Jhb-vrou in plas bloed in huis aangetref

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Die polisie krap kop nadat ʼn Johannesburgse vrou Maandagaand in ʼn plas bloed in haar huis gevind is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou was in ʼn kritieke toestand waar sy in haar huis in Fleurhof, Roodepoort, gevind is. Paramedici van ER24 en provinsiale nooddienste het die vrou in een van die slaapkamers aangetref.

“Sy het ʼn erge snywond aan haar kop opgedoen en was in ’n kritieke toestand toe paramedici haar gevind het,” het Meiring gesê. Die vrou is gestabiliseer en na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling.

Dit is nie in hierdie stadium bekend wat met die vrou gebeur het nie, maar polisie was op die toneel om die saak te ondersoek, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n uiters onvolledige berig wat my ook laat kopkrap oor hoe nooddienste van haar geweet het en toegang tot die huis verkry het.

Annie ·

Wonder ook hoe het hulle van haar geweet en hoe het hulle ingekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.