Jhb-vrou in vroeë oggendure verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige man is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 25-jarige vrou in die vroeë oggendure in haar woonstel in Johannesburg verkrag het.

Ao. Xola Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte het die vrou glo om 01:00 in haar woonstel op die hoek van Pollys- en Albertina Sisulustraat oorval, aangerand en verkrag.

“Die verdagte het in haar kamer ingestorm, haar gewurg en verkrag,” het Mbele gesê. Die vrou het kort ná die voorval die polisie ontbied.

“Toe die polisie by die toneel opgedaag het, het hulle die verdagte in dieselfde gebou opgespoor waar hy besig was om saam met vriende te drink. Hy is in hegtenis geneem en na die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie geneem vir aanhouding.”

Die verdagte moet binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.