Vrou sterf, man kritiek ná huisbraak

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou van Brakpan in die ooste van Gauteng is dood en ʼn man in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle Saterdagoggend vroeg tydens ʼn huisbraak geskiet is.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare Limited, sê die voorval het glo in Anzac in dié dorp plaasgevind.

Dollman sê die vrou is op die toneel dood verklaar weens die omvang van haar beserings.

Netcare se gevorderde nooddiensspanne het die man met lewensondersteuningsmiddele behandel. “Die man is aan ʼn ventilator gekoppel en met ʼn mediese helikopter na die hospitaal gehaas. Die hospitaal se traumaeenheid is van die voorval in kennis gestel en het op die nooddienste se aankoms gewag,” sê hy.

Die man is volgens nooddienste steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens Dollman was daar ʼn groot polisieteenwoordigheid op die toneel. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nico Dumas ·

As hy in n kritieke toestand is, glo ek nie hule kon hom inkennis gestel het nie.

Magda ·

Nico, hulle se die hospitaal se traumaeenheid is van die voorval in kennis gestel.

Charne ·

Dit was haar seun nie haar man nie. Ons bly in Anzac was nie tever van ons af nie. Dot was n bejaarde dame en die seun is omtrent in sy 30’s

Manie ·

Miskien moet hierdie patetiese regering mooi kyk wat gebeur in ons buurland

bee ·

Nou moor hul in stede ook; dis soos duidelik soos daglig; ons witras moet uitgewis word; 2ezim wag op ons; iemand van zim het dit ook so aan my gestel.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Net Ek
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Willem ·

Wat is afriforum en solidariteit se rol in die land, geld te skep? Waarom dagvaar julle nie die staat namens alle slagoffers van misdaad nie? Sit n eis in die grootste ooit dat die regering gelikwideer word. Hulle het n verpligting om ons te beskerm en hulle word baie daarvoor betaal.

Roxanne ·

Ek dink die ouderdom is verkeerd. Dis ‘n ouer dame en haar seun.

Ina van Coller ·

Maroela, korrigeer asb. die foutiewe ligging in die opskrif van die berig. Soos reeds gemeld, is Brakpan ver van Johannesburg geleë. Baie dankie.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Ina
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Lynette ·

jan_alleman jou tipe van opmerking raak nou afgesaag. As jy nie iets ordentlik het om te se nie, swyg liewer.

Anita ·

Ek stem saam Willem… die oomblik as jy ‘n petisie teken bel hul jou vir lidmaatskap. Nou wat help enige petisie. Staan op en doen iets … soos hierdie voorstel… anders is dit net ‘n geval van hoë profiel poste en niks word gedoen nie.

Leahim ·

Daar is altyd n groot polisie verteenwoordigheid seker om te besluit wie gaan die ondersoek doen maar dit hang ook af van die moeilikheidsgraad van die name en vanne wat gedokumenteer moet word .Die stasie in my omgewing kon of kan n Kaptein op nagskof nie die van Snyman skryf nie ???

Wilmar ·

Soveel moorde daagliks in die nuus, laat ‘n mens sidder, kan nie help om te wonder wanneer word 1 van ons ook deel van diè statistiek. Elke dag net genade hier in SA as jy nie deur misdaad geraak word nie. Paraat wees waar moontlik is al antwoord.

Leahim ·

En wie moet ons blameer vir hierdie vlaag van misdaad omrede hulle nie hulle werk doen nie ?

m.wiebosch ·

Hoever is ver vir brakpan om van jhb te wees? Ek bly in brakpan en werk te isando, langs or tambo. 19 km van die huis. Feit is, die moorde en noudiedag se petrolbom aanval is blokke van my huis af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.