Die polisie in Boksburg aan die Oos-Rand is op soek na ʼn groep verdagtes wat na bewering ʼn vrou in dié dorp se motor gekaap en haar in die hand geskiet het.
Volgens Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het dié voorval Woensdagoggend plaasgevind.
Kgasago sê die polisie se berede eenheid (perde-eenheid) het ʼn soektog na die verdagtes begin terwyl die vrou mediese behandeling op die toneel ontvang het.
Volgens hom het dié eenheid van GPS-koördinate gebruik gemaak wat deur die opsporingsmaatskappy verskaf is.
“Die wit Honda is sowat ʼn uur later in Wattville in Benoni opgespoor. Die voertuig was verlate, maar nie beskadig nie. Nadat die nodige amptelike pligte afgehandel is, is die voertuig na die polisie se Van Ryn Deep-skut in Benoni geneem,” sê hy.
Kgasago sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Nou wonder ek net hoekom moet die motor na die skut toe geneem word. Hulle weet mos wie se motor dit is en kon dit sommer aan die vrou oorhandig het want wat my sy intussen gebruik.
Waarom sal die perde polisie die verdagtes agterna sit? Waar is die polisie se duur voertuie?
Hulle het darem goeie flitse
Gekaapte? Nie gekaapste wit Honda nie. (onderaan fotos)
Dagsê Spel
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media