Jhb-vrou in huis oorval; inbreker doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou is vroeg Maandagoggend deur drie mans in haar huis in Sandown, Johannesburg, oorval.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het ʼn vuurwapen op die vrou gerig terwyl hulle die huis geplunder het. Die verdagtes het met verskeie items waaronder ʼn selfoon, skootrekenaar en kontant op die vlug geslaan.

Volgens Dlamini kon die vrou daarin slaag om die paniekknoppie te druk en was die polisie vinnig op die toneel. ʼn Skietgeveg het tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek en een van die verdagtes is raakgeskiet. Die verdagte het by ʼn nabygeleë kompleks ingehardloop waar hy inmekaargesak het en dood is. ʼn Vuurwapen en kontant is in sy besit gevind.

Dlamini het gesê nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem terwyl die derde verdagte daarin kon slaag om te ontsnap. Die polisiebeamptes en huiseienaar is nie tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Mooiskoot vir die mooi skoot. Eintlik het niemand van belang seergekry of seer gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.