige pad buite jou kar, as jy nie raak gery word nie, word jy beroof

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.