Jhb vrou vas oor tik in babakombersie

Foto via African News Agency

Foto via African News Agency

ʼn Vrou van Johannesburg is Dinsdagoggend by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat tik, ter waarde van ongeveer R1.4 miljoen, in haar bagasie gevind is.

Die vrou het van OR Tambo Internasionale Lughawe geland toe lede van die grenspolisie teen dwelmsmokkel lukrake ondersoeke van passasiers se bagasie gedoen het.

“Terwyl hulle die 28-jarige vrou van Johannesburg se bagasie deursoek het, het hulle verskeie pakkies tik, toegedraai in ʼn babakombersie, gevind,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het beslag gelê op 5 kg tik met ʼn geraamde straatwaarde van R1.4 miljoen.”

Die vrou sal na verwagting Woensdag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pop ·

Nou hoe het sy op die vlug gekom sonder dat dit opgemerk is??? 5 kg is nogal n groot klomp

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.